Meyerton weer rustig ná betogings

'n Betoging het op Dinsdag 19 Julie 2016 in Meyerton uitgebreek. Foto: Twitter via @Philly24492571

‘n Betoging het op Dinsdag 19 Julie 2016 in Meyerton uitgebreek. Foto: Twitter via @Philly24492571

Die situasie in Meyerton is weer onder beheer nadat gewelddadige betogings Dinsdag in dié dorp net noord van Vereeniging in Gauteng uitgebreek het.

Kapt. Fikile Funda, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie handhaaf steeds ʼn sterk teenwoordigheid totdat spanning in die gebied opgeklaar het. “Alle paaie wat voorheen deur betogers versper is, is weer oop vir gebruik behalwe die R551. Die R59 en Meyerstraat is ook oop vir gebruik,” het Funda gesê.

Lede van die Sicelo- informele nedersetting wat onder die Midvaal-munisipaliteit sorteer, het Dinsdag paaie versper en bande aan die brand gesteek uit ontevredenheid oor dienslewering. “Hulle soek huise, water en behoorlike sanitasiegeriewe,” het Funda gesê.

Die polisie moes Woensdag traangas en rubberkoeëls gebruik om die betogers uiteen te jaag. Een persoon is in hegtenis geneem vir openbare geweld en vier sake van saakbeskadiging is by die polisie aanhangig gemaak nadat voertuie tydens die betoging beskadig is.

Die publiek word aangeraai om vir tyd en wyl eerder van die R59 en Pierneefrylaan gebruik te maak, het Funda gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andries Vermeulen ·

Wil net graag weet of die mense gaan betaal vir die dienste waarop hul staatmaak, want indien hul in die verlede daarvoor betaal het sou hul die dienste gehad het en dit nie nodig gewees het om die strate in te vaar?

Alice ·

Ja hulle kry mos alles daar verniet en wil net nog he. Maar dit was n week van vreeslik vroeg ry en vreeslik sukkel om weer by die huis te kom hoop dis nou genoeg gewees. Dankie vir die CPF wat gehelp het – hulle was vroeg oggend sigbaar en kon ons uit Meyerton kom.

Gatvol ·

Ek bly in Meyerton. Hierdie betogings het eintlik niks met dienslewering te doene. Dit is ‘n goed uitgewerkte poging van die ANC om die goed geadministrateerde DA Stadsraad omver te gooi!

Lance ·

Dis die anc wat dit so bewerk ..nou desperaat om DA slegte naam te gee daar …intussen gaan dit BAIE goed daar …was self laasweek daar en dinge kon mens sien lyk baie beter as in PTA …anc is met rug teen die muur nou !

James ·

Die ANC sal die keer midvaal oorwin viva ANC we will succeed .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.