Mienke se ma ‘nog nie Verna nie’

Mienke in die hospitaal. Foto: Facebook.

Ryno Mulder, baba Mienke Mulder se pa, het Sondag aan Maroela Media gesê dit gaan beter, maar nog nie goed met Verna, Mienke se ma, nie.

Maroela Media het Saterdag berig Verna het Vrydagmiddag ʼn hartstilstand ondervind.

Ryno sê dat dokters nou besig is met verskeie toetse in ʼn proses om verskillende moontlikhede van oorsake uit te skakel.

“Verna is nog nie Verna nie. Sy is al ʼn mamma, maar sy is nog nie Verna nie. Sy vra heeltyd na Mienke en wil na haar gaan maar sy mag nog nie. Hulle is vreeslik streng in ʼn waakeenheid waar babas behandel word. Ek kan jou nou sê, daardie is nie ʼn plek waar enige ouer of kind moet wees nie,” het hy gesê.

Verna word in ʼn algemene saal van ʼn Midrandse hospitaal behandel.

Mienke is ook nog onder verdowing. “Sy is rustig, hulle gee nog vir haar voeding deur die drup in haar nek.” Mienke sal na verwagting nog ʼn paar dae in die hospitaal bly.

Ryno sê hy sal moreaand ná werk in Nelspruit weer terugry na die hospitaal. Die ander kinders se ouma kyk tans na hulle tuis.

Verna Mulder. Foto: Facebook.

Ryno het Vrydag op Facebook geskryf: “Verna is opgeneem in die een saal, Mienke is in die gang af in die ander saal, ek vind myself in die gang stilstaan, net daar gaan sit ek en bid vir my 2 diamante. Verna hierdie man het jou nog baie meer nodig as wat jy besef, letting go on you is definitief nie op my lys van take nie – en sommer nooit nie. Sterk aan my skat, ek het genuine my sterre los geskrik. Jy moet rus, jy is net ʼn mens, jy moet rus kry.” [sic]

ʼn Ooggetuie het glo vir hom vertel dat Verna by Mienke was toe die voorval plaasgevind het.

Maroela Media het vroeër berig klein Mienke is op 25 Augustus na die hospitaal gehaas toe sy glo aan melk verstik het. Volgens mediese personeel was sy ʼn geruime tyd sonder suurstof. Sy is vir etlike weke in die hoësorgeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal verpleeg.

Die gesin het vroeër gevra vir gebede en vertel dat hulle vasklou aan hul geloof. Die Facebook-blad Please Pray for Mienke gee daagliks meer inligting oor Mienke se vordering. Vir meer inligting besoek Please Pray for Mienke op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ada ·

Wat n pragtige poppie en ma. Ai my hart gaan uit na julle.Dankie vir die pa wat so sterk moet wees vir sy gesin.Dink aan jou en hele gesin.Hoop alles verbeter spoedig.

Engela de Klerk ·

Hierdie mense gaan deur ‘n geweldige stresvolle tyd en ek kan ABSOLUUT verstaan as baba Mienke se mamma net gevou het. Ek wonder of sy nie straks ‘n pasaangeër (pacemaker) nodig het vir haar hart nie! Ek bid vir haar man. Wat ‘n pragtige gesin en my hart gaan so uit na hulle.

Pou ·

Dankie vir jou gewonder Engela, is seker die dokters sal ook so wille raai vat soos jy.

Annelize ·

Ek stem Engela. HIerdie vrou is al maande en maande aan die uiterste spanning onderworpe, ordentlike rus is haar nie beskore nie. Dis net uithou, moed hou en aangaan, 24/7, 365. Erens moes iets net eenvoudig ingegee het.

EK hoop van harte dat Verna, volkome sal herstel. Sy is ‘n absolute rots vir haar gesin en net so beeldskoon van binne, as van buite. Familie en vriende moet nou meer as ooit, laer om Verna en haar gesin trek, en hulle in gebed, woord en daad bestaan. En moenie vergeet van Pappa Ryno nie, al kyk ons altyd na die man as die hoof van die huis, as die Superman en Superdad, hy is ook net ‘n mens.

Anoniem ·

Hierdie vrou het ‘n lieflike bos hare… sy is pragtig selfs in hierdie hartseer omstandighede.

Mariette ·

Hoe skaam kry ek as ek dink hoe nietig my probleme is teenoor dit waardeur hierdie gesinnetjie moet gaan, My hart gaan uit na hulle en ek het lanklaas n gesin gesien wat so mooi van binne en buite is. Sterkte!

Gesiggie ·

Ons sal jou elke dag in ons gebede opdra Verna… God sal jou weer beter maak, jy moet net rus, en weet Die Engele van God is om jou en Mienke,,, een van die dae is jul altwee weer gesond en terug by huis… Sterkte en dink aan jul

Corrie ·

Ryno sterkte aan jou en die familie. Jou 2 diamantjies sal ok wees! Hoop, geloof en liefde sal hulle deur trek. Ons bid vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.