Miljarde vir Sanral om skuld te betaal

Die drukgroep Outa het Woensdag, voor die lewering van die begrotingsrede, opnuut teen die e-tolsteslsel betoog. (Foto: Outa)

Die regering gaan miljarde van Sanral se skuld betaal, en hoewel kenners meen dit dui op die einde van die gewraakte tolstelsel, het die minister van finansies dit nie in soveel woorde bevestig nie.

Onsekerheid oor die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek en die e-tolstelsel het steeds ʼn groot negatiewe uitwerking op die bou van paaie in die land en die minister van finansies het Woensdag tydens sy mini-begroting gesê daar sal van die debatte van die verlede aanbeweeg moet word indien ʼn oplossing vir die probleem gevind gaan word.

Enoch Godongwana het vroeër vanmiddag aangekondig dat die Gautengse provinsiale regering ingestem het om 30% van Sanral se skuld oor te neem, terwyl die nasionale regering die oorblywende 70% sal betaal.

Sanral se skuld beloop in die geheel sowat R47 miljard.

“Gauteng het ook ingestem om die koste vir die instandhouding van 201 km se paaie en verwante wisselaars te dek en enige bykomende belegging in paaie sal deur die bestaande elektroniese tolinfrastruktuur of nuwe tolhekke – of enige ander inkomstebron onder [Gauteng se] beheer – gefinansier sal word,” het Godongwana gesê.

Die regering sal ʼn aanvanklike toewysing van R23,7 miljard uit die nasionale koffers hiervoor maak – maar streng voorwaardes sal hieraan verbonde wees.

Die drukgroep Outa, wat hom al jare lank beywer om die stelsel te laat skrap, het in reaksie gesê die aankondiging is na sy mening “die einde van e-tol”.

Die organisasie sê hy maak al jare lank ʼn soortgelyke voorstel om van die skuld ontslae te raak.

Outa sê ook die aankondiging bewys dat “ʼn verenigde burgerlike samelewing die regering kan dwing om te luister”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

SJOE, hulle het baie geld om al die instansies so graag te help!!

PieterJ ·

Korreksie, hulle glo ons het baie geld om aan te hou uitdeel vir niks in ruil.

Johan ·

Indien die lenings onregmatig was moet die beleggers maar hul geldjies verloor. Nou staan ons inelkgeval in vir die, waarskynlik onregmatig duur projek se skuld.

Henk ·

1: Sit die ou wat die e-tol stelsel uitgedink het in die tronk en vergeet om dit te laat werk.
2: Vergeet B-BBEEE as dit kom by die bou van paaie en brue.
Beter nog – vergeet B-BBEE in sy geheel. Dit het die land waar hy is.

Pietertjie ·

Die ANC sny darem lekker dik rieme uit die belastingbetalers se vel, wat besig is om op te raak, en dit traak hulle nie. Die skrif is aan die muur.

Ruby ·

Die regering kan net 1 van 3 dinge doen…

1. Neem beheer oor ‘n suksesvolle stelsel soos bv Eskom en SAL…en koffie dit op.

2. Begin iets van die grond af en maak ‘n volslae mislukking daarvan.3. Plunder en bedrog is aan die orde van die dag.

3. Plunder en bedrog is aan die orde van die dag.

Shêm, die ligte kan maar net nie aangaan vir hulle.

Lillian ·

Die regering sal iewers weer ‘n ander plan maak die belastingbetalers te laat opdok vir hierdie gemors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.