Militêre polisielid steel glo Transnet-koperkabels

Argieffoto

ʼn Lid van die militêre polisie het Vrydag saam met ʼn medepligtige vlugtig in die Verulam-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het in ʼn verklaring gesê Siyabonga Mazibuko (48) en Lungisani Hlatshwayo (30) is in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het van twee verdagtes wat koperkabels van Transnet by ʼn skrootmetaalwerf in Tongaat verkoop.

“ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat Mazibuko ’n lid van die militêre polisie is en dat hy ’n staatsvoertuig gebruik het ten tyde van die misdaad.”

Volgens Mhlongo is Mazibuko en Hlatshwayo aangekla ingevolge die Wysigingswet op Strafregtelike Aangeleenthede rakende skade aan infrastruktuur.

Die verdagtes sal na verwagting weer op 8 September in die hof verskyn. Albei bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

ANC het hulle mooi geleer. Hulle volg die regering se voorbeeld…

Yvonne ·

So lyk n regering wat mense in poste aanstel met geen etiese en morele waardes nie….gulsigheid na nog meer as net n salaris

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.