Metrorail-trein brand in Braamfontein

Brand by Metrorail in Braamfontein (Foto: @bmashinini1/Twitter)

ʼn Brand het Vrydagmiddag uitgebreek op Metrorail-treinwaens in Braamfontein in Gauteng.

Lillian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail, het gesê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. “ʼn Volledige ondersoek is van stapel gestuur. Die betrokke waens was nie in diens nie. Dit is op die perseel vir instandhoudings- en herstelwerk.”

Mofokeng het gesê brandbestryders is na die toneel ontbied.

Die geraamde skade beloop ongeveer R50 miljoen.

“Metrorail-treindienste word nie geraak deur die brand nie. Geen beserings is aangemeld nie,” het Mofokeng bygevoeg. “Alle treine in Gauteng-Wes sal steeds bedryf word sonder enige ontwrigting.”

Metrorail se tegniese spanne is reeds op die toneel om die skade aan die vloot en infrastruktuur te bepaal sodra die brand geblus is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.