‘Metrorail in Kaapstad nou in ʼn situasie van terreur’

Foto: ANA

Nog ʼn trein van Metrorail is vandeesweek in Kaapstad aan die brand gesteek en die dade word as terreur en sabotasie bestempel.

Die trein is Woensdag by die Retreat-treinstasie naby Muizenberg aan die brand gesteek.

Volgens berigte is een mens tydens die voorval beseer en drie treinwaens heeltemal verwoes. Die brand het ook ʼn uitwerking op verskeie treinroetes gehad en dienste vertraag.

Dié brandvoorval volg kort op die voorval Saterdag by die Kaapstad-stasie waar twee waens heeltemal verwoes is en 11 ander waens en infrastruktuur beskadig is. Dié skade word op sowat R30 miljoen geraam.

“Dit is die derde treinbrand by die Retreat-stasie vanjaar en die sesde in die Wes-Kaap in die afgelope ses weke,” het Nceba Hinana, die DA se provinsiale woordvoerder van vervoer en openbare werke, ná die voorval gesê.

Die DA het ʼn beroep op Bheki Cele, minister van polisie, gedoen om ʼn spesiale taakspan saam te stel om die oorsprong van die voorvalle te ondersoek. Hinana het gesê bykomde veiligheidskameras moet ook so gou moontlik geïnstalleer word aangesien dit sal help om te bepaal hoe die brande gestig word.

Die United National Transport Union (Untu) het die jongste voorval streng veroordeel en as sabotasie bestempel.

“Tans het Metrorail net 40 treine van die 88 wat nodig is om ʼn behoorlike diens te lewer. Dit beteken oorvol treine en vertragings raak net erger,” het Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, gesê.

Dié vakbond, wat die meerderheid werkers van Prasa verteenwoordig, het óók ʼn beroep op Cele gedoen om ʼn taakspan saam te stel.

Dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep en provinsiale leier van die Wes-Kaap, het gesê die vernietiging van treinwaens en infrastruktuur van Metrorail in Kaapstad het nou buite beheer geraak en die situasie waaraan duisende pendelaars daagliks blootgestel word, is niks anders nie as dade van terreur wat besig is om die stad lam te lê.

“Daar heers tans ongebreidelde anargie op dié voorstedelike vervoerstelsel met treinwaens wat aan die brand gesteek word, misdaad wat op treine gedy, infrastruktuur wat in duie stort en feitlik geen sprake meer van betroubare tydroosters nie,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Paul ·

En ons woon in ‘n normale land, die afbreek en brand het nou al sininiem met ons geraak. Dit is nou al by ons so alledaags, dit is normaal. Mens kyk na die le Tour de Fance, ander sporte oorsee, golf in Skotland, dan verlang mens na ‘n land van rus en vrede, waar mense nog die pragtige natuur kan geniet. Die uitgerekte landskap, pragtige geboue in die dorpe en stede, die mense wat opgewonde die gebeure ervaar, wonderlik. By ons is waterbronne nou ook al besoedel, dan vra ek, wat by ons is nie in ‘n krises nie?

Beulah ·

Paul. Die hartseerste van die saak is dat die res van die wêreld nie omgee wat daar aangaan nie want hulle dink dit is tog net Afrika. Ek woon in die VSA. Mense hoor my aksente daagliks en vra van waar is ek. Ek antwoord dan SA. Hulle vra almal dieselfde vrae. But you are white?? Het julle paaie? Loop die leeus in die strate rond? Het julle geboude stede? Persepsie is blykbaar dat SA ‘n plek is met geen paaie of elektrisiteit nie en ons veg wilde diere van ons strate af. Dit laat my soms snak na my asem die e prentjie wat Amerikaners van SA het.

Robert ·

En hoekom word dit ALLES nie Mandela nalatenskap genoem nie…..

Johan ·

Beulah…ek bly ook in Amerika. Ek lag so bietjie, want hier in Florida is dit net die oulike blondies wat dink ek is Tarzan van Takarania. Paul, om positief te wees in jou land is merkwaardig. Ek dink dit is meer van n geloofs benadering en ek admireer jou stand. Let wel, die volgende keer wat jy wel n “positiewe” gemoed kan verseker is in die nabye toekoms wanneer hierdie briljante regering van jou, jou vra om terug na jou plaas, of dit wat nog staan, te kom en die land te red uit dieselfde ekomomiese graf as wat ons buurland hulself huidiglik bevind.

hendrik ·

Paul, jy haal die woorde presies uit my mond uit. Terwyl ek Tour de France kyk die afgelope paar dae se ek presies dieselfde vir my vriende.

Swannie ·

Nee, die ou Spoorweg Polisie moes mos tot niet gemaak word, want daar mog mos kamma nie twee soorte polisiedienste in die nuwe Suid Afrika bestaan nie.

En toe ??

Metro Polisiediens word in die lewe geroep, wat niks anders is as gewone polisie net met `n ander uniform nie.

Ai, wanneer sal ek tog die NUWE Suid Sfrika verstaan ????

Anoniem ·

Dis die tekens van die TYE ! Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar die bose magte wat
los rondloop soos ‘n Brullende LEEU Word WAKKER MENSE VAN SUID-AFRIKA !!!!!!!!!!!

Han ·

Anoniem, “WORD WAKKER …!” om wát te doen? Wat stel jy voor?

