MH370: Nóg ʼn SA’ner sal wrakstuk oorhandig

Neels Kruger by die wrakstuk, vermoedelik van Vlug MH370 wat hy in Mosselbaai opgetel het (Maart 2016) Foto: EWN

Neels Kruger by die wrakstuk, vermoedelik van Vlug MH370 wat hy in Mosselbaai opgetel het (Maart 2016) Foto: EWN

Nelius Kruger (35), ʼn argeoloog van Pretoria, het vandeesweek gesê hy wag om ʼn vliegtuigwrakstuk aan owerhede te oorhandig, wat vermoedelik aan die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370 behoort.

Kruger het Dinsdag aan dpa gesê hy het Maandagmiddag langs ʼn strandmeer op ʼn strand buite Mosselbaai gestap toe hy die stuk “vreemde materiaal” opgemerk het. “Toe ek die stuk gesien het, het ek geweet dis nie gewone oseaanrommel nie,” het hy verduidelik. “Ek het ʼn byekorfagtige struktuur in die middel opgemerk ʼn ʼn metaalstuk bo-op. Ek het dit omgedraai en die onderste lyne van die Rolls Royce-embleem gesien.”

Kruger het verduidelik hy is ʼn lugvaartentoesias en dit is ʼn embleem wat hy al talle kere op vliegtuigenjins gesien het.

Die wrakstuk wat Neels Kruger in Mosselbaai opgetel het, vermoedelik afkomstig van Vlug MH370 (Foto: AP Photo/Neels Kruger)

Die wrakstuk wat Neels Kruger in Mosselbaai opgetel het, vermoedelik afkomstig van Vlug MH370 (Foto: AP Photo/Neels Kruger)

Hy het foto’s van die stuk geneem en dit aan die Australiese vervoerveiligheidsburo (ATSB) gestuur, wat aan die hoof staan van die onderwatersoektog na MH370 in die suidelike Indiese Oseaan.

Beamptes by die ATSB het Kruger versoek om die wrakstuk in borrelplastiek toe te draai, totdat hulle dit in Suid-Afrika in ontvangs kan neem.

Maroela Media het vroeër berig die minister van infrastruktuur en vervoer in Australië het bevestig twee vorige wrakstukke wat in Mosambiek opgetel is, onderskeidelik deur ʼn Amerikaner en ʼn tiener van KwaZulu-Natal, is “hoogs waarskynlik” wrakstukke van die vermiste vliegtuig. ʼn Deel van die vlerk is verlede jaar op Reunion-eiland opgetel.

Malaysia Airlines Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 tussen Kuala Lumpur en Beijing verdwyn met 239 persone aan boord.

Lees alle vorige berigte oor Vlug MH370 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Susan Thom ·

Ek wil net se…ek dink en glo dat MH370 naby SA en Mozambiek neergestort het, en daarom het di wrakstukke wat nou hier opgetel is, nie lank ini see gele nie. Die flaperon wat hle gekry het, het natuurlik in.die seestrome na n lang tydperk weer na die anderkant van die oseaan gespoel, daarom die see alge en barnicals op di vlerk. Ek se hulle moet meer hierdie kant toe by Kaap en Mozambiek in die see na di wrak gaan soek. Hulle soektog is te ver uit. Hoop hle kry dit hierdie kant
Dit maak heeltemal sin dat di stukke hier, glad nie lank in di see was nie, wat se dat die vliegtuig naby neergestort het en so van die stukke uitgespoel her her wat toon dit was nie lank ini see nie
Dis maar net my opinie.

Luister ·

Nie lank in die see nie? Die vliegtuig het meer as 2 jaar gelede verdwyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.