Middelburg-meisie sedert Donderdag vermis

Neline van Zyl.

Neline van Zyl.

ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn 13-jarige meisie van Middelburg in Mpumalanga wat Donderdag spoorloos verdwyn het.

Volgens Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, is Neline van Zyl glo omstreeks 14:00 vir die laaste keer in die omgewing van Hoër Tegniese Skool (HTS) Middelburg gesien. Neline is ʼn leerling aan Laerskool C.R. Swart.

Haar ouers het haar as vermis aangemeld nadat sy nie later die middag teruggekeer het huis toe nie. Die polisie en die gemeenskap soek sedertdien onverpoos na haar.

Neline is skraal gebou, het donkerbruin oë en lang ligte bruin hare. Sy weeg 52 kg en is 1,59 m lank.

Ena Calitz Piloda, ʼn inwoner wat nou betrokke is by die soektog na Neline, het Maandag op Facebook gesê ʼn anonieme persoon het ʼn beloning van R12 000 uitgeloof aan enigiemand met positiewe inligting wat kan help om haar op te spoor. Inligting kan gestuur word aan  [email protected], of bel haar by 082 415 8029. Mense kan ook ao. Kevin Gumley by 013-249 1608/1601, of Pink Ladies by 072 214 7439 bel.

Rechner het ʼn beroep op mense gedoen om pamflette met inligting oor haar verdwyning op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand haar sal herken.

neline van Zyl vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nico ·

Hemel, my hart breek. Het ook ‘n dogter van 13. Ek hoop sy word ongedeerd gevind.

Magda ·

Julle is in ons gebede, ons bid vir haar veilige terugkeer.
Moed hou

Bleek Sannie ·

Arme kind, mag sy veilig aan haar ouers en geliefdes terugbesorg word.

Peet Schabort ·

Ek sien op die webwerf van die Middelburg Observer dat die gemeenskap besig is om Middelburg en omgewing te fynkam. Voorwaar samewerking soos min.
Sterkte aan almal betrokke.

willem pretorius ·

Dit is hartseer dat daar so baie kinders is wat verdwyn. Ons dank hulle dat dit so oor facebook kan versorei word. Kan daar dalk opvolg berigte geplaas word on Te sê of die kinders gevind is of nie en onder watter omstandighede. Baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.