Metropolisielid deur bus doodgery

Lede van die Tshwane-metropolisie. Foto: www.tshwane.gov.za

Lede van die Tshwane-metropolisie. Foto: www.tshwane.gov.za

ʼn Tshwane-metropolisiebeampte is Maandag deur ʼn bus doodgery op die N1.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die beampte, glo in sy laat 40’s, is op die N1 naby Wallmansthal, noord van Pretoria, deur die bus raakgery. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Ons as ʼn departement is hartseer om een van ons lede op die manier te verloor. Ons probeer op ʼn daaglikse basis patrollie doen ten einde die veiligheid van motoriste te verseker en dit is baie hartseer dat een van ons mense so moes doodgaan,” het Mahamba gesê.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Luke ·

Daai pad is nie verniet bekend as as die pad van die dood nie. Ek het al gesien hoe van die Metro mense voor voertuie in spring om hulle te stop en verwag dat die bestuurders dit moet reg kry. Leer asb die Metro ouens en vrouens dat n mens ligaam nie n voertuig tot stilstand kan bring nie behalwe as Super Magte besit.

Peter Says ·

Mmm luke, netso hier in ons geweste het ons ook van hierdie “springers” n volvrag bus stop eers 200m verder.

Ian ·

Dis apartheid se skuld.die trauma van die apartheidsjare het sy visie beïnvloed.

Ansie ·

Jammer maar so baie verkeersbeampte dra geen reflective vest nie. Hulle is skaars sigbaar. As jy weer sien is die mense reg voor jou. Nou kan jy vran HOEKOM word die mense nie gedwing om reflective vests te dra nie? Of gaan dit op die einde van die dag oor hoeveel omkoop geld verlore gaan as motoriste mekaar waarsku oor die verkeersbeamptes? Dwing die wetstoepassers om hul reflective vests te dra en hulle sal oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.