Metropolisieman dalk sy werk kwyt oor R10

Wayne Minnaar, hoofsuperintendent van die Johannesburgse metropolisie. Foto: Lauren Mulligan, TimesLive

Johannesburg se metropolisie (JMPD) waarsku beamptes se dae van “koeldrankgeld” by motoriste aanvaar is vir goed verby.

Dié term verwys na enige omkoopgeld wat ʼn wetstoepasser by ʼn vermeende oortreder aanvaar om sy of haar oortreding oor die hoof te sien, verduidelik hoofsupt. Wayne Minnaar, JMPD-woordvoerder.

Lede van die JMPD se interne ondersoekeenheid het glo Maandag in Protea Glen, Soweto, gesien hoe ʼn metropolisieman R10 as omkoopgeld by ʼn taxibestuurder aanvaar, sê Minnaar, nadat dié na bewering sonder ʼn rybewys gery en sy taxi geen nommerplate gehad het nie. Die beampte is terstond in hegtenis geneem.

Die JMPD sal nie teen die taxibestuurder optree nie omdat hy binnekort sal getuig in die 38-jarige beampte se tugverhoor, waartydens hy na verwagting geskors sal word. Die beampte het tien jaar se diens in die metropolisieafdeling.

“Korrupsie sal hoegenaamd nie aanvaar word in die JMPD nie,” sê Minnaar. “Ons hoof, David Tembe, sê ʼn strategie is ingestel om korrupsie te bekamp. Die dae van ‘koeldrankgeld’ aanvaar, is verby.”

“Ons is daartoe verbind om almal uit die diens te verwyder wat ons beeld skend,” het Tembe intussen getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Eish ·

O gits… wat gaan ons nou doen? Die laaste omkoop geld wat ek betaal het was R600.00.

Ekonoom ·

Jy het te veel betaal. Gaan vra jou geld terug. Ten minste R590-00.

Nadene ·

R600 vir omkoopgeld…. ons raak vreeslik vinnig kwaad oor korrupsie, maar self daaraan skuldig

Ekke ·

Wow, dit klink nice…..geen stappe teen Taxibestuurder nie omdat hy sal getuig teen die JMPD Beampte. Die feit bly staan…. hyt na bewering op ons paaie sonder rybewys gery met ‘n Taxi sonder nommerplate….wetteloosheid steeds aan orde van die dag…

Pieter ·

Wat van die feit dat hy nie n lisensie het nie asook geen nommerplate nie, gaan dit ook oor die hoof gesien word, Dit sal ook onwettig wees.

Amelia ·

Omdat hy getuig gaan die verkeersdepartement vir hom n lisensie skenk. Maw hy hoef nie een te koop soos sy makkers nie.

Colleen ·

Feit is, die ou is DALK sy werk kwyt. Hy moet sumier afgedank word. Maak nie saak wat die bedrag is wat hy ontvang het nie.

Petrus Heigers ·

Dit is darem baie opmerklik dat die beampte se naam en van nie genoem word nie. Was dit ‘n blanke was sy naam, van plus ‘n foto van hom gewys. Dit is net ‘n bewys wat in ons sogenaamde demokrasie gebeur (rassisme tot op elke vlak)

Cherokee ·

Dink dit het iets te doen met of hy al op die aanklag gepleit het of nie.

Michael ·

Ag nee!!! ek het laas jaar uit n resturant gekom na n Sondag middag ete 2 glasies wyn geniet en was deur 2 beamtes afgetrek my gevra of ek gedrink het waarop ek geantwoord het ja. Toe begin die hofsaak net daar. Hulle se ek gaan nou in die selle sit tot more ek vra hoekom. sodat ek kan reel vir borgtog. Ek vra maar kan ek nie nou die berg geld betaal nie. Vol smiles se hulle ja R1000.00 Ek betaal en ry. Nou hoe gaan hulle dit stop sit. Ek weet ek was verkeerd maar was nie lus vir die selle nie.

Werner ·

Moet dan nie drink en bestuur nie! Hoe kan ons verwag om in ‘n etiese land te woon, maar ons tree self oneties op? En dan nogal so blase daaroor! Nee man

Keelvol ·

Slaan my dronk.
Beampte gaan sy werk verloor oor R10.00. Ja dit is verkeerd wat gedoen is
Taxibestuurder sonder rybewys en nommerplate kom niks oor nie.
As hy kan getuig dat die beampte R10.00 geneem het ,en hy moet sê waarvoor, dan gaan hy mos erken dat hy sonder ‘n rybewys bestuur het.
Dan wonder die regering ook waarom soveel taxi’s in ongelukke betrokke is.

