Miljarde se reddingsboei aan Eskom verstom

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die Nasionale Vergadering het Dinsdag ten gunste van ’n spesiale toedelingswetsontwerp gestem wat ʼn reddingsboei van R59 miljard aan die sukkelende Eskom toestaan.

Die wetsontwerp is met 200 stemme teenoor 105 goedgekeur met ANC-LP’s wat glo dat die wetsontwerp noodsaaklik is om die ligte aan te hou. Dié LP’s het aangevoer dat baie van hulle in ’n “permanente staat van beurtkrag” grootgeword het as gevolg van ongelykhede in die verlede.

Ander was egter gekant teen dié wetsontwerp.

Nqabayomzi Kwankwa, LP van die United Democratic Movement (UDM), het gesê dit is verstommend dat LP’s gevra word om “geld na die probleem te gooi” nadat Eskom glo R4 miljard te veel aan verskaffers betaal het.

Eskom is sowat R500 miljard in die rooi.

Ashor Sarupen van die DA het gesê dit lyk of Eskom geld in plaas van steenkool verbrand. “Elke burger is ’n gyselaar van Eskom. Ons is gyselaars van die kragonderbrekings wat groot ekonomiese verliese veroorsaak. Ons is  gyselaars van hul vereistes vir borgtog. Ons is gyselaars van hul eindelose bestuurskrisisse,” sê Sarupen.

Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van finansies, het ook sy misnoeë met die wetsontwerp uitgespreek.

“Eskom se skuld is so groot dat enige reddingsboei hoofsaaklik gebruik sal word om sy skuld te diens en nié om krag op te wek nie. Die vraag moet daarom gevra word of nóg ʼn reddingsboei van R59 miljard se belastinggeld die ineenstorting van Eskom gaan stuit en verdere beurtkrag gaan voorkom indien die R83 miljard wat sedert 2006 in Eskom gestort is hom nie kon red nie?”

Volgens Wessels moet kragvoorsiening in Suid-Afrika gedereguleer word. “Daar moet gesonde kompetisie wees sodat private ondernemings deel van die oplossing kan raak. Dit grens aan waansin om dieselfde fout oor en oor te herhaal, soos met hierdie reddingspakket van R59 miljard.”

Tito Mboweni, minister van finansies, het die wetsontwerp in Julie vanjaar ter tafel gelê om Eskom te help om sy finansiële verpligtinge vir hierdie jaar en die volgende jaar na te kom. Dit behels R26 miljard se hulp aan Eskom in 2019-’20 en R33 miljard in 2020-’2021. Dit dra by tot die R69 miljard wat in Februarie vanjaar in die nasionale begroting aan Eskom toegewys is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Chris Ws ·

Eskom is deur die ANC omskep van ‘n florerende besigheid tot ‘n pik donker bodemlose put.

Bernard ·

Om die waarheid te se, Eskom word gebruik om geld na die Hoofpolitieke party te kannaliseer om vir hulle lewens styl te betaal. SAA is holrug gery en so ook die res van die staats instansies. Die enigste wat oorbly is Eskom!

Andre Coetzee ·

Nou ja nou het julle dit weer.Die ou klomp gaan nie en SAL nie leer voor die geld opdroog nie.Praat en probeer verduidelik gaan niks verander of regkry nie.Die mense MOET voel voor hulle gaan leer.Bevoegde mense waar is julle ???

Wilma Hanekom ·

Kundiges mag niks doen nie; net op die kant sit en kyk.

Bert ·

Die goeie nuus is: die blackmail met load shedding is nou nie meer nodig nie.
Dit het soos altyd weer die gewenste resultate gelewer.

Feite ·

Opposisiepartye en verbruikers moet die Eskom probleem gebruik om die ANC te straf, tans werk dit presies andersom met die ANC regering wat die Eskom probleem met “dirty tricks” groter en groter laat word en dit die verbruiker en beleggers se probleem maak met die doel om verbruikers gyselaar te hou en vinniger leeg te melk vir vinniger selfverryking van onregmatige botallige kaderstrukture vir die implementering van verandering. Opposisiepartye en beleggers moet die ANC regering en Eskom troef met veldtogte vir verbruikers om oor te skakel na alternatiewe energie en waterbronne. Wat ookal met Eskom en die werkers gebeur is die ANC se probleem. Die gewetenlose gyselaarsketting moet gebreek word, opposisie partye, beleggers en verbruikers het nou geen ander keuse meer nie!

