Metropolisielid sterf in skietery

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Metropolisiebeampte is Vrydag in Meadowlands in Gauteng dood tydens ʼn skietery met vermeende kapers.

“Beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het omstreeks 20:00 die gebied gepatrolleer toe hulle ʼn spoorsein van ʼn gesteelde motor opgemerk het,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die BMW is vroeër die dag in Johannesburg gekaap.”

Beamptes van die metropolisie het op dieselfde tyd klandestien gepatrolleer toe hulle dieselfde spoorsein opgemerk het. Die beamptes van die SAPD en metropolisie het afsonderlik die motor agtervolg. “Toe hulle die BMW nader, het hulle van teenoorgestelde kante af gekom,” het Makhubela bygevoeg. “Drie verdagtes buite die motor het die polisie raakgesien en hulle het op die polisiebeamptes begin skiet. Die polisie het teruggeskiet. Die twee metropolisiebeamptes, wat siviele klere aangehad het, is in die kruisvuur getref. Een is op die toneel dood en die ander een is na die hospitaal geneem.”

Die vermeende kapers het van die toneel gevlug. “Een persoon het ʼn pistool agtergelaat en die gekaapte motor is gekonfiskeer. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord,” het Makhubela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lillian ·

Ja, wat, nou sê ek niks meer nie … beland in die spervuur …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.