Meyerton-gesin, honde dood in huis aangetref

Hans Roos, sy vrou Susan en hul seun Hansie (Facebook/Hans Roos)

Inwoners van Meyerton is in absolute skok gelaat nadat die polisie verlede Woensdagmiddag op drie ontbinde liggame van ʼn gesin – asook die ontbinde liggame van hul honde – by Suikerbosstraat in Gholfpark afgekom het.

Volgens konst. Tlaleng Moloi, polisiewoordvoerder, is die polisie na bogenoemde adres ontbied nadat bure glo oor onaangename reuke en massas vlieë in die buurt begin kla het.

“By hul aankoms was die huis se vensters deur vlieë omring.

“Toe die polisie die huis binnegaan, het hulle op die drie ontbinde liggame van Hans Roos, sy vrou, Susan, en hul seun, Hansie, afgekom. Die gesin se honde is ook dood aangetref,” sê Moloi.

Sy sê die rede vir die gesin – en hul honde – se dood bly in hierdie stadium ʼn raaisel.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek is egter geopen en die saak word tans deur die polisie ondersoek.”

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting gedoen om die ondersoekbeampte, ao. Madaisela Jimmy Kekana, by 073 780 9154 of 016 360 4700 te kontak of die teenmisdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

Hans Roos en sy vrou Susan (Facebook/Hans Roos)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

elenor ·

Hoe op dees aarde het ons mensdom so afgesondered van mekaar begin leef dat NIEMAND hierdie gesin gemis het nie?????

ronel ·

Meer tragies is die feit dat Meyerton Polisie nie n vinger gaan verroer om die saak op te los nie! Hulle weiering om sake aan handig te maak, te ondersoek of enigsins n krimineel in hegtenis te neem is alom bekend. Ek is bitter jammer vir die naas bestaandes in die tragedie, want geregtigheid sal hier nie seevier vanaf die polisie se kant nie.

Roek ·

Die lewe is baie moelik , dit is baie tragies ! Sterkte vir die familie en vriende !

Di ·

Dis so hartseer, dink die onsekerheid in die land asook al die geweld maak dat mense nie meer kan sien om aan te gaan nie. Hoop hulle kry antwoorde op hierdie tragiese insident.

Koen ·

@ronel. Dit was ‘n gesinsmoord en selfmoord. Wat moet die polisie doen?

Misky ·

@Koen, waar het jy dit gehoor? Ek verstaan volgens berigte die saak en omstandighede word nog ondersoek

Koen ·

@Misty. Lees maar wyd. Interressant dat jy te vertel het dat die saak ondersoek word en @ronel kerm dat dit nie ondersoek word nie.

Danie ·

Wel dis die era waarin ons leef nie eers die bure gee om nie.Honde ook dood daar was groot fout.Dalk sal ons binnekort ingelig word.Rus in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.