Marius ·

Mense die ligte moet aanbly dit is al wat ons kan se en ons gaan vie dit betaal.

Johan ·

Escom juig. Hulle het nou weer baie geld. Dit is dus weer “business as usual”. Nou kan die soustrein voorspoed….

Santjie ·

Dit sal ook al baaaaaie help om krag te spaar as al die onwettige konneksies uitsorteer word. Nou betaal die gemeenskap vir ‘n hoeveel ander. Gratis krag, gratis grondbelasting… miskien moet ons in plakkerskampe gaan bly en vir die plakkers ons huise gee. Die ding is net, na ‘n paar maande het ons die plakkerskamp ge-“upgrade” dan wil hulle weer terugtrek…

Maljan ·

En elke jaar word dit duurder. Kyk !aar die munisipaliteite ook. Eers gedink ek het baie water gebruik. Helaas nee, !onder as die vorige maande. Ek oorweeg dit al om my huis te verkoop en in die (BBBEE ) karavaanpark te gaan nesskop. Hoe met !ens die 15-20% verhogings bekostig elke jaar as jou inkomste met 3-4% verhoog? Demokrasie beteken mos een vir almal en almal vir een. Hoekom betaal ons nog? Die Soustrein is groot. Die ANC kan nog waens laai. As die ekonomie vou, sal die kabinet en voorstestoel sitters van elke politieke party die hasepad vat. Seker almal Dubai toe. VRING IT ON!!!!?

Regs! ·

Hulle kan vir Eskom 999 999 999 999 999 999 999 999 999 999 biljoen ook gee. Dit gaan nie help nie. Om die Titanic se wrak uit die see te haal en reg te probeer maak om weer te vaar, sal meer haalbaar wees as om Eskom te probeer red!

Judge Dredd ·

Ja – geld is nie die probleem – tekort aan kundigheid is.
En die tekort aan kundigheid is as gevolg van BEE…..

LK ·

ESKOM: Ag man hulle en die munisipaliteite weet ewe min wat aangaan. Ek ry gister in die middle van die dag deur Brakpan —- en raai wat die STRAATLIGTE brand!!! en dis nie ‘n Brakpan grap nie dis die werklikheid!!! Regtig????

MG ·

Ander dele van Brakpan was weer vir omtrent 27 ure sonder krag. Hulle was besig om groot herstelwerk te doen om die mense weer aan te kry. Dit kan dalk die rede wees dat die straatligte aan was. Dit is defnitief nie elke dag wat die straatligte brand nie.

Volt ·

Pleks dat die parlement die nie-betaling van verbruikte krag aanspreek. Die stelling dat hulle tydens Apartheid baie beurtkrag ervaar het en Eskom nou so moet ondersteun met ons belastinggeld is ‘n drogredenasie, want wanbetaling en bestuur word nie aangespreek nie. Op my Eskomrekening word ek gedreig met onmiddellike kragonderbreking as ek ‘n dag te laat betaal. Diskriminasie.

Gert van Wierdapark ·

Die handjies by die kragdwergie word nou so vinnig gevryf dat jy ‘n vuur daarmee sal kan aansteek = BONUSSE is om die draai vir die mil-juisende in-diens-gesteldes!!

HPV ·

Prestasie bonusse hier kom ons, dit wat oorbly as iets oorbly gaan vir salaris verhogings. Die volgende reddingboei is mos reeds oppad.

Voltkaper ·

ESKOM is daar vir die wat nie betaal vir elektrisiteit nie, soos SOWETO. Die belastingbetalers sal mos betaal! Geen besigheid kan oorleef as hulle nie betaal word vir dienste of produkte wat hulle lewer nie, daarom betaal belastingbetalers.

