Metropolisiebeampte in Ekurhuleni doodgeskiet

(Argieffoto)

ʼn Bevelvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) se opsporingseenheid is Dinsdag doodgeskiet toe dié eenheid onwettige myners in Germiston wou vastrek.

Hoofsuperintendent Kelebogile Thepa, woordvoerder van die Ekurhuleni-​metropolisie, sê die luitenant-kolonel en sy span het kort na 06:00 inligting ontvang oor onwettige delwery in die Primrose-omgewing in Germiston.

“Die eenheid het reageer en is met hul aankoms by die myn met ʼn koeëlreën begroet,” sê Thepa. “Die bevelvoerder is in die proses deur ʼn koeël getref en het op die toneel aan sy wond beswyk.”

Die onwettige myners is in hegtenis geneem en word by die polisiestasie in Primrose aangehou. Hulle staan tereg op aanklagtes van moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie asook onwettige delwery.

Phaladi Mooko, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in die Ekurhuleni-metro, het die bevelvoerder se dood betreur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

Zama zama’s natuurlik soos ons hier in die Wes-Rand sukkel met hulle! SAPS kan nie eers naby hulle kom nie… Hulle skiet net.

Hoed kry jou mense om die onwettige wapens en ammunisie uit die misdadigers se hande te kry man doen jou werk!!! Ek’s seker daar was nie net 1 wapen nie, want hulle werk in groepe.

Jy sal ons NIE ontwapen NIE hoor mooi wat ek vandag vir jou sê!

Francois ·

Cele sal nie reageer want dis dalk familie of hy is bank hy word ook geskiet

Persheks Adri ·

Hy’s bang Francois dis wat, maar hy wil ons ontwapen…

Aai ·

Van hulle wat hulle moet verwyder is betrokke met die Zamma Zammas.

Francois ·

Sy dood word betreur. Julle moet dankie se aan Ramaphosa en sy gabba Celle vir al die wanorde in die land

Aai ·

Kry die weermag hulle sit en doen niks.Een RPG in gat en dit is klaar.Daar is baie skerp skutters wat hulle kan uithaal sodra hy sy wapen optel voor enige diens daar in beweeg.

boerie ·

Julle laat mos toe dat die gemors die land inkom, geen beheer op die landsgrense nie.

Tanniepetoors ·

Hoekom probeer die metropolisie onwettige myners aankeer?

Elinette ·

Want die SAPD kan dit nie self doen nie – Mnr. De Hoed se manne is waarskynlik op die zama-zama’s “payroll”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.