Metropolisievrou voor huis doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is Woensdagoggend buite haar huis in Soweto doodgeskiet.

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die beampte, insp. Ayanda Zulu, was in haar ampsvoertuig toe sy omstreeks 05:30 deur twee onbekende aanvallers in die oprit na haar huis genader is.

“Sy is twee keer geskiet en die verdagtes het met haar 9 mm-pistool en ammunisie op vlug geslaan,” het Nkosi-Malobane gesê.

Nkosi-Malobane het die voorval veroordeel en as “brutaal” bestempel.

“Die provinsie is van ʼn onbaatsugtige en toegewyde beampte beroof. Haar afsterwe is nie tevergeefs en sal nie die moreel van ons polisiemag verswak nie, maar hulle eerder aanmoedig om voort te gaan om ons gemeenskap te dien en te beskerm,” het Nkosi-Malobane gesê.

Volgens Nkosi-Malobane is 12 metropolisiebeamptes die afgelope sewe maande in Gauteng vermoor terwyl hulle aan diens was.

Intussen het Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, gesê die JMPD en polisie sal geen steen onaangeraak laat om te verseker dat Zulu se moordenaars opgespoor en vervolg word nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rabes ·

En so spring al die hooggeplaasdes op die bandwagon en vind die moord brutaal, maar nooit word van hulle ‘n woord gerep oor die moorde op blankes nie.

Hettie ·

Hulle soek die wapens om die regering se opdrag uit te voer !

Willie ·

Ek het nog nie gehoor dat CR n sterk boodskap uitstuur oor die moor, roof en slagtings in SA nie!

DG ·

Bring terug die doodstraf, hier is geen ontsag vir lewe nie!!!

GM ·

DG, wie dink jy gaan doodstraf opgelê word, en wie gaan nogsteeds wegkom met moord?

ferdi ·

Maak vrede ons bly in bose derde wereldse land waar dit net nog slegter sal gaan.Ek sien geen verbetering ni.MOORD OP MOORD

GM ·

DG, wie dink jy gaan doodstraf opgelê word, en wie gaan nogsteeds wegkom met moord? Die ou van die weermag mag goed sê soos dat die witman se oë uitgesteek moes word en sy tong moes afgesny word, en hy kom niks oor nie, maar ‘n vrou wat ‘n sekere woord gebruik het, kry tronkstraf. Netso word ‘n swartstudent oor die vingers getik en mag hy net om verskoning vra oor hy witmense met ‘n bazooka wil doodskiet, maar witstudente wat hul gesigte pers verf, word geskors.

Oom Kalahari ·

Van watter plaas moorde praat jul nou? Mev/Min Sisulu het mos gese alles is veilig en SA het gehoorsame burgers. Wat ‘n sinnelose daad teen hierdie beampte. Alle simpatie aan Ayanda Zulu se familie en vriende met hul groot verlies en wens hul alle sterkte toe deur hierdie tyd van rou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.