Hans ·

Daar is ‘n halwe kans dat Eskom gered kan word…net ‘n halwe kans.. met die regte mense en baie jaar!!

Dries ·

Ek is kragteloos van verbasing…
Verminder julle uitgawes Eskom, soos enige besigheid in di kapalistiese stelsel sal doen. Behalwe, as vakbonde jou gyselaar hou…

se maar net ·

dit sal baie help as al die onwettige aansluitings in die swart woon buurte semier gestop word en munisepaleteite die krag af sit van die wat nie hul rekeninge betaal nie

Swerwer ·

Eskom,SAUK,SAL…noem maar op.Te veel werkers,te min uitset. Solank die ANC aan bewind is gaan dit voortduur. Die spul is hopeloos onbekwaam,hulle gee nie om nie..want ek kry mos n salaris aan die einde van die maand!!

Danie T ·

Eskom kan ALLEENLIK gered word as drastiese besluite geneem en ernstige aksie geneem word. Emosionele aksies waar realisme totaal ondergeskik is deur onbevoegde LP’s moet gesystap word. Die mense het GEEN emosie met waar geld vandaan kom en dra grotendeels ook niks by. CR sal ernstige ongewilde besluite moet neem maar of hy kan of wil is ‘n totaal ander vraag. Die tyd is vining besig om uit te loop vir Eskom

gatiep ·

Putin van Rusland sou n Newclear kragsentrale bou hier vir 1 Biljoen,en hulle wou nie want hulle sou nie geld in hulle sakke kon sit nie .Nou raak hulle baie erg.
Krag gaan so duur raak dat net ryk mense dit sal kan bekostig.Is hier ooit so baie ryk mense wat dit sal kan bekostig,want behalwe skuld sal hulle nog moet Soweto se krag ook betaal.
Ek het n idee ryk mense gaan solar gaan so dan weet ek nie hoe daai geld ooit sal kan terug betaal word nie.

Zumie ·

En nou betaal die belastingbetaler tweekeer vir sy eie en die nie-betalende verbruiker… dit is nie die “regering” wat betaal nie maar die “belastingbetaler” – eintlik maar ‘n soort subsidie…. Die agterliggende idee is “Soweto” stem ANC , ANC gebruik die belastringgeld om Soweto se krag te subsidieer….en raai wie betaal..

TDW ·

R 59 000 000 000.00
Dis hoe 59 miljard rand lyk in nommers.
As jy 10 duisend rand spaar elke dag, sal dit jou meer as sestienduisend JAAR vat om 59 miljard rand te spaar.

Net om die prentjie in perspektief te sit.

HP ·

En hulle skuld is 413bn ( 413 000 000 000.00) voor die boei.

Skrikwekkend

Lood Kurkprop ·

So dis om vir 59 000 mense elkeen n miljoen Rand te gee.

Johan Maritz ·

Daar is twee kanse wat Eskom gered gaan word nl. nul en niks. Die prestasie bonusse kom want hulle het mos nou n R59 miljard wins gemaak.

boet ·

Desember is om die draai kersbonus en prestasiebonus en daar gaan die soustrein weer.

James ·

So nou sal loadshedding verby wees tot hulle weer geld nodig het. Geniet julle kersfees en sommer maandelikse bonusse!

Pieter ·

Die klomp ANC LP’s het nie eens naastenby ‘n idee waarvan hulle praat nie, voor die vernietegers aan bewind gekom het was ESKOM se kraglewering ‘n konstante 58GW. Op die oomblik kan die ou lotjie nie eens 22GW konstant aan die gang hou nie en dit met hoeveel diesel kragopwekkers en twee reusagtige kragsentrales Medupi en Kusile wat ook maar net so effektief is soos die ANC.
Die groot vermindering in kragverbruik vertel vir ons presies hoeveel besighede toegemaak het of landuit is.

Gert van Wierdapark ·

Horende doof en Siende Blind – dis waarskynlik hoe die R59 MILJARD se “reddingsboei” vir ons Titaniese Eskom gebaar is!

