Metropolisie vind gesteelde koperkabels

Argieffoto

Die Johannesburgse metropolisie het Vrydag gesê hy het koperkabels gevind wat vermoedelik gesteel is van City Power se stasie in Randburg.

“Beamptes het reageer op ʼn wenk van die misdaadintelligensie-eenheid,” het Michael Sun, lid van die burgemeesterskomitee vir openbare veiligheid, gesê. “Die metropolisie het die koperkabels, ter waarde van ongeveer R500 000, in ʼn stoor in Silverton, Pretoria, gevind.”

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en word aangehou vir verdere vervolging. Hulle staan tereg op aanklag van die besit van gesteelde goedere.

Duisende inwoners moet soms dae lank sonder elektrisiteit klaarkom weens kabeldiefstal, en die stad moet miljoene rand spandeer om die lyne weer te verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Diefstal van koperkabels moet nie net meer as diefstal hanteer word nie. Wetgewing moet verander word sodat dit as “sabotasie” hanteer word, want dit saboteer ons veiligheid (verkeersligte en alarmstelsels), ons ekonomie (vervanging daarvan beloop jaarliks seker al miljarde) en ons menseregte (daagliks word daar gekerm en gekla oor gebiede wat nog nie krag het nie), maar hoe kan ons belastings so vermors word omdat ander hulle hande nie kan tuishou nie!! Jy kan ‘n koei nie aanhou melk sonder om haar WEER kos te gee nie – sy sal VREK!! Dieselfde geld vir ons belastingbetalers!!!

Gys ·

Maak die scrap waarde van koper belaglik laag. Dan het dit geen waarde meer nie en kabel diefstal sal afneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.