Metropolisiebeampte vas vir roekelose bestuur

Metropolisiebeampte het beheer oor sy diensvoertuig verloor (Foto: Ask the Chief JMPD via Facebook)

ʼn Lid van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is aangekla vir roekelose en nalatige bestuur nadat hy Sondag in ʼn ongeluk met sy diensvoertuig betrokke was. Dít terwyl hy van diens af was.

Volgens Wayne Minnaar, woordvoerder van JMPD, het dié metropolisiebeampte beheer oor die voertuig verloor in Randfonteinweg in Glenridge in Soweto. Die polisiebeampte het drie passasiers in die voertuig vervoer.

Die drie manlike insittendes en die polisiebeampte is beseer en vir behandeling na hospitale geneem.

Minnaar sê ʼn dossier is teen die polisiebeampte vir roekelose en nalatige bestuur, asook moontlike dronkbestuur geopen. Hy word ook van wangedrag aangekla.

Die ongeluk word intern ondersoek.

“Die JMPD beskou dié wangedrag in ʼn baie ernstige lig omdat insittendes beseer is en departementele eiendom beskadig is,” sê Minnaar Hy sê wangedrag soos dié sal nie deur die metropolisie geduld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Snowball ·

Diensvoertuie word naweke aangewend as taxi’s. Dis waar die probleem begin.

Smurf ·

Daars BAIE van hulle wat taxi ry met die staat se voertuie…sien dit elke dag .

Frederik ·

Skroef die man dan op, Dit word nou hoog tyd dat ons opstaan teen persone wat die wet oortree. Dan is dit nog met n staats voertuig en dan moontlike dronkbestuur???? Wat gaan hier aan?

Leonie ·

Verbaas my gladnie. Daai kar is mos ‘n taxi en als. In EMPD word kinders by kleuterskole ook af en opgelaai. Maar dis ook net sekere beamptes wat niks oorkom as hulle hulle voertuie vir privaat gebruik gebruik nie.

Pieter ·

Hoe kry hierdie poliesie man dit reg om die sleutels van n poliesie kar te kry na ure

Leon ·

Hulle ry in elke gaval roekeloos, of hy aan of van diens af is. Padreëls geld nie vir kaders nie. Veral as jy ‘n ANC ID dra.

Nella ·

En so gaan die storie ook net doodloop en die staat/belastingbetaler moet maar betaal vir die voertuig se herstel.

Strandloper ·

Die metro piete is scary…blaas nou die dag vir my toeter omdat ek by die spoedgrens hou?

Niklaas ·

En daar gaan sekerlik nie vreeslike vervolging of straf wees nie. Natuurlik nie , hoekom dan ?

Mieke ·

Sê ek al lankal! Die polisie beskik oor ‘n hele reeks reëls wat hulle self toegeëien het en doen presies wat hulle wil. Ek het al so dikwels gesien hoe daar ander opgelaai word, spoed beperkings verbreek word, padtekens verontagsaam word ens. Vandag se polisie beteken regtig nie veel as hulle geen selfdisipline of respek het nie. Wat nog te sê van professionele optrede en eerlikheid nie. Die helfte behoort volgens my in die tronk!

Onnie ·

Korrup tot op die been! Sluit hom toe, en laat sy “passasiers” “taxi fair” betaal

Sarel ·

Hy gaan soos in die verlede niks oorkom.nie behalwe om bevorder te word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.