Metropolisiebeampte vas vir moord ná stryery

Argieffoto

ʼn Lid van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is agter tralies ná ʼn onderonsie tussen hom en ʼn ander motoris in Cosmo City Donderdagaand.

Die beampte, wat nie aan diens was nie, het in ʼn wit Golf ʼn U-draai gemaak en na bewering byna met ʼn blou Nissan Almera gebots, het supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, gesê.

“Die bestuurder van die Almera het agter die Golf aangejaag. Daar was ‘n woordewisseling en die motoris het die beampte probeer ontwapen. Die beampte het verskeie skote met sy dienspistool op die Almera geskiet.

Die motoris is doodgeskiet.

“Die polisie en die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval en die JMPD sal die reg sy loop laat neem,” het Minnaar gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

schaun ·

Dit is een van die redes hoekom misdaad so floreer ,die wetstoepassers is so besig om self misdaad te pleeg dat hulle nie die wette kan toepas nie.

Frank ·

Ja nee, die SAP was oombliklik op die toneel nadat die misdaad gepleeg is…

Wurmpie ·

En laat ek raai. Hy is nog by die werk tot reg sy besluite neem. Wat maak hy met dienspistool as hy nie aan diens is nie? Laat mens net wonder

Stelling ·

Ek stem, so kom ons stel die situasie so. Jy as n eienaar van n vuurwapen kom in so situasie waar iemand jou wapen probeer afvat, onder die omstandighede wat is daardie persoon se intensie, nee wat ek sou ook skiet.

Cherokee ·

Dirk en sy kollega, hy het geweet hy word gejaag deur iemand voor wie hy ‘n U-draai gemaak het, en aan jou slim ondersteuner, die eienaar van daardie vuurwapen is die staat, bedoelende die belastingbetalers, menende jy en ek. ‘n Vuurwapen vir skof tye.

Theresa ·

Ek stem saam Schaun. The untouchables…………………….

Cherokee ·

Die woord begin irriterend raak. Dink iets anders uit. Wanneer dieselfde song aanhoudend gesing wors, frustreer dit.

Claudia ·

Hul Sal nie lag voor die wittroon op die oordeelsdag nie.

Bert ·

Wat kan ons maak as die gereg weereens nie sy loop neem nie???
So kan dit tog ook nie aangaan nie.

Lindtjies ·

Hulle is eerder deel van die bloulig bende as wat hulle wetstoepassers is. Het nou al by hoeveel geleenthede gesien dat pad reels nie vir hulle geld nie.

Gert van Wierdapark ·

Dit gebeur as sg metro-be-amptes self die wet oor tree met die waarskynlike lewensgevaarlike U-draai, en toe agter sy dienspistool weggekruip het! TRAGIES! Al wanneer ek verkeersmanne in Centurion sien, is die wat AGTER elektriese meterkaste en bome wegkruip om motoriste te “vang” wat by 3 punt stopstrate nie “dood-stop” nie! Pateties verby, want 2 blokke verder neuk een na die ander padvark oor rooi verkeersligte!

Bridget ·

Gert Van Wierdapark slaan jy die spyker so 100% op sy kop hier in Boksburg gebeur presies dieselfde ek werk in ‘n verskriklike besige straat die taxis ry oor rooi robotte stop net waar hulle wil maar so wraggies in Parkrand waar karre skaars ry ook 3 rigtins stop spring meneer hier voor my in hoekom skip ek die stop straat vra hy me so ewe dog ek by my self jy is veronderstel om besiger paaie te monitor nie stil buurtes nie.

Stelling ·

So dis reg vir jou om die wet te oortree, dan moet hulle n blinde oog gooi?

Bridget ·

En o ja vertel hy my ewe kordaat ek moet asseblief by die pad rules hou ek het nou wel nie dood gestop nie ek ken mos die pad maar hanteer dit soos ‘n toegee teken nie gejaag nie stadiger gery niks verkeer in sig nie maar nou ja hy doen seker net sy werk

Stem saam met stelling ·

Stelling ek is so bly jy maak n opmerking op Bridget. Skokkend dat sy haar oortreding nog op n openbare platform noem. Stop is stop nie stadiger ry en oor jy die pad ken sommer jou eie toegee maak nie. My goeiste dit is seker hoe die persoon wat dinsdag n meter van my motor se deur gestop het in boksburg ook geredeneer het!

Statistiek ·

Nóg meer vriende en geliefdes wat in rou gedompel is. Nóg ‘n voorval wat ander mense gaan motiveer om te emigreer.

marous ·

Was dit met sy amptelike wapen ? Gaan daar betoog word teen borg ? Gaan hoed die naasbestaandes besoek ?

Hanlie ·

Self defence se m……! Hy is die een wat die U-draai gemaak het. Hy moet vir moord aangekla word. Sterkte aan die familie.

Stelling ·

Moord? Hy moes optree uit noodsaaklikheid. Hoekom iemand agtervolg en dan probeer hom ontwapen. Blikskottel mekaar as jy moet, maar los die ontwapening uit.

JJ ·

@Stelling. Wie het gesê hy wou die polisieman ontwapen? Die polisieman of die oorledene. Dink voor jy n STELLING maak. Oorlede se kar was vol gate geskiet. Was die oorledene binne of buite sy motor? Die man is oorlede en nou net die polisiebeampte se woord. Sterkte aan die oorlede man se familie.

Swanna ·

Netso. Ry langs ‘n verkeers beampte en wys hom dat hy sonder sy/hy se veiligheids gordel ry en dat dit verkeerd is dan moet jy die vinger taal sien wat hy/sy kan praat, ‘n mens sal glo die persoon is totaal doofstom. Het met al gebeur. Wh ha ha ha ek kon maar net lag vir die naar nare in die diens voertuig.

Stelling ·

Ek het ook al op n beskaafde manier n polisie beampte gevra hoekom sy hulle sonder veiligheidsgordels. Hy het uitgeklim en my n skietwond gewys aan se regter laer skouer en gese het hy nie betyds uit die voertuig geklim nie, was hy dood. Dus dra hulle nie veiligheidsgordels nie en vir my is dit n goeie rede!

Daleen ·

Hier sal peanuts van kom, hy het homself verdedig in ‘n padwoede aanval, dis mos die verweer, hy is terug op sy “pos”

Sarel ·

Van diens af met sy dienspistool? Hy behoort aangekla te word vir onwettige besit ook!
Nee sy lewe was nie bedreig nie. Nee hy het motoris bedreig. As sy pistool van diens af was HET niks gebeur nie. Hy het gesoek vir………konfrontasie

CK ·

Gaan seker weer los kom om te sê hy het himself verdedig. Net soos die dame wat deur die metropolisielid geskiet is.

Mieke ·

Ai, hom probeer ontwapen?????
Rerig?, wou die motoris dalk selfmoord pleeg?
Ja, amper in ‘n ongeluk……..
Stop dan maar, laat die u-draaier maar wegry, swets maar onderlangs, maar ry anderpad!
Moenie moeilikheid agterna sit nie, dis net nie die moeite werd nie……..

Stelling ·

Mieke, jys n baie wyse persoon. Ek stem volkome saam met jou. As meer mense jou redenasie openbaar sal hierdie tipe “probleme” nie voorkom nie. Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.