Willie ·

Ek sal baie graag wil weet wat is die totale som wat Eiskom die belasting betaler al gekos het?

GB ·

Soos gewoonlik wil hulle weer die verlede by die saak insleep en aan ons probeer wysmaak dat dit net so sleg gegaan het toe as nou. Maar dit was nie beurtkrag wat hierdie LP’s in die 1980’s ervaar het nie. Die ANC het mense in townships gedwing om nie hul rekeninge te betaal nie as deel van hul destydse strategie om swart woonbuurte onregeerbaar te maak en hul krag is gevolglik afgeskakel.

JohanR ·

Ok manne, hier is die R59 miljard van die goverment, of is dit die belasting betaaler…..he he ha ha he he. Hoe gaan ons dit nou tussen ons deel. Gaan ek as groot baas soe bietjie meer vat? Weet iemand miskien hoe lank ons moet wag voordat ons weer bak hand in die Parliament gaan staan?

Disselboom ·

Die wanbestuur is erg ja. Maar wat is die oplossing op die kort en mediumtermyn? Om Eskom net te laat ondergaan gaan ook nie die ligte aan hou nie.
‘n Selfbestuurde kragnetwerk? Dit is nie in die R8 miljard toekomsplanbegroting nie, of is dit?

Kat ·

….so ons moet dit maar net sò laat aan gaan omdat ons verleë is?!?!? Twak man! Laat Eskom vou! Hoe gouer hoe beter!

Louw ·

Hier kom die trein, hier kom die trein, die Eskom gravy trein. Hoor daar hoe lag hul, lag hul, die Eskom gravy trein.

Johan ·

Met 500 Miljard kon die regeering eerder aan 14.2 miljoen van die getelde 14.5 miljoen huise in ons land, elk 3KW Solar Sisteem gegee het.

Hoe “denk” die mense……..pateties man!!!!

JohanR ·

Johan – as Baleka Mbete se onderhoud met Al-Jazzera ‘n voorbeeld was van ‘n slim swarte, dan will ek nie weet van al die ander ANC’s wat in die parliament sit. Met die ANC moet jy hulle nie maak tel nie, nie praat en groot woorde gebruik, en geen onderhoude. Veral met onderhoude, bewys hulle net vir die wereld hoe dom hulle is! Sal enige ANC wat in die Parliament sit ooit ‘n werk kan kry buite die Parliament? As ek ‘n besigheids man was, sal ek nie een aan neem nie.

JohanR ·

Johan – as Baleka Mbete se onderhoud met Al-Jazzera ‘n voorbeeld was van ‘n slim swarte, dan will ek nie weet van al die ander ANC’s wat in die parliament sit. Met die ANC moet jy hulle nie maak tel nie, nie praat en groot woorde gebruik, en geen onderhoude. Veral met onderhoude, bewys hulle net vir die wereld hoe dom hulle is! Sal enige ANC wat in die Parliament sit ooit ‘n werk kan kry buite die Parliament? As ek ‘n besigheids man was, sal ek nie een aan neem nie.

Riaan ·

Daai geld gaan om hulle werkers te betaal en niks anders nie, kyk maar oor 6 maande soek hulle weer

Penellope Jones ·

Nie alleenlik “verstom” nie, erg geskok en erg kwaad!

hercu ·

bad, very bad maintenance management by a cabinet who claims to govern this country, but can’t even manage sewage, ash heaps, electricity, wood, water or SOE’s who was handed to them 25 years ago with clean audit records and every department in full production, managed by capable people!!

Joke! ·

So nog n reddingsboei om nog n gefaalde Anc staatsinstansie te red gewaarborg deur die leeg getapte vuisvooste belasting betaler wat dan nog gedwing word om dubbel die tarief vir dieselfde produk te betaal van dieselfde instansie vet bosluis wat net meer en meer en meer vereis… Wow wat n klug!Het die mense geen selfrespek of morele kompas nie?Duidelik nie vat net suig net die suiers! Maar tot hoe ver.?.Tyd vir n ander alternatief “of te grid” te gaan net om die klomp bloedsuiers n vet put te druk!Ongelooflik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.