Miljarde se eise weens diensleweringsbetogings

Vyf persone is in Hekpoort in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld ná ʼn vragmotor en ʼn bakkie Dinsdagoggend op die R563 aan die brand gesteek is. (Foto verskaf)

Die risiko dat Suid-Afrika ʼn slaaf sal word van armoede is groot, as diensleweringsbetogings nie tot ʼn einde kom nie. Só sê Cedric Masondo, besturende direkteur van Sasria SOC Bpk., ʼn korttermynversekeraar.

Hy het daarop gewys dat eise wat deur die maatskappy verwerk is, in die 2018/19 finansiële jaar skerp toegeneem het – altesaam R1,7 miljard uit 5 000 eise, in vergelyking met 3 000 eise in die 2017/18 finansiële jaar ter waarde van ongeveer R800 miljoen.

Sasria het die afgelope vyf jaar meer as 16 000 eise ontvang ter waarde van meer as R4,6 miljard.

“Stel jouself voor wat met dié geld gedoen kon word. Skole en klinieke kon gebou word, paaie kon herstel word en soveel meer kon gedoen word om die daaglikse lewenstandaard van Suid-Afrikaners te verhoog. Maar nou is die geld gebruik om beskadigde eiendom te vervang,” het Masondo gesê.

Hy het gesê die land moet ʼn ander manier kry om diensleweringskwessies aan te roer. “Iets drasties moet gedoen word. Alhoewel betogings deel is van ons Grondwet en mense die reg het om te vergader en hul griewe te lug, moet die kultuur van gewelddadige betogings tot ʼn einde kom. Anders sal ons in ʼn kringloop van armoede vasgevang word, want ons spandeer hulpbronne om dieselfde dinge oor en oor te herstel. Dit is nie vordering nie, dit bevorder nie ekonomiese groei nie.”

Masondo se kommentaar kom ná ʼn vragmotor en ʼn bakkie Dinsdagoggend in Hekpoort in Magaliesburg aan die brand gesteek is deur ontstoke inwoners wat eis dat hulle op gepaste grond gehuisves moet word. ʼn Gemeenskapsleier in die gebied, Kagiso Seretse, het gesê inwoners is verlede jaar belowe dat die munisipaliteit na ʼn ander gebied sou skuif. Volgens Seretse is die brandstigting egter blatante misdadigheid.

Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het bevestig vyf persone is in Hekpoort in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld in verband met die twee voertuie wat aan die brand gesteek is. “Die polisie is vroeg vanoggend in kennis gestel. Die vragmotor en bakkie is op die R563 aan die brand gesteek,” het hy gesê.

Inwoners van Lenasia het verlede week Vrydag paaie na Ennerdale, Zakariyya Park en Lenasia-Suid in Johannesburg versper terwyl hulle betoog het teen onwettige besettings in die gebied. Die polisie moes Saterdag van rubberkoeëls gebruik maak om grondbesetters in Lenasia te ontruim. ʼn Groep inwoners het Saterdag ʼn optog gehou teen die grondbesettings in die gebied. Wayne Minnaar, senior superintendent van die Johannesburgse metropolisie, het intussen gesê gemoedere het bedaar in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Gee hul nasionale kleure vir betogings, vernietiging van raads-eiendom en algemene bollie aanjaag in ons Kakistokrasie!!!

Skoolgeld ·

Dis die grootste snert man! Meeste versekering maatskapye hef SASRIA wat terrorisme wat dit inelkgeval dek is! Probleem is as jy as eienaar van jou voertuie eis kan jy maar weet dis soos enige staats instelling. Teen die tyd wat jou skade vergoed is op hulle waardes en terme kan jy al bankrot wees

George in Bloem. ·

Die ANC her die gepeupel baie mooi geleer.En nou kom dit terug en byt hulle hard en die belastingbetaler staan pa vir die rekening en dit gebeur alles terwyl die Polisie “die situasie monitor” en niemand vervolg word en/of verantwoordelik gehou word nie. En solank die skuldihges bly wegkom daarmee,sal hulle dit verseker weer en weer doen. En natuurlik help dit ook geensins dat ons ‘n onbevoegde nar met ‘n hoed op sy kop as die hoof van die Polisie het nie.

GM ·

Gebruik lewendige ammunisie – saak opgelos na ‘n paar sulke insidente. Dan sal hul leer dat elke aksie ‘n reaksie het, en dat mens verantwoordelikheid moet vat vir jou dade. Nou kom hul met als weg en die belastingbetaler moet net aanhou betaal.

Jr ·

GM vir elke lewendige koeël wat hulle gebruik is dit 1000 stemme weg. Die onvermòe om beheer uit te oefen gaan oor ” ons is bang ons verloor stemme”. History of the African nation – who holds the POWER

wilma ·

george dis presies soos jy daar se. volgelinge doen net wat hul meesters hul geleer het. dis Afrika. hul happy met als

Trol ·

Leer hulle mooi stadig in n taal wat hulle verstaan, daar kan nie dienslewering sonder betaling wees nie. Breek en brand en jy betaal vir wat jy verwoes. Moenie kinders hê wat jy nie kan bekostig noe. Dit is die groot rede vir armoede.

