Metropolisieman skiet vermeende rower

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte het Maandag in die vroeë oggendure ʼn gewapende man in ʼn huis in Rosettenville geskiet.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die 51-jarige sersant het omstreeks 03:20 verby ʼn huis in Langstraat gery. “Die inwoners het die beampte gesien en na hom toe gehardloop om hulp te ontbied,” het Minnaar gesê. “Daar was ses gewapende mans. Een is in sy ken geskiet.”

Die ander vyf verdagtes het met ʼn voertuig weggejaag en hul gewonde makker agtergelaat. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Volgens Minnaar het die vyf verdagtes met nege selfone, ʼn skootrekenaar, ‘n televisiestel en ʼn onbekende bedrag kontant gevlug.

Nie een van die inwoners is tydens die voorval beseer nie. Die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.