Miljoene glo aan munisipaliteit se ‘ontbyt’ bestee

Die ontbyt het glo R5 miljoen gekos. (Foto: Unsplash)

Die koste verbonde aan ʼn ontbytgeselligheid van die Zululand-distriksmunisipaliteit – wat glo ʼn allemintige R5 miljoen beloop het – is nou die onderwerp van ʼn omvattende ondersoek.

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, Sipho Hlomuka, het sy departement opdrag gegee om die omstandighede rondom die geselligheid, en die bedrag geld wat daaraan bestee is, te ondersoek.

“Die ondersoek sal bepaal of die toestemming van die raad vir die uitgawe gevra is, asook enige ander kwessie wat verband hou met die sogenaamde ontbyt,” sê Senzelwe Mzila, woordvoerder van die departement.

Die LUR het gewaarsku dat hy nie sal huiwer om stappe te doen wanneer bewerings van wangedrag gemaak word nie.

Daily News het berig burgemeester Thulasizwe Buthelezi het die sakeontbyt in die Elangeni Hotel in Durban oënskynlik sonder die raad se goedkeuring aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Kobus ·

so mors die gemors ons geld en dan word daar net gese “jy is geskors met volle salaris tot die ondersoek afgehandel is dan kan jy terug kom en aan gaan met jou mors van geld

Dup ·

Almal smul eers smaaklik aan die R5 miljoen ontbyt en ondersoek dan daarna die saak.So bly die kaders en tenderaars almal gelukkig en die belastingbetaler word nog armer.

JohanR ·

R5 miljoen vir brekfes. Soe die brekfes was eintlik R250000, die kaders het R4.75 miljoen in die sak gesteek. As ek by HR of my baas gevra het of ek R5 miljoen op brekfes kon spandeer, sou ek ‘n skop ondr die sitvlak gekry het, maar lyk my is nie moelik vir die ANC om R5 miljoen te kry vir ‘n brekfes en niemand vra hoekom.

Estelle ·

Al hierdie kamtige “ondersoeke” word net voor die verkiesing gedoen, na 1 November hoor ons nooit weer wat daarvan geword het nie

Marcello ·

WOW!!! Dit gaan lekker in die Reënboogland, gaan dit ooit verander…..Wonder maar net.

SlinkseKoljander ·

LUR gaan niks doen, net praatjie voor die verkiesing vir stemme.

Kokerboom ·

Die kaders wil net “vreet”, niks werk en ALLES verniet hê. Belastingbeytalers moet NOU waaragtig hul agterente in rat kry en die ANC trein stop!!Indien nie, hou op kla en dra gevolge

Nie Verbaas ·

Die meneer en sy mensies wat Mercedes wil ry en onbevoeg sal bly.

Tokkel ·

Dit is hoekom mense nie meer belasting wil betaal nie, want die regering mors ons geld. Die sake sloer en sloer met die wat weens wangedrag geskors word, maar kry volledig hul salaris. Ai, is daar dan nie vir my ook so pos nie….Ek sal sommer die mop se hare skeef knip om geskors te word

Casper ·

Vyf miljoen rand vir ontbyt.Wat sou aandete dan gekos het?Daar word nie melding gemaak wie die gaste was nie.Die spyseniering het baie groot wins gemaak en gedeel met amptenary dalk die eerste burger.

Owlie ·

Liewe land watse kos word vir hoeveel gaste vir een ontbyt verskaf – geld mors, bedrog, diefstal Dis amazing dat dit nou so gou tot n kamma ondersoek lei so kort voor die verkiesing Dink net hoeveel behuising en kos kon verskaf word aan mense wat dit werklik benodig.

Pieter ·

En die belastingbetalers wil ook nie standpunt in neem nie so hou op kla.

Toy ·

Wie het in die eerste plek toestemming gegee vir so duur ontbyt, lyk my daars mense wat geen benul het van geld nie, daar word net uitgegee en dan is daar altyd ‘n ondersoek daarna. Dit moes eerstens nie toegelaat gewees het nie. Dit is belaglik om die minste te se.

My siening ·

So ek hoop die agtergeblewenes sien hoe die ANC hulle geld spandeer terwyl julle honger is, maar jul stem moes weer vir hulle is n party, party! R5 mil uit gepee teen n boom en nou verstaan hulle nie wat is so snaaks daar aan want hul doen dit gereeld!

My siening ·

Jy sien nie n maer kader nie, hulle rol so duk is hulle gevreet!

Willie ·

Los die ondersoek.Dit gaan net goeie geld agter slegte geld wees.
Wat ook al die uitslag van ń ondersoek, al wat sal gebeur is.: Moet dit nie weer doen nie.????????

LeanetteS ·

Liewe Hemel, het hulle Kaviaar met saffraan as geur kruie mengsel, gehad vir ontbyt? Dink net hoeveel honger mense kon gevoed gewees het, met pap, rys, ens!! Swak!!

Sandra ·

Hoe op aarde hou mens ‘n ontbyt wat 5 miljoen kos? Dit gaan my verstand te bowe.

Swerwer ·

Bietjie laat om nou te wil optree, die geld is klaar spandeer.

Jack ·

Die tjekboeke moet afgevat word. Die mense weet nie wat geld is en hoe jy moet spandeer nie. Die storie oor die goue ring kom weer by my op en almal wil blink.

Yvonne ·

Moet eerder voor die ontbyt opgetree het…..nou te laat alles opgevriet….glo vir die prys was dit baie lekker…….daar is nie einde aan die mense se ongemagtige spandering nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.