Metropolisielid skiet taxibestuurder dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Metropolisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn taxibestuurder in Naledi, Soweto, doodgeskiet het.

“Die 32-jarige beampte het omstreeks 20:30 langs ʼn taxi stilgehou wat glo die pad versper het,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê. “Hy het glo die 38-jarige taxibestuurder geskiet nadat hy met ʼn skroewedraaier gedreig is.”

Die taxibestuurder is op die toneel dood verklaar en die beampte is in hegtenis geneem en word aangekla van moord. Hy sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

lillian ·

Nou hoekom is die metrolid in hegtenis geneem? Ek sou ook die wetter geskiet het as hy op my afgestorm het met ‘n mes!

Johan ·

Die Taxi Bestuurder wat sekerlik weer aan die verkeerde kant van die Wet en Pad reels was, wou seker noe ‘n “BRIB” betaal nie!!!!

Fourie ·

Flippen siek en belaglik die polisie man het net himself beskerm – wat ‘n siek land is hierdie nie – pateties om dit te moes lees – Hy die sapd lid het net gedoen wat gedoen moes word!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.