Vuurtjie ·

Die aktiviste is mos helde vandag! Nou sit hulle in beheer en daar is nuwe aktiviste wat afbrand en vewoes. Hoe stop jy nou die verwooesting as jy die verwoesters se stemme nodig het om aan bewind te bly? Suid Afrika is klaar n slaaf van armoede ! En dit is hul eie skuld!

fred ·

daarom is die versekeringspremies so baie en gaan dit elk jaar op…..ons almal betaal regstreeks of onregstreeks vir hierdie anargie

Gjert ·

Fred, welgedaan, jy praat darem sin. Daar moet besef word dat versekering maatskappye hulle premies bepaal volgens risiko’s. Dus hoe meer die eise in ‘n voorafgaande jaar hoe hoër moet hulle die premies maak om toekomstige eise te kan dek. Dit is dus die kliënte van die versekering maatskappye wat hierdie kostes dra deur wyse van hulle premies wat hulle betaal. Weereens ‘n vorm van belasting wat betaal word omdat die regering nie hulle plig nakom om die burgers te beskerm teen kriminele nie. Stuur die weermag eerder na hierdie optogte met skerppunt ammunisie en verklaar oorlog teen wetteloosheid. Daar word toegelaat in ons land dat ‘n handjievol oproeriges ‘n hele dorp se ekenomie kan gyselaar hou.

Stebastiaan ·

Feit bly staan dit kom alles terug na die swak regering wat hierdie land beheer of laat ek dit so stel probeer beheer. Sal seker weer apartheid se skuld wees.

CAS ·

This is crazy, protest after protest without anything changing in the country! Why not fight fire with fire. They are being violent and destructive yet we tolerate it and try to give in to their demands to have better “service”. That is just rewarding their actions. Treat them like kids, ONLY if they behave will they get what they need. We have to pay for our “services” even though some people may even be earning less than those in rural areas. Let them also work for what they want/need…they need to learn to be self sufficient to a certain degree and not rely on the government (or the tax payers) for hand outs. Another crazy – burn out the bus today but stand on the street corner tomorrow waiting for that same bus for transport.

Strandloper ·

I fully agreed with your first part of your letter but the second part….that is mission impossible…..

ELIZE ·

EN WIE MOET ONS BEDANK………………………………… B.E.E. & A.N.C

Slegte regering ·

Hierdie sou nie gebeur het as die slegte regering van ons al 25jr terug die mense gehelp het nie; maar nee, dis mos nog steeds apartheid se skuld. Wie betaal? ONS!!! die belastingbetalers. Laat hulle ALLES afbrand, dan is daar niks oor nie DAN sal hulle gou weer die WITMENSE vra om te help. Watch this space

marous ·

Die spaar varkie is leeg en die gans is verwurg . Geen besigheid gaan staan nie . Dis die waarheid.

Edd ·

Dis eintluk baie eenvoudig. WANT GEEN GEWELDADIGE BETOGING IS ‘N WETTIGE BETOGING NIE! Al hierdie “protes aksies” is niks anders as ‘n riot nie en die polisie is bevoeg of lus genoeg om hul werk te doen nie. Verder word hierdie misdadigers beskerm deur die regering aangesien ‘n stemmer meer werd is as ‘n lands burger. In Japan het bus dreivers betoog deur steeds hul rondtes te doen maar niks geld te vat van die passasiers nie, in SA brand hul die busse of stook die publiek met klippe. Raai watse een het die meeste ondersteuning gewerf.

Blue Butterfly ·

Miskien moet die ANC sommer die grondwet ook wysig om GEWELDADIGE betogings onwettig te maak. As hulle aan die onteieningsklousule kan krap kan die grondwet seersekerlik ook gewysig raak rakende betogings.

Maar nou ja, die een het betrekkings op blankes en die ander een op swart mense en daar is mos aparte reels …

Duimpie ·

Op elke versekerings premie is daar VAT. Elke voertuig verkope en herstel werk aan eindom word VAT op betaal. So ja die regering score al die pad bank toe.

Elsa ·

Ramaphosa, gee aandag aan die soort van ding wat net verwoesting saai. Het jul geen beheer oor die oproeriges nie? Begin vinnig met ingrype of wat verstaan julle nie? Dit is nou genoeg dat jul ore toe is vir die waarheid en julle jul blind staar om nie dit toe te laat en lewens van eerbare mense te beskerm nie.
It is TIME to act and teach the people they are doing wrong. As jul nie weet waar omte begin, begin by julself, wat sou jul doen as dit jul persoonlik raak..Gaan leef 2 nagte saam die mense en kyk of ANC en regering sal oorleef. Wake UP

JJ ·

Never underestimate the power of stupid people in large numbers. ANC this is your circus..! Feeling proud yet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.