
Argieffoto
ʼn Metropolisiebeampte is Maandagmiddag naby sy huis in Eersterivier in die Wes-Kaap doodgeskiet.
“Twee gewapende mans het hom in Devonpark aangeval en hulle het met sy dienspistool en tweerigtingradio gevlug,” het lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die beampte was tydens die aanval aan diens en hy was in sy uniform geklee.”
Die omstandighede rondom die moord word ondersoek. Enigiemand met verdere inligting word versoek om Crime Stop te skakel by 08600 10111.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
En die regeem het nie politieke wil om kremenle was te vat nie dalk verloor hulle ‘n stem of twee by die stembus.
Die straf vir moord op ‘n polisieman is myle te lig.Maar nou ja die anc gee nie ‘n blou duit om nie solank hulle net stemme kry!Was die da aan bewind sou dit maar net dieselfde gewees het.