‘Militêre geboue’ gebombardeer

Ontploffings en geweervuur is sedert Donderdagoggend oor die hele Oekraïne gehoor ná Rusland Oekraïne ingeval het (Foto: Anatolii Stepanov, AFP)

’n Oekraïense militêre vliegtuig met 14 weermaglede aan boord het Donderdag suid van Kiëf in Oekraïne neergestort.

Volgens nooddienste is dit nog nie duidelik hoeveel mense in die ongeluk dood is nie. Die voorval het sowat 20 km suid van Kiëf plaasgevind.

Ontploffings en geweervuur is sedert Donderdagoggend oor die hele Oekraïne gehoor ná Rusland Oekraïne ingeval het.

Daar is tans berigte oor Russiese aanvalle op Oekraïense militêre infrastruktuur oor die hele land. Meer as 30 Oekraïense burgers is ook reeds dood, onder wie minstens 18 mense naby die hawe van Odessa in ’n missielaanval.

BBC berig ’n video het te voorskyn gekom wat duidelik ’n missielaanval op die Ivano-Frankivsk-lughawe in die weste van Oekraïne wys.

Foto’s van dik swart rook langs die Oekraïense ministerie van verdediging se intelligensiehoofkwartier in Sentraal-Kiëf word ook op sosiale media versprei. Volgens die regering is die hoofkwartiere ongeskonde en die rook blyk uit ’n groot brand langs die gebou te kom. Getuies het gesien hoe mense in uniform sakke op die vuur gooi om vlamme in bedwang te bring.

Sommige van Oekraïne se militêre bevelsentrums is deur Russiese missielaanvalle getref.

Owerhede sê minstens ses mense is net buite Kiëf, in die dorp Brovary, dood ná afloop van ’n reeks missielaanvalle.

’n Residensiële gebou in Chuguev is ook vernietig nadat dit deur Russiese magte gebombardeer is.

’n Residensiële gebou in Chuguev is ook vernietig nadat dit deur Russiese magte gebombardeer is (Foto: Aris Messinis, AFP)

CNN berig nóg drie Russiese helikopters is in die Kiëf-gebied neergeskiet. Vyf helikopters is reeds vroeër vandag neergeskiet.

Die Russiese weermag het egter in ’n verklaring verskeie aansprake gemaak oor die aard van sy inval en die regverdiging daarvoor. Volgens die land teiken hy met sy aanvalle slegs militêre infrastruktuur.

Rusland sê die aanval teen Oekraïne is van stapel gestuur om die Russies-gesteunde separatistiese gebiede van die Donbas te beskerm, wat volgens Rusland deur die Oekraïense weermag aangeval is.

Kenners sê egter dié verduideliking is nie die werklike rede vir die inval nie en Westerse regerings waarsku al weke lank dat Rusland ’n voorwendsel sal skep om ’n inval te regverdig.

Reaksie op konfliksituasie

‘n Inwoner van Oekraïne bid vir vrede (Foto: Daniel Leal, AFP)

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het dit reeds duidelik gemaak dat hy nie troepe Oekraïne toe gaan stuur nie.

Die Britse premier, Boris Johnson, sê die konfliksituasie gaan ’n wêreldkrisis tot gevolg hê en is ’n aanval op demokrasie en vryheid.

Volgens Johnson sal die Verenigde Koninkryk (VK) help om te verseker dat Oekraïne se onafhanklikheid en soewereiniteit herstel word.

Die VK was een van die eerste lande in Europa wat wapens aan Oekraïne gestuur het. Ander bondgenote het hul voorbeeld gevolg. “Die Verenigde Koninkryk sal meer doen in die dae wat voorlê,” verseker Johnson.

Mense het gevlug uit ‘n residensiële gebou wat gebombardeer is (Foto: Aris Messinis, AFP)

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) het ’n beroep op Rusland gedoen om sy troepe terug te trek. Dié organisasie het ook reeds sy land-, see en lugmagte aan die oostelike kant van die alliansiegebied versterk. Die organisasie het bevestig dat hy in die komende dae ook nog soldate na die gebied sal stuur.

Volgens die Franse president, Emmanuel Macron, is die Russiese aanval op Oekraïne ’n “keerpunt” in die Europese geskiedenis. In ’n toespraak sê hy Frankryk sal aan Oekraïne se kant veg.

Macron voeg by dat Rusland se optrede “verreikende” gevolge vir die vasteland sal hê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Kokerboom ·

As ‘n onafhanklike land wie gee die Russiese skurk die reg om so op te tree. Selfs al bly land buite NAVO!! Dit skep ‘n geweldige presedent vir Europa asook wereld. China sit en wag om dit as verskoning te gebruik om Taiwan binne te val!!

Raakvatter ·

Al julle af duimpies ken duidelik nie geskiedenis nie. Ek stem saam Kokerboom. Gaan kyk hoe het WWI begin. En toe WWII. Soortgelyk. Ek kies glad nie kant op die stadium nie. Alle groot moondhede het die wapens om massiewe oorlog te voer. Die “geallieerdes” sal vrede probeer bewaar. Die “spilmoondhede” (lees kommuniste) gaan op die band wagon klim en ook marakkas maak.

Anna-marie ·

Amerika het go die reg om Irak in te val, en Sirië en Libië en….

