ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Maandag tydens ʼn gewapende roof by Junction Mall in Rosettenville doodgeskiet.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die 60-jarige beampte is omstreeks 15:00 noodlottig gewond toe hy op die rooftog afgekom het.
“Die beampte was op pad na Pick n Pay toe hy gesien het hoe ʼn groep verdagtes ʼn geldboks by ʼn veiligheidswag roof,” het Minnaar gesê.
“Hy het met een van die verdagtes begin stoei en is deur ʼn ander verdagte, wat agter ʼn pilaar geskuil het, geskiet. Hy het op die grond geval en is daarna twee keer in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.”
Die verdagtes het met die geldboks gevlug. Die geldboks het egter ontplof toe die verdagtes daarmee weghardloop en die geld is met rooi kleursel gevlek.
Die naam van die beampte is nog nie bekendgemaak nie.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Jammer dat hy hulle nie geskiet het nie i p v n arrestasie probeer uitvoer het. Hoop dat hulle iewers vorentoe arresteer word. Dis blatante doelbewuste moord