Metropolisieman tydens kaping geskiet

Argieffoto

ʼn 47-jarige beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is in die vroeë oggendure geskiet toe hy die slagoffer van ʼn kaping probeer help het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het gesê die voorval het omstreeks 04:45 in Old Trueweg in Booysens plaasgevind.

“Die beampte was alleen in daardie stadium en het tussenbeide probeer tree toe ʼn minibustaxi gekaap is. Die verdagtes het sowat vyf keer op die beampte geskiet en een koeël het hom teen die kant van sy kop getref,” het Minnaar gesê.

Die beampte is na die Milpark-hospitaal gehaas vir mediese behandeling. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

David Tembe, hoof van die JMPD, het die skietery streng veroordeel en gesê alle pogings sal aangewend word om die verdagtes aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Al ·

Ek hoop ñ nuwe era breek aan saam met Cyril Ramaphoza dat geweldsmisdaad nie geduld gaan word in SA nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.