Micaylen (14) se moordenaar gevonnis

hof-hamer

Argieffoto.

Die man, wat verlede jaar in hegtenis geneem is vir die moord en wrede verkragting van die 14-jarige Micaylen Hendricks, is Dinsdag gevonnis.

Andre Tieman (22), wat skuld erken het op die aanklagte teen hom, is in die hooggeregshof in Port Elizabeth tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy is ʼn bykomende jaar tronkstraf opgelê vir diefstal. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Maroela Media het vroeër berig Micaylen is op Vryheidsdag in 2016 as vermis aangemeld, nadat haar ma haar winkel toe gestuur het om doeke te gaan koop vir haar babasussie en sy nie weer teruggekeer het nie. Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang wat hulle na ʼn plakkershut in die Moeggesukkel informele nedersetting gelei het, waar hulle op Micaylen se liggaam afgekom het.

Volgens die staat het Tieman Micaylen sien loop en haar toe met die leuen, dat hy haar ma se selfoon in sy besit het, na sy plakkershut gelok. Tieman het getuig hoe hy die 14-jarige wreed verkrag en toe verwurg het, omdat haar hulpkrete hom kwaad gemaak het.

“Nadat ek haar vermoor het, het ek haar in ʼn kombers toegedraai en met ʼn plafonbord bedek. Ek het haar toe onder die venster neergesit en gaan dagga rook,” het sy verklaring gelui. Tieman het ook haar Nokia-selfoon gesteel wat later in sy besit gevind is.

Nadat Micaylen se liggaam opgespoor is, het die gemeenskap Tieman se plakkershut afgebrand.

Regter Irma Schoeman het gesê sy het die misdaad, die gemeenskap se reaksie, Tieman se persoonlike omstandighede en sy skulderkenning in ag geneem het toe sy die vonnis opgelê het.

Schoeman het ook gesê sy kon haar net indink hoe bang Micaylen moes gewees het toe Tieman haar oorval het. Micaylen het net 40 kg geweeg en kon niks doen om die aanval af te weer nie.

Sy het gesê die moord op Micaylen het ʼn baie ernstige uitwerking op haar gesin gehad, spesifiek op haar babasussie (3) wat glo gereeld vra waar haar sussie nou is. Micaylen se ma kon ook nie die hofverrigtinge bywoon nie. Sy het gesê dit sou vir haar te traumaties wees om die detail van haar dogter se moord aan te hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Reinette ·

Volpunte vir die gemeenskap wat sy huis afgebrand het. Maar hulle kon hom ook sommer aan die brand gesteek het.

m ·

Stem 100% saam jou Reinette. Gemors soos hierdie moet uit die samelewing verwyder word.

Rika ·

Daar is soveel prostitute ens wat meer as bereid is om seksuele gunsies ens te verskaf. Hoekom moet n onskuldige kind verkrag en doodgemaak word omdat n gemors nie sy lus onder beheer kon hou nie. Hoop hy word ook elke dag in die tronk wreed verkrag.
Sterkte aan die ouers en klein sussie

Annakapat ·

Verkragting is ‘n magsdaad – ‘n prostituut sou nie dieselfde bevrediging vir die misdadiger teweeg bring nie daarom dat verkragters hulle nooit na prostitute wend nie.

tamboti ·

Dankie Regter Irma Schoeman, ek is seker jy sou ook beter voel as die gemeenskap hom self gevonnis en gestraf het.

Renette ·

Wonder maar net altyd as hulle oraat van “wrede” verkragting, is sommige verkragting dan minder vreed?

Klink moeilik ·

Hi Renette, ek dink ook altyd 2 keer daaroor, my opinie soos ek kennis dra, enige seks sonder toestemming is verkragting en verskriklik verkeerd, maar sekere mans sal bv net die seksdaad pleeg, dalk ferm vasdruk of dreig. Ander soos die gemors sal wreedaardig dit doen en sjoe dit is sooooo wreed en mens kan dit nie hier beskryf nie, maar die dogtertjie sal baie erge seksuele beserings opgedoen het en dalk beide kante… sorry dit is te erg, so behoort dit jou ook ‘n idee te gee van wat eintlik bedoel word met “wreed verkrag” ons gewone mense kan ons dit nie indink en hoe hy dit oor sy hart kon kry nie.

Te ligte straf ·

Dankie aan die Polisie / staatsaanklaer en die Regter, ten minste is hy vir ‘n redelike tydperk gebere, wens net die straf kon werklik vir die res van sy misrabele lewe gewees het. Soos iemand bo verduidelik, dit is ‘n magspel en hy sal dit weer doen as hy uitkom, dit kan dalk voor hy 40 wees, wie se mooi poppie gaan dit dan wees. Ek moet myself keer om nie saam met ‘n kommentator te wens die gemeenskap kon hom saam met daai hut uitbrand nie!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.