Midrand-ongeluk eis drie

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Drie mense is Donderdagaand dood en sewe is beseer tydens ʼn ongeluk in Midrand, Gauteng.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op Daneweg naby Westweg in Austin View plaasgevind. “ʼn Minibustaxi en ʼn swaarvoertuig het mekaar gedeeltelik reg van voor getref,” het Steinmann gesê.

Drie mense wat in die taxi gery het, is op slag dood. Sewe persone het matige tot ernstige beserings opgedoen. “Die pasiënte is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik ·

Ek werk in Samrand omgewing en elke dag word ons blootgestel aan die boefagtige padgedrag van die taxis. JMPD en TMPD staan net en toekyk terwyl die motoriste geintimideer word deur hierdie gemors. Die motoriste moet maar oorleef in die chaos. Die Metro Polisie is net nie teenwoordig tydens al hierdie verkeersoortedings nie. Soos hiemand genoem het : Hulle is soos dassie. Hulle kom net uit as dit sonnig en veilig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.