Miljoene in die water weens Zuma se vlug-fiasko

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Miljoene rande is bestee om pres. Jacob Zuma terug te kry in Suid-Afrika ná ʼn amptelike besoek aan Moskou in Rusland.

Die president sou Dinsdag op die Waterkloof-lugmagbasis geland het.

Zuma het die naweek die 70ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog bygewoon op uitnodiging van pres. Wladimir Poetin. Volgens Beeld was daar ʼn tegniese probleem met Zuma se amptelike straler, Inkwazi, se langafstand- brandstofstelsel. Dit was egter nie ʼn groot probleem nie en sou bloot beteken die straler moes ʼn tweede landing in Uganda maak vir brandstof

Dit was glo nie aanvaarbaar nie en ʼn ander vliegtuig is gehuur. Dié vliegtuig moes van Dubai na Moskou vlieg om Zuma op te laai. Die bemanning van dié vliegtuig kon egter weens die beperkings op die getal ure wat hulle aaneen mag vlieg net ’n kort periode in Moskou deurbring voordat hulle weer sou moes opstyg.

Zuma het dié vlug verpas en die bemanning moes, volgens internasionale regulasies, die vliegtuig verlaat om in ʼn hotel te gaan rus.

Die verantwoordelikheid vir Zuma se vlugreëlings is toe van die lugmag na die Suid-Afrikaanse ambassade in Moskou verskuif.

ʼn Derde vliegtuig is gereël om die president Suid-Afrika toe te bring. Dit is onduidelik aan wie hierdie vliegtuig behoort.

Die vliegtuig wat van Dubai laat kom is, is teruggestuur daarheen, maar die Suid-Afrikaanse lugmag is steeds aanspreeklik vir die R2 miljoen wat die volle vlug sou gekos het.

Die lugmag, departement van verdediging en die presidensie het Dinsdag herhaaldelik navrae na mekaar verwys.

Intussen het die presidensie Dinsdag in ʼn verklaring gesê Zuma sal nie betyds terug wees om ʼn diensleweringsprogram van die departement van binnelandse sake bekend te stel nie, omdat hy “later as beplan uit Rusland sal terugkeer”.

The Witness

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

anet ·

Zuma kan maar gerus in Moskou bly. Ek is seker dat hy baie goed daar sal aanpas, want hulle is goeie “Kommie pelle” Ons sal maar te bly wees om van Zuma ontslae te raak. Ons kon daar die R2miljoen rand gespaar het. Poetin kan hom maar kry met my “Blessing”

Stokies ·

Stem saam met jou eerste stelling, maar regtig die tweede een laat my kop sak in skaamte van hoe oningelig van die mense op hierdie forum is. Kommie pelle, Rusland is glad nie kommunisties nie, so waar jy aan daai stelling kom nugter alleen weet.

Dewet Greyling ·

“Kop in skaamte laat sak”,,,,? Waaroor nogal? Die huidige politieke sisteem in ‘moedertjie’ Rusland is so na aan ‘n Totalitere Sisteem as wat enige nugter denkende mens maar kan wil begin verstaan. (Baie maklike vraag om dit te toets: Hoe ondubbelsinnig-demokraties en vry-regverdig is Vladimir Putin en sy regime!?) ….. Hoe ver verskil die huidige Russiese Sisteem van die vorige komunistiese sisteem in der waarheid(…en nie dit wat jy gaan probeer uitdink en opvolgend gaan probeer staaf nie! ;-) )

jacques ·

Jy is darm lelik pet Putin om Zuma vir hom te gee net 5jaar dan toi toi die russe.

Hannelie ·

Om nie te praat van die onkoste wat ons moet dra vir sy verblyf daar agter die ystergordyn nie!
Die gek is nie so gek as die inwoners van hierdie land nie!

Johan ·

Die “kabouter” raak nou regtig groter as die saak wat hy dien.
Dis tyd dat sy vlerke geknip word.
Ek wil glo die buitewêreld lag vir ons.

André ·

Sou darem baie minder bevoorregte mense kon help met R 2 000 000.00

Hoeveel mense hou hierdie wispelturige onverantwoordelike optrede in gedagte wanneer hulle stem?

Die sirkus gaan voort met die NAR wat lekker vir ons almal lag…..

Theresa ·

Gister, vandag, more – Maak nie saak nie. So word geld (wat brood nodig is) in die gutter gegooi deur onbevoegde wesens.

Denise ·

Dis so tipies, ons ekonomie is in sy maai in en hy rits lekker rond op ons hard verdiende geld. Die gravy trein van ‘n ander kleur.

Issabelle ·

Lekker man lekker …. dit is hoe AL die “goverment ” se lede rond rits & dan noet ons belasting betalers dit betaal !!! Hoekom betaal elke lid van die parlement nie sy eie onkostes op sulke duur vliegtuie nie ….. eissshhhh …. Wonder wat jet JZ nou weer in die mou gevoer met die Russe …… moenie ook vir Robert Mugabe vergeet nie !!!!

