Metropolisie vat spoedvrate, aangeklamdes vas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is op Nuwejaarsdag deur verkeersbeamptes betrap toe hy glo teen 248 km/h op die N1-snelweg naby Midrand in sy BMW M4 gejaag het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê 12 mense is in en om dié stad op Nuwejaarsdag in verband met spoedoortredings vasgetrek. “Elf motorbestuurders is ook Sondag op die Goue Hoofweg in hegtenis geneem op aanklagte dat hulle die spoedgrens oorskry het.”

Volgens Minnaar is 23 motoriste Saterdag en Sondag vir dronkbestuur aangekeer. “ʼn Totaal van 46 mense sal Maandag in verskeie howe in Johannesburg verskyn op aanklag van dronkbestuur en die oorskryding van die snelheidsperk.”

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Sondag gesê dat minstens 1 000 mense reeds op die land se paaie dood is sedert 1 Desember 2015. “Volledige statistieke sal binnekort uitgereik word,” het Peters gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Dit kan as afgesaag klink, maar sigbare patroliemotors i.’n met kameras in het ‘n “MOET” op ons SA paaie geword met hoë padverkeer.

Zenda Delport ·

My sister is 11 Desember dood in n gruwelike ongeluk waar spoed definetief n rol gespeel het. Boetes vir roekeloos bestuur nie genoeg nie. Hier wors verkeersbeamptes sommer omgekoop maar ek is trots op die wat wel iets doen rondom dit. Niks kan n breuk van sekonde verander en weer lewe terug bring nie. N ongeluk is aanvaarbaar maar n smach is moors. Om te jaag en te drink is n keuse en elke keuse het n gevolg.

Johan ·

Verander die e-toll kameras na spoed kameras dan kan dit sommer die” kammakasi pilot” vragmotor bestuurders ook in die bek ruk

Chris W ·

‘n Goeie manier van werkskeppings kan kom sou daar 10 keer meer spoedlokvalle op ons paaie kom as wat tans die geval is.Hier is myle te veel mense (van ALLE ras groepe) wat jaag op ons paaie.Ons was self in ‘n ongeluk wat vemy kon word sou die man wat VAN AGTER AF in ons vas gejaag het toe ek wou regs draai, besadig gery het.Nou het my vrou breinsskade en sukkel om te leer loop na 2 en 1/2 jaar!Nee wat ons kort duisende meer spoedlokvalle en vir die wat gevang word vir spoed se ek ‘tough luck ‘ want julle het dit gesoek.

Frans ·

Is ‘n antwoord nie dalk om etol-kameras te gebruik om gemiddelde spoed tussen verskillende
‘gantries’ te meet ( teen die wettige spoed behoort dit jou ‘n vasgestelde tyd te neem en enige oorskryding daarvan is dan ‘n spoedperk oortreding)en dan eerder as om ‘n etol-rekening ‘n spoedboetekaartjie te bedien op die jaagduiwels.?

rian ·

Die verkeerbeamptes moet elke dag en elk maand sigbaar wees en spoed valle stel en boetes skryf en nie net met die feestyd en paasfees dit doen nie. Dan sal dit baie beter gaan met die sterftes op die paaie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.