Miljoene bababednette herroep weens verwurgingsrisiko

bednet

Argieffoto

Ikea, die Sweedse meubelmaatskappy, het Donderdag nagenoeg drie miljoen bababednette wêreldwyd herroep omdat dit glo ʼn verwurgingrisiko inhou.

“Ons het klagtes ontvang dat jong kinders in die nette verstrengel raak,” het Ylva Magnusson, Ikea se woordvoerder, aan AFP gesê.

Sy het gesê dat sommige kinders geringe beserings opgedoen het. “Daar is egter geen kind wat permanente skade opgedoen het nie, en as ʼn veiligheidvoorsorgmaatreël herroep ons die produkte.”

Die maatskappy het mense versoek wat die nette, wat soos ʼn muskietnet lyk en oor ʼn bababedjie drapeer word, aangekoop het, om dit nie meer te gebruik nie en na hul naaste Ikea-winkel te neem waar hulle geld aan hulle terugbetaal sal word.

“Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit veroorsaak, maar veiligheid is ons hoogste prioriteit,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

Nagenoeg 2.8 miljoen produkte wat sedert 1996 verkoop is, word herroep.

Ikea het nie ʼn rede gegee hoekom die produkte so lank op die mark was alvorens die herroep is nie. – SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.