Marthinus W ·

Navo het n soewereine staat, Joegoeslawie vernietig.; en Libie. Op 24 Maart 1999 het Navo vir 78 aaneenlopende dae die Serwiers gebombardeer – hulle praat vandag van die New American Terrorist Organisation. In 2014 het Amerika 300 lede van die 173rd Airborne Brigade in Oekraine ingestuur. Lees ook William Blum oor al die lande wat Amerika ingeval het sedert 1945.

casper ·

Die weste het Ukraine gekastreet toe hulle die atoom bomme verban het en so hulle enigste verdediging teen die tipe inval weg geneem het !!
Nou staan hulle op die kantlyn en doen niks om die Ukraine te verdedig nie !!!

Raakvatter ·

Stel jy voor daar moet kernwapens wees? Indien wel is die einde van die wêreld dalk nader as jy dink!

Vallie ·

Putin moet voor Internasionale strafhof gedaag word vir oorlogsmisdade teen mensdom. Wie gee hom reg om onafhanklike land se soewereiniteit te skend en onskuldige mense om die lewe te bring. Hy is magsbehep en vergeet dat Oekraine lank nie meer deel van Rusland is nie en hy kan nie maak soos hy wil nie. Hy moet aan die man gebrung word.

piet ·

Rusland is ‘n massiewe land as jy op ‘n atlas kyk. As Duitsland nou vir Rusland wegvee met hul laser-tegnologie soos Siener voorspel het, kan Suid-Afrikaners dalk daar gaan boer. Ons kan selfs ons eie tuisland daar gaan skep., die nuwe Duits-Wes-Afrika…….

annie ·

… dis presies wat Biden gdink het. As iemand die vuilwerk vir ons doen kan ons die olie en gas en diamante en kuns en koringlande vry van gm kry…

Witbaard ·

Dit sit nie in Biden se broek om troepe te mobiliseer nie

A ·

Moet Amerika weer wêreld polisie speel?

Hoekom is konserwatiewe mense so veglustig?

Witbaard ·

Gaan nie net oor die VSA nie. Bykans die hele wereld se lande is teen die inval. So jy gaan ook maar net sit en aanvar dat jy vermoor gaan word as n ander land SA binneval?

Ratel ·

Ek kan jou amper n brief gee dat as Trump nog aan die stuur was, was daar lankal hulp aan Oekraine gestuur. Biden is liberale papbroek.

Jana ·

Natuurlik gaan Biden nie troepe soontoe stuur nie!!! Hy is baie bek en niks binnegoed nie!

piet ·

Hy gaan en het waarskynlik reeds in die vorm van die geallieerde NAVO-magte saam met die ander Westerse lande om die “teenwoordigheid” in die omgewing te vestig, maar nie binne Oekraine nie. Hou in gedagte dat die Oekraine nie ‘n NAVO-lidland is nie, so nie een van die NAVO-lidlande sal waarskynlik betrokke raak by die oorlog in Oekraine self nie. Maar ons weet mos nou een afskiet van ‘n NAVO-land se vliegtuig dan kan die gort gaar wees.

Willem ·

Waar is die franse soldate wat aan Oekraine se kant gaan veg? Sien niks daarvan op internasionale nuusdienste nie!

Dries ·

Ek kan regtig nie die afduime in hierdie berig verstaan nie. Verduidelik bietjie mense

Bees Boer ·

NAVO het in die 1990’s gesê hulle sal nie Oekraïne ‘n lidland maak nie, om sodoende nie Rusland te affronteer nie. (Net soos dit nie vir Amerika lekker was toe Rusland in Kuba basisse en so meer gehad het nie. )

Nou verbreek NAVO sy woord en maak praatjies om Oekraïne wel toe te laat.

Rusland het nie Oekraïne ingeval nie. Hulle is deur die demokraties gestigte, onafhanklike, Republieke van Donestk en Lugansk (die SEPARATISTE volgens die hoofstroommedia) gevra om te help teen Oekraïniese aggressie.

Thom ·

Jy praat twak ! En die aanvalle op die res van Oekraïne , soos oa Kiev ? Die sg ” Republieke ” is in elk geval deel van Oekraïne en deur Rusland geskep presies met hierdie doel !

Martin ·

Ek is bly Oekraïne het ‘n standpunt ingeneem om te probeer veg teen Rusland, die Russiese weermag is baie sterker as Oekraïne se weermag en kan die geveg wen. ‘n Baie goeie manier om die geveg in Oekraïne te wen is deur ‘n media oorlog om akkurate video materiaal so spoedig moontlik op sosiale media te deel van mense wat beseer of dood is as gevolg van die gevegte – onthou indien sosiale media en propaganda reg aangewend word is dit baie magtiger as die sterkste weermag…

Witbaard ·

Biden is n bang gat. Trump en sy magte sou al terug gewees het by die huis.

Marthinus W ·

Nie noodwendig nie. Toe Trump aan bewind kom, het hy ontdek dat die Amerikaanse weermag gedaan is; sommige eenhede het wapens, maar geen ammunisie, helikopters en vliegtuie stort neer weens geen instandhouding nie, ens. ( Terlopps, Rusland voer hoekaliber geweer-ammunisie uit na Amerika.) Lees bietjie die oud-soldaat Scott Ritter se evaluering van die Amerikaanse weermag. Volgens hom staan hulle nie n kans teen die huidige Russiese weermag nie. (Dis nie net wapens nie, maar tegniek.)

Waarnemer ·

Joe Biden moet sy slapgat houding laat staan en ook Cyril Ramaphosa…stuur die weermag na die Oekraine toe om die Britte by te staan en teen die Russiese inval te veg.Die Oekraine is vir ons n baie belangrike land wat betref invoere en uitvoere.

Anna-marie ·

Poetin weier dat die Globaliste van hom ‘n Nuwe Wêreld Orde puppet maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.