Miljoene entstofdosisse op pad na SA

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Dit was op 5 Maart 2020, vandag ʼn jaar gelede, dat die eerste bevestigde geval van Covid-19 in Suid-Afrika aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het op die vooraand van dié herdenking gesê miljoene dosisse van die Covid-19-entstof is oor die volgende drie maande op pad na Suid-Afrika.

Volgens Mkhize is Johnson & Johnson en Pfizer se entstowwe in dié stadium die beste om die Suid-Afrikaanse variant, bekend as B.1.351, teen te staan.

Daarom het die regering tot dusver nog net dosisse van dié entstowwe bestel. Daar is wel gesprekke om die Moderna-entstof en die Russiese Sputnik V-entstof te oorweeg.

Die minister het Donderdagaand tydens ’n virtuele inligtingsessie met lede van die Nasionale Persklub gesê Suid-Afrika sal teen die einde van die maand meer as ’n miljoen dosisse van die Covid-19-entstof bekom.

Nog 500 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof sal teen einde Maart in Suid-Afrika aankom. Hoewel die bestelling nog bevestig moet word, word 600 000 dosisse van Pfizer se entstof ook voor die einde van die maand verwag.

Sowat drie miljoen dosisse van Johnson & Johnson se entstof sal na verwagting tussen April en Junie in Suid-Afrika land aankom, met tussen vyf en sewe miljoen dosisse van Pfizer se entstof wat ook in dié drie maande verwag word.

Volgens Mkhize vorder die regering se entstofprogram “goed”.

Maroela Media het vroeër berig meer as 92 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Donderdagaand teen Covid-19 ingeënt.

“Ons sou graag wou inent, maar ons het ’n beperking op hoeveel [dosisse] ons ontvang. Soos dit verwerk word, moet [die dosisse] nog geëtiketteer word. Dit neem dus ’n rukkie voordat [die dosisse] gereed is om hierheen gebring te word. Dit het dus die proses vertraag.”

Mkhize verwag dat die tempo waarteen Suid-Afrikaners ingeënt word van April sal begin toeneem. Hy meen hoewel die entstof hoegenaamd nie verpligtend is nie, dit wel in Suid-Afrikaners se belang is.

Die minister het verder gesê hoe hoër die effektiwiteit van ’n entstof, hoe minder inentings gedoen hoef te word om kudde-immuniteit te bereik. Hy hou egter vol dat minstens 67% van die land se bevolking ingeënt sal moet word om kudde-immuniteit te bereik.

Maroela Media het vroeër berig inentings met die AstraZeneca-entstof is verlede maand opgeskort omdat dit moontlik nie dieselfde effektiwiteit teen die Suid-Afrikaanse variant het nie.

Die minister het bevestig dat die Afrika Unie (AU) die besending dosisse van die Oxford-AstraZeneca-entstof teen dieselfde prys gaan aankoop waarteen Suid-Afrika dit aanvanklik by die Serum-instituut in Indië gekoop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Die laaste wat ek met ‘n Sputnik te doen gehad het, was ‘n tipe worsbroodjie wat ons laatnag in Valhalla by die Griek se kaffee gekoop het.

Etienne ·

Kom ons hoop en bid dat dit nie weer Gupta of tuisvervaardigte entstof is nie….

Mariana ·

Ek moet sê ek ook nou maar skrikkerig vir die entstowwe wat nou so vinnig uitspring. Vertrou nie heeltemal die sake nie. Geen vertroue in regering.

Casper ·

Het ons wetenskaplikes nie daarin geslaag om ‘n entstof te ontwikkel nie of sou dit sekere sakke leeg gehou het.

RB ·

Daar is geen regering of biljoenèr op hierdie aarde wat my genoeg kan betaal om enige sogenaamde Covid-entstof te kry nie.

Hou julle entstof en geld.

Thom ·

Jy is welkom om te doen wat jy wil ___ ons het ongelukkig al ‘n paar kollegas begrawe .

JohanR ·

Ek dink op die oomblik is Johnson & Johnson die een. Blykbaar word jy net een keer ingespuit, en nie twee of selfs drie keer. Maar ek sit maar vir nou op die kantlyn ek bekyk, want ek dink daai inspuiting sal eers by my uit kom in 2002/23.

Jaco ·

Almal wat entstof weier, neem asseblief net die volgende anti-wit goed in ag wat reeds sedert die begin van inperking ingestel is:
1. Ramaphosa het gesê inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.
2. Begin van inperking kon wit mense nie eens kospakkies kry nie.
3. Midde in inperking het ramaphosa gesê onteiening van (wit) grond sonder vergoeding is dringend noodsaaklik.
4. Die noodfonds vir sukkelende besighede is NET vir BEE besighede.
5. Kleuterskole, tradisioneel ‘n wit ding, was LANK verbied om oop te maak.
6. Strande was lank gesluit. Weg was wit mense se tradisionele “vakansie by die see”. Wit toeristebesighede aan SA se kus sukkel erg. Dis meer as net “toevallig” dat dié kwaai inperking met die Desember-Januarie vakansie saamgeval het.
So met al die bogenoemde anti-wit aksies tydens inperking, is kanse BAIE GOED dat wit mense ook inenting teen Corona geweier sal word. Dit sal maar net nóg ‘n deel wees van SA se “2 stelle reëls”.

Anoniem ·

In ‘n ander koerant word daar nou berig dat die J&J entstof wat reeds aan gesondheidswerkers toegedien is, nog nie in SA geregistreer is nie. Verder is dit oortollige entstof wat deur J&J tydens hul wêreldwye toetsprogram gebruik is en dat dit slegs aan SA gelewer sou word, mits dit deel sou uitmaak van J&J se toetsprogram. Ek wonder of die gesondheidswerkers ingelig is hieroor.

Elsabe ·

Great. Met Vlaag 3 wat binnekort hier is, het ons dit bitter vinnig nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.