Metropolisiehoë geskors ná hy vrouekollega glo aanrand

Argieffoto

Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het vinnig opgetree teen ʼn beampte wat na bewering ʼn vrouekollega die afgelope naweek aangerand het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het Woensdag gesê die voorval, waarvan ʼn video wyd op sosiale media versprei word, het na bewering Saterdag in die Tokoza-polisiëringsgebied plaasgevind.

“In die video kan ʼn mens hoor hoe die vrouebeampte pleit terwyl haar toesighouer haar na bewering fisiek aanrand en mondelings toesnou,” het Kgasago gesê.

“Die metropolisie kan bevestig dat die vrou daarna ʼn saak van aanranding aanhangig gemaak het.”

Volgens Kgasago het die hoof van die metropolisie Woensdagoggend die beampte kennis van ʼn drie maande lange skorsing gegee om die polisie geleentheid te gee om die voorval sonder enige steuring te ondersoek. Die beampte mag nie vir diens aanmeld voordat die ondersoek voltooi is nie.

“Die metro veroordeel enige vorm van mishandeling van vroue en ander kwesbare inwoners. ʼn Behoorlike ondersoek sal so gou moontlik gedoen word sodat die nodige optrede teen die beweerde oortreder gedoen kan word,” het Kgasago bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Buks van der Linde ·

In die afgelope twee dae twee vroue aangerand deur mans .. Tronk starf vir hulle !

Tronkstraf? ·

Die ‘man’ in hierdie storie is vir drie maande lank geskors, m.a.w, hy kry drie maande se betaalde vakansie, sodat die polisie die voorval kan ondersoek. Ondersoek?? Wat is daar om te ondersoek? Dit klink of alle aspekte van die aanranding baie duidelik is op die video.

Cherokee ·

Wat is daar om te ondersoek? Dit klink asof dit bewys is.

What a joke! ·

Wat n grap ne,! 3maande betaalde vakansie verlof! Die hele lot is een groot grap! Bewyse en al….nee wat die lot laat my eintlik net lag….n onbevoegde onbeskofde klomp sirkus narre..

sweetie ·

hoekom het die sapd 3 maande nodig om n “open and shut” saak waar daar self n video beskikbaar is te ondersoek? nes in manana se geval is dit mos n (swart) man se perogatief om n vrou te enige iets aan te doen want hy is superieur aan enige en alle vroue.

PJC ·

As daar nie ń video was nie sou daar niks gebeur het nie. Hierdie mense se arrogansie ken geen perke nie.

Johanna Botha ·

Tronkstraf met n gereelde ontsnappingtjie uit aanhouding . Berge val op ons !

Skors hom ·

So vreemd hulle kan maar die PUBLIEK aanrand en rond stamp en stoot, en word selde vervolg want dan staan hulle almal saam en beweer die lid van die publiek het homself teegesit of wou nie sy samewerking gee nie .. maar nou dat hy ‘n kollega aanrand nou word daar teen hom opgetree. Hulle moet onmiddellik uit hulle ampte en uit die diens geskors word. Kom hy los hiermee, gaan hy net aan met sy wangedrag.

kas ·

Is Mnr.Manana nie in die hof skuldig bevind en gevonnis nie.As hy nou weer skuldig bevind gaan word wag moeilikheid vir hom.Moet hierdie beampte nie eers skuldig bevind word nie.Die klaagster en die video se geloofwaardigheid moet in die hof getoets word.As hy skuldig bevind word kan seviele optrede sy voorland wees.Ek stem saam die maksimum straf moet van toepassing wees waar vrouens , kinders en oumense aangerand word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.