Metropolisiebeampte vas ná kaping

Die wegkommotor wat aan die metropolisie behoort. (Foto: Verskaf)

Twee mans, van wie een ’n beampte in diens van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), is vandeesweek in hegtenis geneem in verband met die kaping van ’n vragmotor wat chirurgiese maskers vervoer het.

Phaladi Mooko, raadslid van gemeenskapsveiligheid by die Stad Ekurhuleni, het in ʼn verklaring gesê die vragmotor is Donderdag op die N12 in Boksburg gekaap. Die polisie het enkele minute ná die kaping toegeslaan.

Volgens Mooko het polisiebeamptes twee van die verdagtes enkele meters van die gekaapte vragmotor aangetref. Die verdagtes het die beamptes gewaar waarna hulle in ’n wit VW Polo gespring en weggejaag het. Dié motor was egter later in ’n motorongeluk betrokke en die verdagtes is op die ongelukstoneel in hegtenis geneem.

’n Voorlopige ondersoek het intussen aan die lig gebring dat een van die verdagtes ’n metropolisiebeampte is. Die wegkommotor behoort ook aan die metropolisie. Daar is in die proses ook op ’n vuurwapen wat aan die metropolisie behoort en een onwettige vuurwapen beslag gelê, het Mooko gesê.

Volgens Mooko kon vier ander verdagtes wat vermoedelik ook by die kaping betrokke was daarin slaag om die polisie te ontduik en is hulle steeds op vrye voet.

Frans Moko, die Stad Ekurhuleni se LUR vir gemeenskapsveiligheid, het in die verklaring sy misnoeë met die voorval uitgespreek. “Ons kan nie misdadigers in ’n wetstoepassingstruktuur toelaat nie. Ons is vasbeslote om boewe uit die diens te verwyder. Ons mense het polisiemanne en -vroue nodig wat die wet handhaaf om hulle te kan beskerm en wet en orde in die stad te kan verseker,” het Moko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anel ·

Die is ladwekkend. Ons seun word nêrens aanvaar nie want sy standaarde en waardes is te hoog. Nou wat nou?

Wondermaarnet ·

Hy moet eers ‘n kriminele rekord hê voor hy oorweeg sal word.

Jan ·

Wow . Werk vir die empd. Hulle gee vir jou die opleiding die voertuig die vuurwapen om mee te roof . Wow ek moet daar gaan werk

Anoniem ·

Julle gaan die meerderheid moet ontslaan. Die land is propvol oneerlike beamptes. Hulle wedywer onder mekaar om te sien wie die ergste is.

Scalla ·

Wolf in skaapklere, laat sy aanstellingsproses ondersoek word.

Wielspore ·

Maatskappy voordele, lid van die polisie gebruik ‘n polisie voertuig om misdaad te pleeg. Dit is soos om ‘n hoender eier oop te maak wat vrot is, een vrot eier wat die hele baksel bederf.

Hennie ·

Die metro polisie was darm eerste op die misdaad toneel! Hulle het dit veroorsaak!

Oujongvrou ·

Ja dit is ons normaal al die afgelope 24 jaar. Word een ooit ordentlik gestraf. Nee verloor sy werk en dan gaan hy voort.

Genis ·

Bly maar ongelukkig n korrupte spul… hulle werksklere is net bruin/kaki en nie oranje met kolle op nie.. Boewery is lekker in die Nuwe SA

Rodger17 ·

Nag ek vra watter ras is hy,of gaan dit nou weer rassisties wees?Dis net feite as jy na misdaad kyk!

Oujongvrou ·

Moenie vra watter ras is hy nie. As hy wit was het sy sy foto hier gesien.

Sarel ·

Waar is die Polisie en Weermag. Te besig om Burgerlikes te arresteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.