Metropolisie wat Kymie du Toit aftrek, aangekla

Kymie du Toit (Foto verskaf)

Die lede van die Tshwane-metropolisiedepartement (TMPD) wat Kymie du Toit in Desember 2019 glo uit haar motor gepluk, rondgestamp en daarna met boeie in ʼn gemerkte bussie gestop het, gaan vervolg word op klagtes van aanranding.

Die dossier is Maandag na die landdroshof in Hatfield oorgeplaas en die verdagtes sal gedagvaar word nadat ’n hofdatum vir hul eerste verskyning bepaal is.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het verlede jaar by Du Toit se saak betrokke geraak deur haar by te staan met die strafregtelike klagtes wat sy teen die betrokke beamptes gelê het.

Die beweerde onbehoorlike optrede van die TMPD-beamptes het die aand van 26 November 2019 by ʼn vulstasie in Moreletapark plaasgevind. Dit volg nadat sy vroeër die aand nie vir hulle wou aftrek toe hulle haar beduie het om te stop nie.

Omdat sy in die verlede al aangeval is deur skelms wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, het sy eerder by die naaste vulstasie, wat ’n verligte openbare plek is, gaan stilhou.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wat daarna gevolg het, is wyd op sosiale media versprei.

Volgens adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het die beeldmateriaal van die insident opslae gemaak. Hy sê instellings soos die metropolisie en die polisie bestaan met die doel om die burgery te beskerm, maar dit blyk egter dat sommige beamptes die teenoorgestelde doen.

“Beamptes wat skynbaar hulle mag misbruik, moet daarvoor verantwoordbaar gehou word. Die privaatvervolgingseenheid sal daarom voortgaan om Kymie te ondersteun deur die hofverrigtinge te monitor om seker te maak dat geregtigheid geskied. Ons sal nie moeg word om te sorg dat die strafregstelsel behoorlik funksioneer nie,” het Nel gesê.

Natasha Venter, adviseur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê die samelewing kan nie bekostig dat wetstoepassers, wat veronderstel is om die wet af te dwing, dit ten koste van wetsgehoorsame burgers verbreek nie.

“Wanneer ’n vrou alleen in die nag vreesbevange is om deur die verkeerspolisie afgetrek te word, is dit ’n aanklag teen die verkeerspolisie en die samelewing se vertroue in die bona fides van hul voornemens. Ons hoop dat hierdie saak ander wetstoepassers, wat hulself skuldig maak aan magsvergrype, sal laat herbesin oor die wyse waarop hulle wetsgehoorsame burgers hanteer,” sê Venter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
casper

Die stads polisie dink hulle is die wet en alles magtig — tyd dat hulle ontbind word !!!

Jackie

Dis n kwade dag wanneer polisie beamptes, hetsy SAPD of Metro, hul mag gebruik omdat hulle in hul eer gekrenk is is en rassisties teenoor n vreesbevange blanke vrou optree.

Net ek

HIer gaan soos baie ander sake, niks van kom nie. Dis swart beamptes teen ‘n wit vrou, sal net herhaaldelik uitgestel word soos die malema saak. was dit tog nou wit beamptes teen ‘n swart vrou was die beamptes teen die tyd toegesluit en as die grootste rassiste uitgemaak!!!!!!!!!!!!!

Jacques

Wanneer jy iemand se ware karakter wil waarneem, gee hom ‘n magsposisie.

Belinda

Sterkte met die saak.
Die mense wat deesdae in die polisie / EMPD werk dink hulle kan met die gewone persoon op straat net maak wat hul wil want hul dink ons is benede hulle.