Militêre veterane betoog oor pensioenvoordele

Militêre veterane het Maandag by die kantoor van die departement van militêre veterane betoog (Foto: ANA)

Die polisie in Hatfield in Pretoria is Maandag na die departement van militêre veterane ontbied nadat voormalige weermaglede die departement glo met geweld gedreig het indien hulle nié voordele van die regering ontvang nie.

Die voormalige weermaglede het glo betoog teen die departement wat nié meer ʼn pensioen betaal aan veterane wat haweloos is nie en dat ander voordele glo ook ontneem is.

Dit volg nadat die departement oor die naweek gesê het hy is besorg oor inligting dat sommige militêre veterane ʼn “onwettige optog” volgende week na sy kantoor in Pretoria beplan.

“Ons het nog geen geld sedert November verlede jaar ontvang nie. Ons werk nie. Ons het niks om van te leef nie. Ek is nou 70 jaar oud en my kinders is ook oud,” het Willie Meyer, een van die lede, gesê.

“Hoekom kan die regering of die departement ons nie ondersteun nie? Wat moet ons doen? Hulle moet regmaak wat hulle verbrou het. Ons wil nie met hulle baklei nie, maar ons kan met hulle baklei. Hulle moet onmiddellik stop waarmee hulle besig is. Ons soek geld. Ons soek ons pensioen.”

Ronnie Theyser, nog ʼn oudweermaglid, sê die lede is glo R4 500 maandelikse pensioengeld beloof. Volgens hom is die meeste van die lede broodwinners wat geld nodig het om “groot families te voed”.

“Hulle [die departement] het gesê ons pensioenfondse sal onmiddellik begin uitbetaal sodra die maatskaplike hulpfonds van die weermag nie meer betaal nie. In dié stadium kry nie enige van ons geld van die maatskaplike fonds nie, net boodskappe wat sê dat die departement ons sal besoek.”

Volgens Theyser het die lede maandeliks maar R1 200 van die hulpfonds ontvang.

Andries Nkome, ʼn regsverteenwoordiger vir die militêre veterane, sê die lede het “min griewe”, maar dat hulle eis om gehoor te word. “Elke keer wanneer hulle by die departement opdaag, moet hulle weer terugkeer huis toe. Ek het verlede jaar ʼn brief aan die departement geskryf om te sê dat die oudweermaglede oor hulle pensioenvoordele wil vergader. Die brief is nooit beantwoord nie. Hulle is nie vandag hier om te betoog nie, hulle is hier om die departement te besoek en om hulp te ontvang,” het hy gesê.

Nkome sê die lede is ongelukkig dat die departement die polisie ontbied het terwyl hulle net vrede en antwoorde wil hê.

“Hulle is baie vreedsaam. Hulle sal die hele dag hier deurbring omdat hulle eenvoudig geduldig is. Hulle is arm en het nie eens huise nie. Hulle kinders gaan nie skool toe nie. Sommige van die kinders is saam met hulle hier. Hulle soek net antwoorde.”

Mbulelo Musi, woordvoerder van die departement van militêre veterane, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vermeende ·

As ek reg verstaan dan kan n blanke mos net een pensioen van die staat af ontvang, as jy 70 is dan kry hy soos ander ou mense mos ouderdom pensioen, daar is baie oud NDP lede wat net n oumens pensioen ontvang.

msp ·

Die Regering het al die geld klaar gevat. Daar is niks oor vir die ouens wat hulle daar gebring het nie. Ook is daar niks oor vir die ou SAW veterane nie.

Daan ·

En soos gewoonlik staan ons weer bakhand want die wêreld skuld ons ,hulle kan bly wees presedent Trump is nie sa se presedent nie.

Pieter ·

Ek het diensplig gedoen het die grens bewaak en twee jaar van my lewe gemors en ek kry nie n sent van die regering hoekom moet hulle as ek dit reg onthou het die koevoete hulle alie geskop wat maak hulle nou beter.

Koert ·

Ou piet lings voor op die foto het op my oupa se plaas gewerk al opleiding wat hy in wapens gehad het was om n kettie te maak hy was nie eers n nkoto nie.

SAluut ·

WHaaaaaa wat se veterane is dit? Waaraan het julle deelgeneem? Ek weet nie van enige oorlog of wettige weermag wat Umkhonto ooit geveg het nie, ek weet van lafaards wat bomme in kerke en in kroee gestel het maar nie van een wat one on one geveg het nie. Wat maak jou ‘n oorlogsveteraan? Hoekom kry die manne wat al die jare op die Namibiese grens diens gedoen het dan nie enige pensioenvoordele nie?

Blits ·

N weermag is n mag wat sy land en sy landsgrense beskerm en sy burgers, die anc en sy veterane het nooit n land gehad nie het nooit hulle land en burgers beskerm teen invalle nie, so die sogenamde oorlogs veterane is nie n weermag gewees nie en sal nooit wees nie maar wel n moordbrigade, N weermag gaan nie daarop uit om mense te vermoor nie maar te beskerm, hulle het nie gaan beskerm nie maar wel gaan moor

Ja wohl ·

Dit sal jou nou LEER om jou ore aan die ANC uit te leen. Jy was kamstig ‘n soldaat in hulle ‘weermag’ wat nie juis iets uitgerig het nie. Kry maar vir julle, ek gee regtig nie om vir EEN van julle nie. Julle was nie gedwing om aan die ‘weermag’ te behoort nie. Die manne wat wel deur die NP gedwing was om aan die weermag te behoort sit OOK vandag sonder geld en ‘n inkomste en geen pensioen. Suck it up!

Elize ·

Ek verstaan nie hoekom die wat so oud is dat hulle pensioen kry, vir hulle kinders moet sorg nie. En hoekom hulle op daardie ouderdom nog kinders het wat op skool is nie. En vir die kinders kan hulle subsidie van die staat kry as hulle nie skoolfonds kan bekostig nie.

Boemmm ·

Stem saam ! My man het 2 jaar gemors en kampe gedoen terwyl ek n klein babatjie moes grootmaak ! Vandag sukkel hy om n ordentlike werk te kry nadat hy meer as 20 jaar op een myn gewerk het ! Ons het geen pensioengeld of n huis vir ons oudag nie ! Die kamstige oorlogsveterane moet maar nes ons, eendag ouderdomspensioen trek !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.