Metroraad ontken dat hy groot rekening vereffen

Die foto van die rekening wat op sosiale media versprei is.

Die foto van die rekening wat op sosiale media versprei is.

Die Ekurhuleni-metroraad het ontken dat ʼn rekening van meer as R76 000 by die Sakhumzi-restaurant in Soweto met ʼn amptelike regeringskredietkaart betaal is.

ʼn Foto van die rekening van R76 191,50 word wyd op sosiale media gedeel en is op 8 Januarie, tydens die ANC se verjaardagviering, geneem.

Daar word beweer dat Tshikani Reckson Hasani-Baloyi, personeelhoof in die burgemeester se kantoor, en Lesiba Mpya, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, saam met ander hooggeplaaste ANC-lede by die restaurant gekuier het en dat dit ʼn foto van hul rekening is wat op sosiale media versprei word.

Die metroraad het intussen die bewerings ten sterkste ontken. “Die bewerings is betreurenswaardig aangesien die metro nie kredietkaarte aan enige uitvoerende of personeellede uitreik nie. Die twee werknemers het verder bevestig dat hulle nie in daai tyd by die restaurant was nie.”

Volgens die metroraad is die bewerings vals, maar dit is wel die personeellede se reg om die feesviering te ondersteun. Die metroraad het egter gesê alle staatsamptenare moet op ʼn verantwoordelike wyse optree aangesien hulle dienaars van die publiek is.

Die rekening is vir onder meer ses bottels Veuve Clicquot-sjampanje teen R5 940, Hennessy-konjak en 21 jaar oue Glenlivet-whisky.

Die Gautengse drankraad het kort voor die ANC se 105de verjaardagviering aangekondig dat drankverkopers se handelsure verleng sou word. Die besluit is egter omgekeer nadat daar uit verskeie oorde beswaar gemaak is.

Die foto waarin Hasani-Baloyi en Mpya verskyn wat saam met die foto van die rekening versprei is.

Die foto waarin Hasani-Baloyi en Mpya verskyn wat saam met die foto van die rekening versprei is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

danie ·

Ek dink die eet plek se pryse is baie erger, as die feit dat dit met n krediet kaart betaal is.

Dawie Beukes ·

Ek wonder of daar ooit ge eet en gedrink was, of is dit nie maar weer n geval dat daar niks gebeur het , die kaart is geswipe n vals slip is ge print en die geld is onder 2 of 3 mense verdeel nie

Jan ·

En ek het al die jare gedink hulle het gestruggle om van Apartheid ontslae te raak.

Anoniem ·

Sjoe!!! Wie koop so vroeg in die oggend soveel drank! Is dit wettig vir ‘n drankwinkel om daardie tyd van die dag al drank te verkoop?

Pendoring ·

As jy kyk na die tyd op die strokie was hulle darem seker betyds vir werk? Babelaas en al.

Akram ·

Dis dalk die kuier van die vorige nag wat nog aangegaan het?

Vaalseun ·

En niemand gee erkenning vir die ruimhartige “Tips” van R6 926.50 nie! Die R76 191.50 sal waarskynlik op die “Ekurhuleni Expense Form” verskyn as ‘n “Team Building Lunch.” Baie dankie Belastingbetalers. Doe so voort.

Johann ·

Die raad is mos verbied om klappers met nuwejaar vieringe te skiet, nou wend hulle maar seker die geld so aan. Blaas jy dit nie op klappers nie, dan sal jy wel ‘n manier vind om dit wat nou so mildelik beskikbaar is te blaas. Die sluise het mos na 1994 oopgegaan.

karen ·

Wat my meer pla is die gebrek aan privaatheid vanaf die eienaar en staff vsn die restaurant.

Piet Pompies ·

Dit gaan nie hier oor privaatheid nie, dit is staatsgeld wat gebruik is en enige lid van die publiek het die reg om te weet hoe word sy belasting geld gebruik.

Jean ·

Neewat hulle is veronderstel om RENTMEESTERS te wees van die geld wat aan hulle toevertrou word, dit is korrupsie en bedrog as dit onregmatig gedoen is, so dit MOET Hok geslaan word, ek het ‘n saak met vertroulikheid.

lokasievark ·

Hoeveel kinders kon nie n bord kos gekry het vir daai bedrag geld nie??? Hoeveel kinders kon nie skool toe gegaan het met daai geld wat dit glad nie kan bekostig nie?? Ai appartheid was seker maar weer die sondebok!!

chris.l ·

Karen ek wili jou net se onthou die werkersin die restorant is ok al gavol vir die mense se houding as ons vat so werke
verdien moontlik min of meer R1250 (dans dit baie hoog gestel) n week wat R5000 n maand beloop wat 15.2 maande
se salaris is sal jy daarme gelukkig wees ek twyfel so bogger die privaatheid

StilStil ·

Daardie fooitjie is meer as my salaris. En ek werk in n apteek.

Vaalseun ·

Dankie, Joe. Jy het wel op die Tips kommentaar gegee terwyl ek geskryf het.

Esme Strauss ·

Dit is ‘n gemiddelde student se gelde vir TWEE JAAR!!!

Wiebo ·

Dit maak my so hartseer om so n rekening te sien, en dat mense sulke duur kos en drank kan bestel. Ek was meer as 2 jaar laas in n restaurant, want ek het nie geld om uit te eet nie. Werk my alie af, en ek of my troeteldiere het nie vanaand enige kos om te eet nie, en moet wag vir my salaris wat eers die 26e is. Dit is so onregverdig………..

niebo ·

hoekom hou jy dan troeteldiere aan om saam met jou honger te ly? as jy vir hulle Lief is, vi d vir hulle goeie huise waar die mense kan bekostig om hulle te versorg en te voer en mefiese sorg te gee wanneer hulle dit benodig. dít is liefde.

