Mikrovliegtuig stort neer in Irene

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Direkteur van die Irene-melkplaas in Centurion is glo Vrydagaand ernstig beseer na ʼn mikrovliegtuig naby Nellmapiusweg neergestort het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê een persoon, glo die vlieënier, is ernstig beseer en is onmiddellik na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling. Die passasier is nie beseer nie en is op die toneel ondersoek.

Anthony McKay, hoofbestuurder van die Irene-melkplaas, het aan Maroela Media gesê hulle wil nie in die stadium kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.