Miljoene bestem vir Esidimeni-vergoeding

Barbara Creecy, die Gautengse LUR vir finansies. Foto: ANA

Barbara Creecy, Gautengse LUR vir finansies, het Dinsdag gesê die provinsiale regering het R28 miljoen toegeken vir die kantoor van die premier om sy belofte na te kom om die families van die slagoffers van die Life Esidimeni-tragedie te vergoed.

Die provinsiale regering het tydens verlede maand se arbitrasieverhoor ingestem dat die families van die 143 psigiatriese pasiënte, wat as gevolg van die oorplasing van die pasiënte vanaf Life Esidimeni na ongelisensieerde NRO’s gesterf het, individueel vergoed sal word.

Creecy het toe sy die 2018/2019 provinsiale begroting van R121 miljard gelewer het, om verskoning gevra vir die tragedie en gesê sy wens sy kon meer gedoen het om te voorkom dat die provinsiale departement van gesondheid probeer het om koste te besnoei ten koste van die gesondheid van psigiatriese pasiënte.

Almal wag tans vir afgetrede hoofregter Dikgang Moseneke se finale verslag oor die tragedie.

“Laat my toe om ʼn oomblik te neem om my woorde wat ek aan die families gerig het in Januarie toe ek getuienis gelewer het te herhaal. Die getuienis van lyding en wreedheid waarna ek tydens die verhoor geluister het, het my sedertdien nog nooit verlaat nie. Dit het my met skaamte gevul dat ek deel was van die regering toe dié verskriklike tragedie plaasgevind het. As julle as gevolg van die getuienis wat ek gelewer het voel daar is dinge wat ek kon doen as LUR wat ek nie gedoen het nie, vra ek diep en opreg om verskoning.”

Creecy het ook gesê die uitvoerende raad se subkomitee van gesondheid werk daaraan om die finansies van die provinsiale departement van gesondheid te stabiliseer.

Sy het gesê navorsing het daarop gedui dat besteding op gesondheidsorg oor die afgelope 14 jaar van R2 500 tot R4 500 per persoon per jaar toegeneem het. Dit beteken in effek dat die departement by sy verskaffers leen om sy huidige dienste te befonds.

“Dié oplossing is onaanvaarbaar en kan nie deug nie,” het Creecy gesê.

Creecy het gesê hulle werk saam met die departement van gesondheid aan regstellende maatreëls soos byvoorbeeld die besnoeiing van nie-noodsaaklike koste, om bestuurders verantwoordbaar te hou vir uitgawes by elke gesondheidsfasiliteit en om basiese kliniese poste te vul.

Creecy het bygevoeg sodra die skuld gedelg is en die operasies binne die begroting plaasvind, kan die besparings gebruik word om die uitbreiding van infrastruktuur en nuwe dienste te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SKELM ·

EN UIT WIE SE SAK KOM DIT?? DIE WIT BELASTINGBETALER WAT GEVLOEK EN GESKEL WORD DEUR MALEMA? Wie se fout was dit? Swart regering s’n. Hou hulle in hulle eie persoonlike kapasiteit verantwoordelik en LOS MY TAXGELD UIT!

Al ·

Arme belastingbetalers! Daardie R28 milj kon gebruik gewees het vir die enorme groot begroting gaping, maar nou sit ons met onbevoegde amptenare wie nie die verlies aan hul sak voel nie

GM ·

Hulle het ‘n vreeslike dood gesterf. Netso sterf boere ook ‘n vreeslike dood. Word hul families betaal? En hoekom uit belastinggeld die tragedie ‘sponsor’, as dit uit die skuldiges se sakke behoort te kom? Almal wil hê, hê, hê, maar niemand wil hul werk doen en verantwoordelikheid vat vir hul aksies nie.

Alida 2 ·

Dit kom neer op R195804.19 per sterfgeval. Wonder hoeveel gaan regtig by die families uitkom en hoeveel families gaan bykom. Sommiges sou dalk gesterf het sonder die verskuiwing en ander is ook erg ontwrig maar nie gesterf nie.
Maklik om vergoeding te betaal sonder dat dit aan jou sak vat.
Ek stem hou die skuldiges verantwoordelik. Hulle is so baie want elkeen beskuldig die ander.

Alida ·

Hou vir Aaron verantwoordelik en sy onbekwame personeel. Geld kan nie hierdie skande wat oor SA gebring is regmaak nie. Om nie eens te praat van die manier waarop hierdie mense dood is nie. Sies ANC. Verduidelik dit aan die 1ste wereldlande. Geen wonder hulle wil niks met ons te doen he nie.

snoefie ·

dis belaglik om die families te vergoed aangesien dit so duidelik soos daglig is dat hulle HULLE (GEESTESVERSTEURDE) FAMILIELEDE IN INRIGTINGS WEGGEGOOI HET. HULLE IS NET SO SKULDIG AAN DIE WREEDHEID.

Sarel Strydom ·

Hoekom word die skuldiges nie aangekla en vervolg nie. Kom skotvry.

beter af ·

stem saam snoefie, lyk my mens beteken eers iets as jy dood is en ander geld daaruit kan kry

Alida ·

Wel dit lyk nie of die amptenare wat verantwoordelik was vir hierdie tragedie iets gaan oorkom nie. Dus kom hulle weg met 147 moorde. Sjoe dit is verregaande.

Nettie ·

Die skuldiges moet uit hulle sak betaal …………………..nie die belastingbetaler nie !!!!
Hulle het nie hulle werk gedoen nie ………………….. soos altyd …………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.