Metropolisie vra ‘Mello Yellos’

Argieffoto

Die land se metropolisiemagte wil nou gepantserde voertuie hê om onluste te beheer – dieselfde Njalas wat in die 1980’s berugtheid in die townships verwerf het as ‘Mello Yellos’.

Die nasionale SAPD-leierskap en die hoofde van die land se metropolisiedienste het Woensdagoggend aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie verslag gedoen oor die sterk punte en swak punte, en die motiveringsvlakke, van die land se metropolisiemagte.

Suid-Afrika het tans ses metropolisiemagte, in Kaapstad, Johannesburg, Ekurhuleni, die Tshwane-metro in Pretoria, die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth en die Ethekwini-metro in Durban.

Die land se ander twee metro’s, te wete die Mangaung-metro in Bloemfontein en die Buffalo City-metro in Oos-Londen, het aansoek gedoen om hul eie metropolisiemagte te vestig, maar het nog nie die nodige toestemming ontvang nie.

Van die kant van die nasionale polisieleierskap is die motiveringsvlakke van metropolisielede geloof, en gesê daar is goeie samewerking tussen die SAPD en die verskillende metropolisiemagte.

Al die metropolisiemagte het aangedui dat hulle Njala-voertuie wil hê. Van die kant van die Tshwane-metropolisie is verduidelik dat dit baie moeilik is om oproeriges te beheer sonder gepantserde voertuie. Veral as klippe gegooi word, word gewone passasiersvoertuie omvattend beskadig.

Verdere prioriteite vir die Tshwane-metropolisie is die bevegting van kabeldiefstal en die beveiliging van watersuiweringsaanlegte en elektrisiteitsubstasies.

Die ANC-LP Leonard Ramatlakane het die Kaapse metropolisie probeer kruisig oor die patrollering van die strand in Clifton, wat onlangs tot ʼn skaapslagtery gelei het. Die Kaapse metropolisie het Ramatlakane egter daarop gewys dat hulle niks met die hele kwessie te doen gehad het nie, wat sy stoom gou laat opraak het.

Voorts het die Kaapse metropolisie die suksesse met die beveiliging van die Stockweg-korridor van Lansdowne af deur Athlone tot in Nyanga benadruk.

Die Johannesburgse metropolisie het gesê die SAPD in Thabazimbi lei hul offisiere op in skarebeheer. Op kritiek dat hulle dwelmgebruikers eerder as dwelmhandelaars arresteer het die Johannesburgse metropolisie gesê dit is so, maar daardie dwelmgebruikers word dan op aandrang van die Johannesburgse burgemeester, Herman Mahlaba, in klinieke behandel.

Die Nelson Mandelabaai-metropolisie het gekla dat hulle nie genoeg geld kry nie en het onderneem om meer lede aan te stel.

Die Ekurhuleni-metropolisie het erken dat hulle interne probleme met korrupsie het, maar dat hulle dit intern probeer oplos.

Die hoof van die Mangaung-metropolisie het baie gesukkel om te verduidelik hoekom hy ʼn salaris betaal word, aangesien die polisiemag wat hy veronderstel is om aan te voer, nie bestaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dries ·

Sjoe hoe het ons samelewing ni agteruit gegaan nie?
Dat prioriteite moet wees:
Beveg kabeldiefstal,
Beveilig watersuiweringaanlegte en sub-stasies…

Piet Pompies ·

Nogal vreemd…. gedurende my jonger dae van Diensplig en Burgermag kampe was ek betrokke by onluste beheer vir omtrent 12 jaar.
Die Njalas en Casper was die Polisie se voertuig en die Buffel was die weermag se voertuig wat gebruik is vir skare beheer. Die Buffel is ‘n oop voertuig en petrol bomme was ‘n groot bekommernis. Gedurende patrollie was die kante oopgemaak om gou op te tree waat dit nodig is.
Daardie tyd was al die voertuie die “vyand” van die onderdruktes, vandag is die onderdruktes in beheer van die land.
Panser voertuie word nou weer aangewend, wat sal die oproeriges genoem word?
Dieselfde probleem, 20 jaar later, nuwe regering, laat mens wonder.

