Militêre ombudsman ondersoek klagtes teen weermaglede

Lt.genl. Vusumuzi Masondo, afgetrede offisier en militêre ombudsman (Foto: Thobile Mathonsi, ANA)
Picture: Thobile Mathonsi/African News Agency(ANA)

Die Suid-Afrikaanse militêre ombudsman ondersoek die klagtes wat ten tyde van afsondering teen weermaglede ontvang is. Altesaam 52 klagtes is sedert die instel van die landwye afsondering van lede van die publiek sowel as van huidige en voormalige lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ontvang. Weermaglede is sedert Maart saam met polisiebeamptes ontplooi om die afsonderingsregulasies af te dwing.

“Die militêre ombudsman het reeds begin om klagtes wat ingedien is na die instel van afsondering, te ondersoek en beamptes is hard aan die werk om al die feite rondom die klagtes in te samel,” lui ʼn verklaring deur die militêre ombudsman.

Luidens dié verklaring was 32 van dié klagtes van die publiek wat gekla het oor weermaglede se hardhandigheid, asook die onregmatige beslaglegging van eiendom deur weermaglede.

Die oorblywende 20 klagtes is van huidige en voormalige weermaglede ontvang in verband met diensbeëindiging, die ontvangs van voordele, griewe en grieweprosedures.

Ingevolge die Militêre Ombudswet kan slegs klagtes wat skriftelik ingedien is, ondersoek word.

Lt.genl. Vusumuzi Masondo, afgetrede offisier en militêre ombudsman, het gesê dit is van kritieke belang vir klaers om voldoende besonderhede te versterk. Hy het daarop gewys dat die meerderheid klagtes wat deur middel van sosiale media ingedien is, onvoldoende inligting bevat.

Masondo het gesê die ombudsman is nie in staat om klagtes wat reeds deur ʼn burgerlike of militêre geregshof beslis is, te hanteer nie. Hy sê die kantoor ondersoek ook nie voorvalle wat na bewering krimineel van aard is nie, aangesien dit deur die polisie of die Valke hanteer word.

Masondo sê alle belanghebbendes moet ook skriftelik ingelig word van die klagtes om hulle die geleentheid te bied om daarop te kan antwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

So ons kan weer verwag dat niks met die persone gaan gebeur nie.

Pieter

Ag asb julle laat n mens lag

JohanR

En hier staan die ou saam met iemand anders in ‘n doek. En soos ons al weet in SA daar sal niks gebeur nie! Kan dit wees dat ‘n doek te styf is, en miskien suurstof na jou brein afsny?

Raadslid

Elke dag lees en sien ons dinge wat bevestig dat Selfbeskikking ons enigste uitweg is. Hoe gouer hoe beter.

Fedup

So, basically nothing will come of this then?