Meyerton-betogings vlam weer op

'n Betoging het op Dinsdag 19 Julie 2016 in Meyerton uitgebreek. Foto: Twitter via @PilanePule

‘n Betoging het op Dinsdag 19 Julie 2016 in Meyerton uitgebreek. Foto: Twitter via @PilanePule

Woedende betogers in Meyerton in Gauteng het Vrydagoggend weer bande aan die brand begin steek en paaie versper.

Maroela Media het vroeër berig dat inwoners sedert Dinsdag in die gebied betoog oor dienslewering, hoewel die situasie vroeg Vrydagoggend rustig was. Kort daarna het geweld in die gebied egter weer opgevlam.

Kapt. Fikile Funda, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat betogers weer paaie begin afsper het en dat die R551 steeds gesluit was. Funda het berigte ontken dat die R59 gesluit was en gesê daar is steeds ʼn vloei van verkeer op hierdie pad.

Hy het gesê dat die polisie “minimale geweld gebruik” om die skare uitmekaar te jaag, maar dat traangas weer Vrydagoggend afgevuur moes word. “Daar is talle polisiebeamptes en polisie-njalas op die toneel wat help om die betogers uitmekaar te dryf. Gerugte dat voertuie met klippe bestook word en winkeleienaars vrees dat hul winkels geplunder gaan word, is onwaar,” het Funda gesê.

Inwoners van die Sicelo- informele nedersetting, wat onder die Midvaal-munisipaliteit val, betoog oor ʼn tekort aan behuising, water en sanitasiegeriewe. Die polisie moes Woensdag traangas en rubberkoeëls gebruik om die betogers uiteen te jaag. Een persoon is in hegtenis geneem vir openbare geweld en vier sake van saakbeskadiging is by die polisie aanhangig gemaak nadat voertuie tydens die betoging beskadig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lance ·

Tog SO voorspelbaar …anc gedrewe ….nie so dom nie HALLOOO

at van jaarsveld ·

Hoop julle se WOEDENDE betogers stem Anc na verkiesing

Anti DA ·

Wat ek nie verstaan is het hulle geen verbeelding altyd dieselfde pak klippe op die pad of brand iets wat hulle kon gebruik het .Ek sou bv Nkandla gaan omsingel het of BY Luthuli huis gaan demonstreer het dis onskuldige mense wat geaffekteer word nie die skuldiges vir wie hulle kwaad is nie.

pieter ·

Swak swak hoe lank gaan dit nog aanhou ,wat kos dit die land se ekonomie ,hoekom begin hul nou betoog ,anc belowe sedert 1994 huise ,geriewe ens en belowe nog steeds maar die mense sal nog vi hul stem ,wat het geword van die skade sal betaal word deur digene in beheer van optog ,lyk my belasting betalers moet ma bly opdok ,ook gatvol nou

Lida ·

Dit is omdat dit DA gebied is en hulle wil dit afbring na ANC status. Wet en orde en sindelikheid is mos onaanvaarbaar

Gatvol ·

Die R59 IS partykeer toegemaak. Dit is nie onwaar dat mense se karre met klippe bestook word. Baie mense het skade gelei as gevolg van klip/rots gooiery. Dit het weer opgevlam nie, dit het nooit opgehou nie. Vra ons wat in Meyerton bly.

KarooKlong ·

Die anc vry al lank vir Midvaal. Kyk hoeveel dekking geniet hulle hier. Sal lyk my enige manier probeer om ander partye in ‘n swak lig te stel.

James ·

Al moet ek my lewe gee midvaal SAL ANC word dankie my comareds viva ANC we thank you for the votes.

Manie ·

Kan nie verstaan hoe mense toegelaat word om klippe na karre te gooi sonder enige gevolge. Hulle kan jou dood veroorsaak en die wet sê jy mag jou lewe beskerm. As hulle my sou aanval sal daar lyke wees

James ·

Sorry about my afrikaans maar ons gaan Midvaal wen . Viva ANC we will succeed.

jan ·

Ai james jammer om te hoor julle dink so maar wat julle nie besef nie is julle vat die nodige gelde vir vooruitgang uit jou eie mond uit so in direk gaan jy jouself laat honger lui in die toekoms want gelde wat n huis kon bou moet nou n pad regmaak en borde vervang aai swak gedink

Ewewigtigheid ·

Sou 67 minute opbouende gesprek / rede / verstaan / gevolge daadwerklike optrede van hierdie soort destruktiewe aktiwiteite iets beteken? Soveel teenstrydighede en wanpersepsies.

Erik ·

Dis regtig hartseer om sulke gedrag te sien, kyk tussen die lyne en die wat die amok maak het nog nooit n dag se werk in hul lewe gedoen nie en het geen waardes nie. Fight by the sword and you will die by the sword

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.