Hanna Hoekom ·

En wat gebeur met die belhammels as hulle wel gevang word? Seker maar dieselfde as met die oproermakers en brandstigters daar in Hermanus: net mooi NIKS! Stop die treindienste aan hierdie gemeenskappe totdat die kriminele uitgelewer word. Maak dan n goeie voorbeeld van hulle…

Hoc est bellum ·

Dit word alles gedoen sodat die DA swak voorkom in die Wes-Kaap. Iemand het mos gesê: “We will make this country ungovernable!”

Sê net ·

Hoc est bellum,
Presies wat ek gedink het, toe ek die berig lees. Kan ook net nie onthou wie dit gesê het nie en waar ek dit gehoor het nie

jaco ·

PRASA wat die treindiens beheer, is ‘n nasionale staatsinstansie. Om tegnies te raak: dit word deur die ANC beheer. So die ANC breek hulle eie goed af om die DA-beheerde Wes-Kaap onregeerbaar te maak.
Iets maak nie sin nie. Net soos die ANC wat nie ANC-beheerde regering vra om petrolprys laer te maak. Iewers is 2 ANC’s en hulle weet nie van mekaar nie…

Colleen ·

Dit is te maklik om alles op appartheid te blameer Robert.

Se maar net ·

Wat van kry die Weermag op treine om orde te handhaaf. Skuus het ons land nog n Weermag?

Robert ·

Die punt van die saak is net dat alles wat goed is word besing en geloof as Mandela nalatenskap maar in der waarheid brand SA. Dit wat in die land huidiglik gebeur word inderwaarheid nie aangespreek nie en wat regstreeks afkomstig is van Mandela en die ANC.

Koos de Meyer. ·

Hierdie is ‘n Rivonia nalatingskap. Brand, moor, verwoes en so kan ons uitbrei. Dis ‘n mooi voorbeeld vir beleggers.

Willem ·

By ons, as hulle op TV die strate wys, sien mens net betogings en die skade wat agtergelaat is.

Chris Ws ·

Treindienste in die Weskaap moet heeltemal opgeskort word totdat die skuldiges uitgewys word.Daar is erens IEMAND wat iets gesien het .

KP ·

Dit is net nog n poging van die ANC om die Weskaap lam te le en dit dan voor die DA se deur te plaas. Sal nou sien hoe vinnig reageer Cele.

Gatvol vir treine ·

Die gemors het begin toe die wagte op die treine verander is en daar nie meer kaartjies gekyk word nie dit is mos free for all vir severe mense en die res moet net betaal. Die probleem moenie ons sin wees nie metrofail moet hulle werk begin doen

Flip Raath ·

Alle doelbewuste brandstigting is ‘n daad van tereur.

marous ·

Verkoop alles insluitend die stawe aan ‘n skrootwerf. Die mense wat dan moet loop kan die swernote self uitsorteer…op hulle eie tyd

John ·

Om treine aan die brand te steek moet brandstof of plofstof gebruik word en houers is nie onsigbaar nie. Mense moet daarmee rondbeweeg, installeer en aktiveer. Daar is ‘n groot groep wat saamwerk soos met kapings. Samewerking met personeel word beslis verkry. Afgetrede werkers krepeer van ellende en diegene met werk en salarisse help sluwes brande stig… tragies.

Penellope Jones ·

En nasionale regering weet skynbaar van niks.
Iemand sal hul dalk moet inlig . . . . . .
Sou hulle min of meer bewus wees daarvan, blyk dit dat hulle nie veel gepla is nie . . . .

Ja Nee ·

Die grap is die mense wat die treine brand is afhanklik self van die trein diens.

John ·

Kapenaars maak meer van die spoorwee gebruik vir vervoer. Dalk is taxi-base lank reeds suur daaroor. Kyk hoe moor hulle mekaar elders uit. Dit strek tot hul voordeel as minder treine beskikbaar is. Soek gerus die sondebokke waar treinspore afwesig is.

PJ ·

Ek dink… die taxi bedryf is veratwoordlik vir die terreur?? hoe minder trein-dienste hoe beter vir hul besigheid?

Pieter ·

Dis onwaarskynlik dat niemand ooit die brandstigters sien nie. Waarskynlik to bang om te praat. Sal nie verbaas wees as daar ook politiek by betrokke is nie.

Lizl ·

En môre staan en wag hy vir daai einste trein wat hy gister afgebrand het….

Elsa ·

Beulah, ek weet nie waar in die VSA jy woon nie, maar dis moeilik om te glo dat daar nog Amerikaners kan wees wat so oningelig kan wees. Ek dink nie daar is een huishouding in die VSA wat nie Internet het nie en indien mense belangstel, kan hul enige plek ter wêreld op die Internet bekyk om te sien hoe dit daar lyk. Ek het tussen 2000 en 2006 ‘n paar keer VSA toe gereis en altesaam 22 state besoek. Niemand het selfs daardie tyd al vir my sulke vrae gevra nie.

LB S ·

Iemand het nou die dag genoem dit is die manier van Kommuniste om anargie in die laat te laat plaasvind, begin om die transport te terroriseer… Mense kan nie by hul werke kom nie, diè wat nog werk het!

Anoniem ·

Han ! Die begrip ! WAKKER WORD beteken ! Laat ons rondom ons kyk en terug gaan na ons knieë toe en God se aangesig soek ! Hierdie alles het niks te doen met ‘vlees en bloed nie maar die bose magte in die Lug ! Sterkte BID BID hou aan BID, dit gaan alles verander ! ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.