DWS ·

Die amtenaar kan dalk sy werk nou kwyt wees……, MAAR die ongelisensieerde taxi bestuurder wat met ‘n ongelisensieërde “DOODSKIS” ry en mense vervoer gaan NIE teen opgetree word nie…, so hy het sy vryheid met R10 gekoop….., WELL DONE JMPD…, mag ons almal se vryheid en lewens net R10 werd wees !!

Thinus Erasmus ·

Dis ook nie regverdig, die Taxi bestuurder moet vir al sy oortredinge beboet word, en ook aangekla word van omkopery. Die bekamping van omkopery kan nie ten koste van wet en orde geskied nie.
As daar meer lokvalle deur inspekteurs gedoen word sal beamptes weer hul werk doen.
Hierdie R10 sakie moet ‘n ander motief gehad het!

Pieter ·

Is dit nie bietjie verkeerd nie? “Geen korrupsie sal geduld word waar geld aanvaar word om die oortreding oor die hoof te sien nie.” Maar die taxi bestuurder het sonder rybewys gery sonder nommerplate, en ons sal hom oor die hoof sien (nie vervolg nie) , want hy sal teen die beampte getuig?
So hulle kry nie geld nie, maar wel sy getuienis. Hoe ook al, die taxibestuurder stap skotvry weg ten spyte van die feit dat hy groot oortree het?
En voor ek gestenig word, ek verstaan dat hulle sy getuienis nodig het om hulle saak te versterk, maar ek wonder steeds . Daar moet ‘n ander manier wees om die korrupsie stop te sit en steeds die onveilige taxi te verwyder van die pad af.

Hannes ·

Ek kon nog nooit verstaan hoekom mense omkoopgeld betaal nie.
Laat hulle die boete skryf.
Ek betaal in elk geval nie die ding nie, so ek kry elke keer 100% afslag.

Cherokee ·

So jy sê boetes is goedkoper. Die ander probeer bloot administrasiekostes bespaar deur onmiddelik skuldig te pleit en die boete oor die toonbank te betaal.

Asjas ·

Hannes, dit werk. Ek se ook elke keer “skryf maar”, dan se hulle “ry maar”!!

Thys ·

Jy is verkeerd hannes ja jy het di reg om ni di “ding” nou te betaal ni,maar kom ons wag totdat jy jou kar se lesensie skuifie moet gaan haal ,dis daar waneer jy moet gaan betaal my ou maat ek het ook gedink “ag ” vrommel op en gooi weg en die dag toe ek di skuifie wou gaan uithaal toe word daar vir my gese “betaal” eers jou boetes wat jy gekry het voordat di skuifie vir jou gegee word-so dink maar 2keer,ja ek wil ook ni betaal ni want daars soveel taxis wat wegkom met als en dis vir my ook verkeerd,maar betaal eerder daai boete anders gaan jy ni jou skuifie kry ni

Wie weet ·

Dit is nie die eerste 10 rand wat hy gevat het nie Hierdie ouens maak niks onder 10 000 rand in bribes n maand nie

JohanL ·

Ek ruik ‘n rot. Dit is redelik bekend dat baie taxis aan lede van JMPD behoort. Hulle huur dan iemand wat dit vir hulle bestuur. Daarom dat daar nie “gretig” teenoor taxis opgetree word nie – dink maar aan hoe hulle bestuur ensovoorts.

Nou ewe skielik is daar ‘n beampte (naam en foto word weerhou) wat eerstens iets wou doen en optree teen ‘n taxi bestuurder wat sonder nommerplate en lisensie gery het.

Twee moontlikhede :
1) Daar was dalk glad nie omkopery ter sprake nie, maar nou word die aantyging gemaak daar was (taxi bestuurder se woord teen JMPD beampte se woord).
2) Daar was wel omkopery en nou verloor die JMPD beampte wat reg (trek taxi af) en verkeerd (omkopery) opgetree het, waarskynlik summier sy werk. Gerieflike manier om van iemand ontslae te raak wat dalk in die toekoms ‘n vlieg in die salf kan wees?

Ek wonder maar net.

Ha ·

Ag asseblief, ons land se verkeersmense het sakke vol omkoopgeld oor veral Desember gemaak. Ons is twee keer afgetrek en gevra vir ‘n “Christmas Card”…. Die mense bied dit aan want dit is wat die verkeerspolisie verwag. Hoe dan nou anders.

Michael ·

Maar het taxis. dan nie hulle eie pad reels nie? Hulle hoef nie by Rooi ligte te stop nie by stop tekens ry voor ander karre in. mag oor die sypadtjies ry . Ry sonder lisensies ens……Of kan iemand my reg help asb.

Karolis ·

Hoekom is die lede van die JMPD se interne ondersoekeen se woord oor wat hulle gesien het nie goed genoeg nie?
Pleks neem hulle video met hulle selfone.

