Miljoene bestee aan biblioteke in afgeleë gebiede

biblioteek-universiteit-boeke-boekrakke-kennis

Foto: Pixabay/Pexels.com

Die Wes-Kaapse departement van sport en kultuur het bekend gemaak hulle het meer as R171 miljoen belê in die opgradering en bou van nuwe biblioteekfasiliteite in afgeleë gebiede.

Die departement het in sy voorlegging aan die parlement gesê alle nuwe biblioteke wat tydens die 2017/2018‑boekjaar gebou is, is in afgeleë gebiede oral in dié provinsie gebou.

Die departement het verder gesê die “After School Game Changer” vir arm leerders, waaraan meer as 72 000 leerders deelneem, het ʼn 85%‑sukseskoers.

82% van die leerders wat aan die program deelneem, het gesê dat hulle veiliger voel in die naskool-omgewing as wat hulle by die huis sou voel.

Die program poog op deelname van leerders aan naskoolse aktiwiteite te verhoog en gereelde bywoning te verseker deur die aantreklikheid en gehalte van dié programme te verbeter.

Die departement kon ook met behulp van ʼn beloningstoelaag van R3,237 miljoen van die uitgebreide program vir openbare werke daarin slaag om indiensnemingsgeleenthede vir jeugdiges te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AmY ·

Sê ek ook mos. Ek het al daaraan gedink om boeke te skenk,maar sal dit eerder vir my kerk se biblioteek gee, want ek is lugtig om dit vir enige biblioteek re gee, want dit mag dalk in vlanme opgaan….

Linda van Mosselbaai ·

Lees maak ‘n wereld oop. Mag die boeke geniet word.

Blommie ·

Ag wat en die staande biblioteke wat nie ins stand gehou word nie.
Julle moet kom kyk hoe lyk ons staats bibliotekie hier in Rustenburg…
Dis om van te lag man!
Maar ja bele net in meer plekke om te laat brand, daar is lankal nie meer respek of liefde vir boeke oor nie.

Hanna ·

Genade maar daar is geld om te mors!!! Gee vir elke kind ‘n selfoon en rig onbeperke WI-FI op. Dan leer hulle.

Lou ·

Ek dink dit sou beter gewees het om hierdie geld op internet geriewe en rekenaars/tablette vir publieke gebruik te spandeer het. Daar is miljoene meer keer die inligting op die internet beskikbaar as wat ‘n paar duisend boeke in ‘n biblioteek het.

Nadine ·

Lou was jy al in die weskaap? Ons sit tussen 60 en 80km van die naaste dorp af!!!! Ongelukkig kan almal nie internet bekostig nie!!! En dit is nie gesond vir kinders nie! Ek gee veel eerder n boek!! ons is bevooreg om Internet te he op die plaas maar ons het geen selfoon opfangs tussen die berge nie nou wat van die wat dit nie kan bekostig nie!!????

En nou? ·

Lekker baie papier sodra hulle weer die plek aan die brand steek omdat daar te veel Afrikaanse boeke in die bib is!

bgj van der westhuizen ·

hulle is besig om al die ou afrikaanse boeke uit te gooi sadig maar vir seker wand Afrikaans se boeke raak al minder al meer engelse boeke kom in

Makushla ·

Ek hoop dat ten minste ‘n paar kinders die vooreg sal hê om hulself te kan verbeter. Vir my wat as jong kind ge-tuiskool was, was die biblioteek die grootse bate denkbaar. Alles wat ek weet kom uit ons plaaslike biblioteek uit en vandag het ek ‘n goeie werk en is ek selfstandig. As jy jouself regtig wil verbeter dan kan jy dit doen sonder om 12 jaar op skool te sit. Die beste ding wat my ouers ooit vir my kon doen is om my liefde vir lees aan te wakker. Ek hoop dat hul ouers en biblioteekarise vir hulle dieselfde sal doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.