Graeme ·

He is busy negotiating the Nuclear power deals for SA…… Net ‘n ander manier om geld vir die ANC en Zuma familie te steel!!!!! The Arms Deal was the precursor to their enrichment……WATCH THIS SPACE……

Grotman ·

Net sodra ek dink ek het als omtrent Zoo-ma geleer en gehoor dan kom daar weer iets anders… Hulle kon hom n sitplek op een van daai russiese rockets gegee het en hom direk by sy huis in Nkandla afgelaai het.

Mich ·

Net ter inligting. Daar is nie meer n ystergordyn in Rusland nie. Hy het laaaaaankal geval.

marianna ·

Hou op om belasting betaal almal kla maar doen niks aan die saak nie.

Dave ·

Mooi…!! Ek lief jou voorstel. Ons gaan nou ophou belasting betaal en jy Marianna gaan hope geld maak deur ‘n handbook uit te gee met verduideliking oor hòe presies om dit te doen. Julle praat praat praat sonder om te dink! Hierdie is ‘n ou ou een-sin-kommentaartjie wat dikwels opduik. Slegs die een sinnetjie en die gebrek aan ‘n tweede sin word duidelik wanneer ek daarop wys dat die meeste betalers se belasting deur hul werkgewers afgetrek word. Ook bly julle tjoepstil wanneer ek vra wat die besigheidsmense aan Jan Taks moet verduidelik wanneer hulle opgeskroef word vir uitstaande belasting. Daar is dus nooit ‘n tweede sin nie. Ag, probeer sin praat asseblief! (hierdie een sinnetjie sal egter weer en weer opduik omdat een-sin-kommentaarders nie van beter weet.)

Fanie ·

Dankie Dave, ek weet mense raak met rede opstandig om belasting vir ‘n vrotsige regering te betaal, maar stem saam dat hulle slagspreuk-stellings nie help nie.

Anton ·

Ag Stokies, jou beterweterigheid staan my nie aan nie. Ons normale mense weet presies waarvan Anet praat – sy het dan selfs “Kommie-pelle” in aanhalingstekens geplaas. Kommunisme is heel lewendig hier in Suid-Afrika. En waar Rusland sekere beginsels van Kommunisme laat vaar het, is daar nog heelwat aspekte van Kommunisme wat in stand gehou word. Moeilik om Rusland se huidige stelsel te definieer – Sosiaal Demokraties dalk? Ook maar net n meer aanvaarbare (of ligter) “Kommunistiese” stelsel, sou ek se…..

Wim Kotze ·

Leopold Scholtz het destyds na ‘n besoek aldaar die stelsel beskryf as kapitalisme wat mal geword het. As Zuma nie Suid Afrika se tjekboek gedra het nie sou hy nie eers op straat daar geduld word nie. Die Sowjet Unie se avonture in Afrika het die Russe alergies gemaak vir sy soort.

Dave ·

Die titel van die berig het my nogal heel opgewonde gemaak. Ek dog hy het gevlug!

Peet Schabort ·

Ek sien die Ou sou ‘n diensleweringsprogam kom bekendstel.
Maak nogal sin as in ag geneem word die dienslewering wat hy gekry het en veroorsaak het toe hy die vliegtuig verpas het.
Alle optredes aangaande hierdie oefening was egter “EG AFRIKA-STANDAARDE”.
First me do, then me think, then me try again.

OP ·

Die is BS!
Hoeveel mense kon kos kry of iets anders wat meer waardevol is as die gemors.
As normale werknemers aanjaag word hulle gefire. Die is VER verby aanjaag maar hy sit STEEDs snoesig en ons gaan vir hom en sy familie sorg vir ewig.

Jo ·

Nou vra ek julle met trane, hoekom, o hoekom het hulle hom nie daar gelos nie?? Ons wil nie he nie, wou hom nooit gehad het nie en sukkel hard om van hom ontslae te raak. Ai, wie was so dom om hom terug te vlieg?

Pieter dP ·

Dis n bewys van die swak beheer van die ANC staat. Als kan slegs ge skiet onder korupsie, swart bematiging, insteling van regstelinde aksies, uit skop van blanke deskundiges en dan die groot klok van omkoop en bedrog. Hoelank kan dit voort gaan ??????

Wilma ·

…nou gaan Zoo-ma seker AANDRING op ‘n niwe en beter straler…en raai wie gaan betaal daarvoor?

Dave ·

Afrika-tyd. Hy kon nie eens betyds wees vir die vlug. Miskien vermetel genoeg gewees om te dink die vliegtuig sou vir hom wag. Beter dat hy vlug.

pop ·

As ons die woord zuma sien moet ons weet hier kom alweer n storie oor geldmors, wanbesteding< miljoene wat in die water beland. En al wat die nar gaan doen is lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.