‘Middelman’ tussen Transnet, Gupta-verwante maatskappye vas

’n Verdagte wat vermoedelik as ’n sogenaamde middelman tussen Transnet en die Gupta-verwante maatskappye Regiments Capital en Trillian gedien het, is Dinsdagaand by die OR Tambo-lughawe vasgetrek.

Die verdagte is op die lughawe in hegtenis geneem voordat hy omstreeks 19:00 ’n vlug na Dubai kon haal.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat, sê die inhegtenisneming hou verband met geldwassery van die opbrengs uit kontrakte wat Transnet onbehoorlik aan Regiments Capital en Trillian toegeken het.

Die inhegtenisneming hou ook verband met geld wat by Transnet se Tweede Vastevoordelefonds (TVVF) gesteel is.

Maroela Media het vroeër berig die ondersoekdirektoraat het in 2019 ’n beperkingsbevel van meer as R1 miljard teen Regiments Capital verkry.

Die bevel, wat sowat ’n jaar later omgekeer is, het verband gehou met klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery teen Regiments toe hy as transaksieraadgewer vir Transnet opgetree het en ’n beleggingsdiens vir Transnet se TVVF gelewer het.

Regiments het glo sowat R1 miljard danksy onregmatige kontrakte van die staatsinstelling bekom.

Trillian het ook in die proses winsgewende kontrakte ter waarde van miljoene rande van Transnet gekry.

Die verdagte sal na verwagting vandag in die Palm Ridge-handelshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

En nog niemand agter tralies nie. Net nog n rookskerm van ANC?

Wielspore

Nou vra die ANC in sy 2021 verkiesings manifes dat die kiesers hulle nog ‘n kans gee. Hoeveel geleenthede het die ANC al gehad sederd 1994 om ‘n verskil te maak in ons land. Die enigste mense wat in die tyd baatgevind het was ANC lede wat die land se geld gestroop het vir eie gewin.
Sluit die skelms toe, sit hulle in ‘n plek wat hulle verdien.

Diline

Die spreekwoord se mos “You can run but you cannot hide” Mens kan net SO lank wegkom met misdaad dan haal dit jou in – KARMA

Pablo

Die saak sal seker eers in 2060 afgehandel word. He he eeeeee

Magda

Wys sy gesig en se sy naam asb. Klomp human scum