ES ·

Ek vat eerder ‘n kaartjie, of ek verkeerd was nie. Om omkoop geld te betaal skep ‘n gewoonte en verwagting en daarna word dit alom aanvaar en dit gooi net brandstof op die bedrogvuur. Dit is tyd dat amptenare aangevat word hieroor.

Party mense word gedreig tot hul uiteindelik ingee tot omkoopgeld maar maak eerder seker jy ken jou regte as jy afgetrek word en laat weet die betrokke polisielid dat jy die noem van enige omkoop sal rapporteer.

Leonard ·

Man hulle moet maak soos die amerikaanse polisie elke lid van jmpd of sapd moet dai klein go pro kameras kry wat hulle voor hulle bors dra dit is ook om korrupsie te bekamp en om hulle eie gatte te red as daar n voorval is. Dan sal jy kan sien wie is die koruptes in SA. Want dai kameras word gemonitor na die tyd

Ronel ·

En jy dink hulle gaan sorg dat die kameras se batterye gelaai is en die geheuekaarte skoon is? Tegnologie is net so goed soos die mense wat dit gebruik.

t ·

Eks ook eendag afgetrek oor ek my sleepwa se lisensie in die sleepvoertuig gehad het en nie op die sleepwa nie. Die man beduie toe dat hy warm kry en ‘n koeldrank geldjie kan die skrywery van die kaartjie stop. Ek het 20 minute voor dit ‘n klomp koeldranke gekoop wat agter my sitplek was. So in die pratery sê ek hom reguit “Ek betaal nie bribes nie, maar wat van ‘n koue koeldrank?” Hy was heel onkant gevang omdat ek so reguit was, hy kyk eers na die koeldrank, voel daaraan en neem toe die bottel. Toe hy die bottel vat ry ek. Hy het nie eers ‘n woord verder gesê nie.

Prop Kotze ·

Dank hom af want daai Taxi gaan my en ander pad gebruikers se lewe kos as ons in n ongeluk betrokke so wees

Michelle ·

Twak….ek het net vanoggend in Kempton Park gesien hoe n swart verkeersman n omkopie van n taxi bestuurder vat.

Piet Pompies ·

Dit gaan glad nie oor die R10, dit gaan oor ‘n wetstoepasser wat toestemming verleen aan ‘n persoon om die wet te oortree. Die gevolg daarvan is dat die publiek ‘n kultuur ontwikkel wat hulle bo die verkeerswette plaas. Nou sit jy met ‘n arrogante voertuig bestuurder wat nie oor die regte kennis en padwaardige voertuig beskik, dit veroorsaak sterftes op ons paaie.

Johan Kruger ·

So paar jaar terug was daar n persoon wat navorsing gedoen het oor die omkoopgeld wat betaal word deur die publiek aan JMPD beamptes, sy bevinding was dat sommige van hulle tot R26000 per maand so ingekry het.

Karel ·

Ek sien probleme vorentoe met Minnaar se uitlating. Hy gaan omtrent geen personeel oorhê nie.

Willie ·

Ek stem, Minnar gaan niemand he wat vir hom werk… Pretoria is net so vrot…as twee of vier saam is kan jy maar weet…

Se maar net ·

Ek verdedig glad nie die taxi nie, maar dit was die verkeersbeampte se werk om die paaie te beveilig deur n boete te gee en selfs die taxi te “impound” omdat daar nie ‘n wettige drywer vir die taxi was nie. Hy het gekies om korrupt te wees en eerder ‘n geldjie te vat as om sy werk te doen. Geen simpatie. As ‘n paar hulle werk verloor sal die res dalk begin hulle werk ernstig opneem

Michael ·

Werner & Anton , Ons was omtrent 4 ure in die resturant ek sal nooit drink en bestuur nie moet my nie aanval oor wat ek gese het nie dit gaan nie oor my wat 2 glasies wyn oor n hele middag. geniet het nie maar hoe kurrupt die JMPD is al het hulle my bloed getrek sal ek onder die limiet gewees het .Julle versraan nie hoe aggresief daardie outjies raak as hulle nie hulle sin kry nie.

@ Michael ·

AG jong MIchael hierdie mense wat anoniem hier skryf sit tien teen een onder die invloed en tik maar wys vinger na jou. Moet nie hulle ernstig opneem nie, ek kan maar net lag vir die ENGELE wat hier kommentaar lewer, en more sien ons hulle op die Beeld se voorblad. Daar sou nie so baie egskeidingsake en hofsake gewees het as ALMAL wat hier kommentaar lewer so ‘n SKOON lewe (sonder twee wyntjies) gelewe het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.