D B ·

LOL, Metropolisie vra vir Njala’s. LOL, LOL, LOL, LOL.

Snaaks hoe, as dit te laat is, hulle altyd weer terug gaan na die verlede.

Wel, ek wil die Suid Afrika wat gewerk het weer terug hê. Mens kry nie altyd wat jy wil hê nie.

Karl ·

N lekker STEWIGE waterkanon daar bo op, en dan gesels ons. Of speakers wat hoe frequency speel, werk nogal baie goed.

Hanna Hoekom ·

Wat van lewendige ammunisie? Daai ou rubber koeels help niks.

Magda ·

Hoekom wil hulle geld mors- daar is nie wetstoepassing nie? Elke keer as mens by n supermark stop dan klim SAPD lede met kruideniersware in n SAPD voertuig, sulke groot voertuie het net meer pakplek- hul kan dit gebruik om lewende hawe ens mee te vervoer. Die misdaad word voor hul oë gepleeg terwyl hulle met sakkies in hul hande staan..

MAMMA PADDA ·

Nee wat, gee hulle sommer net wit Toyota Quantum bussies, dit werk net so goed as ek die paaie so bekyk.

Dries ·

Begin wonder of hulle besef dat dinge in die ou SA het eintlik reg gewerk en was heel doeltreffend. Vat maar lank om te leer.

Alida ·

Dries ek stem saam. Na 25 jaar kom hulle agter dinge het regtig gewerk voor 1994. Kyk waar is ons bekwame mense van Eskom heen? Almal is weggejaag en nou stort als ineen. Ek het nie raad nie.

Snowball ·

Klink my ons is terug by die noodtoestande van die 80’s. So werk dit maar, die ANC het nou ‘n volle sirkel gemaak, Njalas en Caspers nodig vir onluste en geweldadige protesaksies; apartheid se moses…..ons kort nou nog net ‘n aandklokreël dan is die groot bevrydingsbeweging (lees terroriste) pens en pootjies in dieselfde bootjie as die NP van toeka se tyd. Snaaks hoe die wiel draai…

sweiz ·

Mors van geld,die polisie/metro polisie pas nie eers die wet toe nie ,kyk maar by enige onwettige pad versperrings of misdaad tonele, hulle opserweer of eet iets.

Johannes ·

O nê? Ek dag alles wat uit “apartheid” se dae kom is dan boos?

Wat ‘n grap!

Stel ·

‘n “Gesonde” volk sonder menseregte kon ‘n gesonde land gehad het, maar die land is “siek”

SjN ·

Gee vir hul die apartheidsjare voertuig, onthou net as jy hom nie kan beheer nie is hy honderd maal erger as n taxi. Ek hou met belangstelling dop. Syfers sal spreek.

Stripes ·

“Alles wat is was alreeds gewees”. Die wiel is besig om te draai. Vroeëre jare was pantservoertuie en weermag gebruik om die ANC-skare/optogte/betogings te beheer. Nou het die ANC dieselfde middele nodig om die Unies, wat hulle opgestook het destyds, te beheer. So daar het nie veel verander nie. Al het jy ‘n Polisievoertuig elke 20 treë sal dit niks help nie want ons Regs-stelsel bestaan nie meer nie. So vinnig as wat hulle gevang word, so vinnig laat die howe hulle vry. Menseregte?????? Hoe de duiwel kan jy aandring op menseregte terwyl jy ander mense van hulle meenseregte ontneem?? Belaglik en siek. Kriminele het meer wette wat hulle beskerm as wat wetsgehoorsame burgers het???? Voor die regs-stelsel nie reg is nie sal niks in die land ooit weer regkom nie.

Db ·

Ag siestog. Die wiel was rond toe het die wesens hom vierkantig gemaak. Nou kom hulle agter dat die wiel eintlik rond moet wees. Hulle wil nou panservoertuie gebruik om hulle mede wesens te beheer – dit is om van siek te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.