Meubels van miljoene rande kry glo voete by erfenisterrein

Freedom Park (Foto: Facebook)

Die DA het Sondag ’n beroep op Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, gedoen om ondersoek in te stel na vermiste bates van meer as R9 miljoen by die Freedom Park-erfenisterrein in Pretoria.

Veronica van Dyk, die DA se woordvoerder oor sport, kuns en kultuur, sê in ’n verklaring dit het Vrydag in ’n antwoord op ’n parlementêre vraag aan die lig gekom dat bates ter waarde van R9 811 762 vermis word.

“Dit is in teenstelling met getuienis in die DA se besit. Die party het briewe wat duidelik toon dat die erfenisterrein van Freedom Park nie vir R19 838 303,05 van sy meubels verantwoording kan doen nie,” het sy gesê.

Luidens die verklaring het Hulisani Ramugadi, uitvoerende hoof van Freedom Park, in Oktober verlede jaar briewe aan personeellede gerig met fakture vir “die nienakoming van die batebestuursbeleid” wat die beveiliging van die erfenisterrein se vaste bates betref.

Volgens Van Dyk is dit nie duidelik hoeveel personeellede fakture ontvang het nie, maar sommige werknemers is blykbaar nie meer of was nog nooit by Freedom Park werksaam nie.

Die DA wil nou duidelikheid kry oor die verskil tussen die twee syfers: of daar sedert Oktober verlede jaar byna R10 miljoen verhaal is, of iemand aan korrupsie skuldig bevind is, asook die indiensnemingstatus van alle persone wat fakture ontvang het.

“Ons sien al te lank hoe nalatigheid rakende openbare hulpbronne plaasvind sonder die behoorlike ingryping om die oortreders tot verantwoording te roep,” meen Van Dyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

koos10 ·

Terwyl julle besig is DA, wonder sommer ook oor openbare parke in Pretoria wat van alles gestroop word, meubels, onheinings, hekke ens. Gaan kyk gerus by een van die nuwer parke in Lady Selbourn.

Michael ·

Die meerderheid suid afrikaanse inwoners is bekend daarvoor dat hulle na niks kan omsien of iets positief kan doen nie ,seker net n kwessie van tyd dan plak hulle op die heilige grond waar jy jou skoene moet uittrek as jy daar besoek aflê……wat n grap.

Sarel ·

Oktober 2019….hoekom nou eers vrae vra. Skuldiges lankal weg met meubels en geld. Hoe kan meubels sommet ney verdwyn.

Hennie ·

Dit was Jan gewees! Hy het alles gevat en van die Rand af verdwyn… Kan net hy wees!

charmaine ·

Daai meubels staan lankal iewers in n Staatshoof of sy kinders se privaat wonings. Hoe kan meubles net verdwyn, ek was al daar en binne in die Park en dit is nie pophuis meubels nie dis nogals mooi duursaam. Iemand het gehelp laai en n ietsie “onder deur die tafels en stoele gekry”En Korrupsie, natuurlik dis SA!!!

Porseleintjie ·

Voorvaders het dit seker vir hulle gelos. Hoe dan anders?

antieke antie ·

ja om in die modderhutte en takhutte wat hulle vooruitgang was in die jare voor die beskawing hier gekom het….

Nie Verbaas ·

Die arrogansie van sekere mense is verbasend en wat my verstand te bowe gaan is dat hulle geensins gepla is oor nagevolge todat die papaja die fan nou oordentlik slaan nie. Dan is mense gewoonlik blatant en dink dat almal om hulle onnosel is.

Jan ·

Hulle is reg die boere is onnksel om hulle land en erfenis vir hul vyande te gee…

antieke antie ·

miskien is die houtmeubels al as vuurmaakhout gebruik… niks het mos waarde nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.