Metropolisielid tydens Jhb-rooftog doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Lid van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is een van twee mense wat tydens ʼn rooftog by ʼn kuierplek in Vlakfontein, suid van Johannesburg, doodgeskiet is. Hy was nie aan diens tydens die voorval Sondagaand nie.

Wayne Minnaar, JMPD-woordvoerder, het gesê die metrobeampte was verbonde aan die reaksie-eenheid van die Geïntegreerde Intelligensie-operasiesentrum.

“Vyf gewapende verdagtes het die kuierplek omstreeks 19:45 beroof. R8 000 se kontant is gebuit. ʼn Lid van die publiek is ook doodgeskiet. Die omstandighede rondom die skietery word nog ondersoek,” het Minnaar gesê.

Michael Sun, ʼn lid van Johannesburgse burgemeesterskomitee vir openbare veiligheid, het intussen sy medelye met die familie, vriende en kollegas van die slagoffer betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Michael P ·

Weet julle ne. die land is in groot moeilikheid. Baie Baie dankie ANC julle beleid kom nou sterk deur. Dit is wat julle voor staan. Hoekom nog niks aan die gemors gedoen nie.

Jerry ·

Dit kan interresant raak as van die rowers onwettige immigrante is! Herman Mashaba moet dalk vir die parlement vra om bekend te maak oor hoeveel immigrante reeds betrokke was by aanvalle asook moorde op wetstoepassers en in die algemeen op Suid Afrikaanse burgers!

Civil ·

As hy nie op diens was nie, maak dit nie saak watse beampte hy was nie. Niks met die saak te doen nie. Of het dit?

GM ·

Twee mense is dood, maar daar word net met die een se familie, vriende en kollegas gesimpatiseer, so asof die ander een niks beteken het net omdat hy/sy nie ook ‘n lid van die polisie was nie.

Sterkte aan albei slagoffers se naasbestaandes.

Poppie ·

2 lewens maar R8000 werd!?!? Die land is verby regruk stadium. Sterkte aan die 2 families.

SjN ·

Is die metro lid se afsterwe belangriker as die ander persoon?

Hein ·

Ja… Slegs DIE Slagoffer? Moet dit nie SlagofferS wees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.