‘Mikrogolf’ ry op die snelweg rond

(Foto verskaf deur JMPD)

David Tembe, hoof van die Johannesburgse metropolisie, het Vrydagoggend omstreeks 09:30 ʼn taxi in die noodbaan van die M1-suid by Glenhove-afrit voorgekeer.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het gesê daar is bevind dat die taxi nie gelisensieer is nie en die lisensieskyf beskryf herstelwerk aan mikrogolwe en wasgoedmasjiene. “Dit was bisar. Die taxi is geskut vir verdere ondersoek” het hy gesê.

Agt ander taxi’s is ook op dieselfde plek met R500 elk beboet nadat hulle die noodbaan gebruik het. Dié voertuie is ook geskut omdat hulle onpadwaardig was, het Minnaar bygevoeg.

“In ʼn afsonderlike gesamentlike operasie deur die JMPD se honde-eenheid, Gauteng-verkeerspolisie en die Valke, is daar Donderdagaand ʼn klopjag uitgevoer op die Dube-hostel in Soweto. Vier mans is in hegtenis geneem, waarvan twee verdink word van die dubbele moord en skietery op JMPD en polisiebeamptes in Mei. Al vier verdagtes word by Meadowlands-polisiestasie aangehou,” het Minnaar gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ander Annie ·

Geen wonder daar is soveel taxi ongelukke. So word daar elke dag met onskuldige mense se lewens gespeel.

Cor ·

Aag kom aan surintendent dit is defenitief nie die eerste keer wat julle so iets sien nie. Daar is erger gevalle as dit en hoekom nou die taxis vang wat in die noodbaan ry. Het julle skielik vanoggend opgestaan en besluit vandag is die dag vir skrik maak. Ek het al gesien dat terwyl die metro voor of agter my ry dat die taxis daar ey en nog groet ook.

André ·

Dis goed, maar is ‘n druppel in die emmer. Dit gebeur gedurig oral in die land.

m ·

nie noodwendig van toepassing op die berig….. die lisensieskywe. Maar wie vorder die boetes in ? To me it’s fruitless and wasteful expenses pulling people off, giving them fines but no one recovers the fines. I cant believe we are still moving money around in marked vehicles. There are so many smart people at the top of the foodchain who can make new plans to make the moving of money safe. Private cars and private security companies…here’s the solution… Even if your not a relilious person, start to love and care for everyone around you. That law comes from God. You will realise your heart will change and so will others. The love will spread God will smile on us and He will get the glory. Crime will decrease when people love each other. When God changes people, enemy has a chance. Spread the love. It starts with us. Yes with me and you. Teach it to your children. Be thankful for each new day, love God with your everything and your love your neighbour like you love yourself. shalom Forget about all the national day and make everyday Love Day.

Goeie werk ·

Goeie werk Polisie, van taxi’s tot moordenaars, absolute goeie nuus.

Lizelle Gibson ·

Kyk, niemand kan sê die ou is nie vindingryk nie ?

Tasha ·

Ja Onskuldige Mense word dood gemaak a.g.v onpadwaardige Taxi’s en Tax Gelde word vir Road Accident Funds betaal a.g.v ….. dis glad nie snaaks nie hoelank ry die Mnr al so rond met daai Taxi sies dis ‘n skande. En Onskuldige mense moet vir hulle gesinne sorg deur middel van vervoer wat hulle nie eens kan vertrou nie en ander onskuldige padverbruikers moet ook boet met hulle lewens NEE SIES MAN….. Sulke Taxi’s moet geskraap word en moet nooit weer die pad sien nie…

Koos ·

Julle berig is misleidend. Die stukkie papier gee nie eers voor om ‘n lisensieskyf te wees nie. Hy kon net sowel met ‘n vervalde een gery het wat meer realisties sou voorkom. Fokus eerder op voertuie wat se nommerplate deur sleepstange versper word of motorfietse sonder enige plate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.