Mike Mlengana se skorsing skok

Mike Mlengana. Foto: Departement landbou, bosbou en visserye.

Agri Limpopo het sy ontsteltenis uitgespreek oor die skorsing van Mike Mlengana, direkteur-generaal van die departement landbou, bosbou en visserye.

“Soos meeste landbou-organisasies het Agri Limpopo ʼn besonder goeie verhouding met meneer Mlengana. Sy hart vir landbou en sy besonderse begrip vir die omstandighede van boere op grondvlak, het hom in ʼn kort tydjie die guns en vertroue van boere laat wen,” het Theo de Jager, voorsitter van Agri Limpopo se landbou-ontwikkelingskomitee, gesê.

De Jager meen dit is jammer dat landbou vir ʼn onbekende periode sonder Mike se betrokkenheid sal moet voortgaan.

“Daar is vele sake waaroor beleidsonsekerheid heers. Die ANC se afgelope beleidskonferensie het dit nie verminder nie. Die aanmars tot die ANC se Desember-leierskapskonferensie gaan waarskynlik ook nie ʼn bydrae lewer om sekerheid te verbeter nie,” het De Jager gesê.

“In tye soos hierdie sou dit goed gewees het vir landbou as ons met die DG waarmee ons reeds ʼn verhouding opgebou het, oor landbousake kon praat. Nou is ons daardie kans ontneem,” het De Jager bygevoeg.

Leon Borcherds, president van Agri Limpopo, het gesê dit is jammer dat daar soveel geheimhouding is oor die werklike redes vir Mlengana se skielike skorsing.

“Dit gee aanleiding tot bespiegelinge in landboukringe dat die ondersoek na die hantering van droogtehulpfondse die rede is vir sy skorsing. Ons kan net hoop dat die ondersoeke wat Mlengana se skorsing genoodsaak het, baie vinnig en volledig afgehandel sal word sodat bestendigheid tot onderhandelings rakende die landbousektor kan terugkeer,” het Willem van Jaarsveld, HUB van Agri Limpopo, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hasie ·

Mike Mlengana is seker ‘n eerlike en reg verdien man, en dit is iets wat die ANC nie kan vat nie. Hoe meer jy kan lieg en korrup is, hoe hoer word jy gepromifeer.

Vryheid ·

So waar is die geld van die droogtehulpfonds? Soos almal nou al weet is daar n slang in die gras wanneer die anc met fondse werk.

willie ·

in die hierdie NSA is daar nie plek vir mense wat hul werk reg doen nie!

Cherokee ·

Hasie en Wille, julle praat vinnig… en dit terwyl daar bespiegelinge is dat dit verband hou met droogtehulpfondse. As jy nie so vinnig besluite neem nie is die kanse kleiner dat jy later op jou neus sal kyk. Miskien is dit waarom mense so dikwels van gebruikersnaam verander.

Daan Erasmus ·

Lees gerus die ander media oor die moontlike redes vir die skorsing. Hy word gestraf omdat hy sy werk doen.

Ander Annie ·

Dit het te doen met die droogtefonds. Meer koppe gaan waai. Ek is jammer om dit te lees van Mike. Not moet die proses sy loop, loop. Eers dan sal ‘n mens weet.

Scalla ·

In Noordwes provinsie het sekere sogenaamde opkomende boere fondse ontvang wat nie eens grond of vee besit nie. Begin sommer by die munisipale amptenare wat konkel om staats grond in ander comrades se name te huur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.