Midas-winkeleienaar in Benoni doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Die 41-jarige eienaar van die Midas-winkel in Benoni aan die Oos-Rand is Sondagaand in sy winkel doodgeskiet.

Kapt. Mack Mngomezulu, ʼn woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê die slagoffer, Zafrullah Bham, het Sondagaand na sy winkel teruggekeer omdat die alarm afgegaan het.

“Sy vrou het later onraad vermoed toe hy nie sy selfoon antwoord nie, en het hul seun gevra om te gaan ondersoek instel,” het Mngomezulu gesê. “Die seun het op sy pa se liggaam afgekom.”

Bham se liggaam is aan die agterkant van die winkel aangetref. Sy hande was vasgebind en hy is in die bolyf geskiet.

Die winkel se kasregister was oop en ʼn paar muntstukke het op die vloer gelê.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.