Delia ·

Ai niebo, jy moet ook jou eiertjie le, maak nie saak wie jy seer maak met jou kommentaar nie….
Lekker dag.

John ·

?.. en so doenende gaan daar nie geld oor wees om die boere te vergoed vir hul plase wat die ANC-ooms een van die dae sal moet afvat om mielies vir die honger nasie te gaan verbou nie. Watter klug…

cor ·

Ontkenning is die slagspreuk van enige een as hy uitgevang word. Hierdie is maar net ‘n druppel uit die drank vat wat oop gemaak is, sal graag wil hoor van die ander plekke waar die drank vaatjies uitgerol was en die kaarte gebruik is.

Vixie ·

Dit is seker nie “rocket science” om die kredietkaartnommer aan die houer van die kaart te koppel nie?

Jane ·

Jinne die Gravy Trein ry darem lekker. Te heerlik om daardie tipe shampagne te drink. Wie dink hulle is hulle dat hulle so spesiaal is om daardie koste aan te gaan? Wie se geld was dit? Belastingbetaler se geld, maar dan se julle daar is nie geld vir Skole en Hospitale nie, maar dit is wat EEN aand se GEFUIF kos? Skandalig, en die mense wat steeds vir julle stem is net so stupid as hulle hierdie goed sien en steeds stem en nie sien hoe die geld GEMORS word wat vir naskoolse opvoeding en mediese behandeling kon gaan nie. Nou ontken hulle alles? Dis nog erger, staan nie eers pa vir hulle oortredings nie. Hoeveel skooltassies kon julle koop met daardie geld vir minderbevoorregtes? Hoeveel kospakkies kon julle pak vir skoolgaande kinders wat niks het om te eet nie, maar neewat julle het die REG OM FEES TE VIER op die BELASTINGBETALER se rekening .. GAAN VIR DIT!!

Lance ·

En ons weet Ekurhuleni is onder anc beheer …kry vir julle …mens kry SO vir wat jy stem !! Dan is almal verbaas as Eskom dink om krag aftesit …dom !

G ·

Ongelukkig ly die, wat nie vir die ANC gestem het nie, ook saam. Ons nasie was maar lekker dom gewees, ons moes ook maar aangeteel het. Als waarvoor ons gewerk het, word in elk geval net gevat, gebrand en afgebreek. Ons nasie het minder kinders gekry, want ons wou hul kwaliteit van lewe verbeter, hul meer geleenthede gee, maar watse geleenthede is daar nou in die nuwe Suid-Afrika? Mens voel nie eers meer veilig in ‘n mens se eie huis nie, ons belastinggeld word gemors op partytjies, staatshospitale is chaoties, skoolgaan raak ‘n mors van tyd, kriminele het meer regte as ons. Waarvoor betaal ons nog? Ek wens ons kon almal ons belastinggeld vat, en iewers saam gaan bou aan ‘n nuwe toekoms (alle rasse ingesluit). Skei die wat wil werk, van die wat net wil hê.

brenda ·

Just because i can!! ja vrek…hoop nie daai whiskey is met coke gedrink nie!! lol!!!

Kobus ·

Ek in die drankbedryf…glo my daardie Glenlivet word met Appletiser gedrink….

cb ·

Ek wonder of hulle sulke duur drank sou drink as hulle self moes betaal???

Jaco ·

Dis om van siek te word!! En om te dink 90% van alle belastingbetalers wat indirek hierdie rekeking moet drae het nie eens ANC gestem nie!!

Ronnie ·

Die man wat dit getwiet het se selfoonbattery is pap. Hy ook seker.

Natalie ·

Ek wonder net, as die Hasani-Baloyi sê hy was nie by die restaurant nie, hoe het hy dan ‘n foto neem saam die ander feesgangers? Maar hoe dit ookal sy, dit is ons belastingbetalers se geld wat so vermors word. Ek het naweke ‘n ekstra inkomste verdien (R900) deur om by my naaste apteek uit te help…en nou moet ek nog meer belasting inbetaal. Hoekom moet ek dit doen? Hulle vermors dan my geld? Dit maak my baie kwaad :(

Frans C ·

Ek is verbaas dat mense so verbaas is.Tydens die tot standkoming van groter stadsrade was daar dikwels onthale.Dan het die ‘comrades’ hul borde volgelaai en in hul sakke lekkergoed gestop om in hopies in die raadsale te vergader

Te lekker want dit was op blanke belastingbetalers se koste.Nou is die skatkis soveel groter en dieper ,dus moet ‘n mens skep as dit pap reën.

Leon ·

Ek hoop dat daar n bietjie verder ondersoek gedoen sal word. Die anc trein ryers ontken altyd alles nes hulle baas, maar met tyd kom dit wel uit Doen nou ondersoek en kla hulle krimineel aan as daar fout was Vra maar Oos Londen se eks burgemeester oor krediet kaarte Sy was skuldig bevind in n kriminele hof

Jacques ·

Weet nie hoeveel het so gesuip nie maar hulle moet blase soos vendusie-osse hê. Kry sommer ‘n nood as ek na die strokie kyk.

Trudo ·

Vir die van ons wat nie kan verstaan hoekom sulke verbysterende somme geld gesteel word nie…..hierdie is n aanduiding. Nie sommer JC le Roux soos ons gewone mense nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.