‘Miljoene in Polokwane wanbestee’

Foto: polokwane.gov.za

Die blatante verontagsaming van munisipale beleid deur die ANC-beheerde Polokwane (Pietersburg)- plaaslike munisipaliteit is uiters kommerwekkend, omdat dit besig is om tot die verlies van miljoene rande te lei, aldus die VF Plus.

Volgens ʼn verslag van die munisipaliteit se openbarerekeninge-komitee (MPAC) het die munisipaliteit afwykings en onreëlmatige besteding van sowat R144 miljoen vir die afgelope boekjaar aangeteken, het Marcelle Maritz, provinsiale leier van die party, in ʼn verklaring gesê.

“Die afwykings van die munisipaliteit se verkrygingsbeleid van sowat R54 miljoen kan grootliks toegeskryf word aan swak beplanning en die onvermoë van amptenare om die goedgekeurde begroting deur middel van goeie beplanning en bestuur toe te pas.”

Sy het bygevoeg redes wat aangevoer word vir die afwykings, soos dat die verkrygingsbeleidproses onprakties is, is “belaglik”. “Amptenare kan nie doen wat hulle wil omdat die beleid volgens hulle onprakties is nie. Die beleid is daar vir ʼn rede, en dit is om te verseker dat belastingbetalersgeld nie vermors word nie. Wanneer daar van die beleid afgewyk word, is dié wanbesteding die gevolg.”

Onreëlmatige besteding van meer as R60 miljoen wat aan sekere diensverskaffers uitbetaal is, is ewe kommerwekkend.

Volgens die komiteeverslag het nege kontrakte in die 2017/18-boekjaar verval en moes die dienste van die diensverskaffers teen buitensporige bedrae behou word totdat nuwe diensverskaffers deur die korrekte prosesse aangestel kon word.

Só moes die munisipaliteit sowat R61 miljoen aan ʼn diensverskaffer betaal wat voertuie aan die munisipaliteit voorsien, aldus Maritz.

“Die VF Plus sal aandring op behoorlike ondersoek na hierdie buitensporige afwykings en onreëlmatige uitgawes. Dit is onaanvaarbaar dat die ANC-beheerde munisipaliteit miljoene rande vermors terwyl dienslewering en munisipale infrastruktuur daagliks meer en meer agteruitgaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dries du Toit ·

En so sal dit verewig gaan . Tot LIEWE JESUS kom. Maar al hoe erger.

Gemaskerde Sopbeen ·

En steeds werk die uitgemergelde belastingbetaler net al harder, en stuur al hoe meer geld aan, en kyk hoe dit vermors word en in tjomme en pêlle se sakke verdwyn………..maar steeds stem ons ANC….weer, en weer, en weer….en stuur nog geld aan….Daar word so baie wan aangewend want daar is so baie om wan aan te wend….

Pietman ·

Die ANC se steunbasis is nie die belastingbetalers nie maar die oorgrote meerderheid ‘stemvee’ wat maandeliks toelaes ontvang, insluitende kindertoelaes wat verseker dat hierdie groep fluks vermeerder. Moet dus nie verbaas wees dat daar weer en weer en weer vir die ANC gestem word nie, want solank as wat die ANC van die minderheid belastingbetalers neem en oorhandig aan diegene wat nie ekonomies aktief is nie sal dit met hulle goedgaan by die stembus. Wee die dag wanneer die werkesels uiteindelik self niks meer oor het om te gee nie.

Callie ·

Kan die President nie in sy persoonlike hoedanigheid gedagvaar word vir growwe nalatigheid of growwe wanbestuur van die land nie. N Uitvoerende beampte van enige maatskappy kan dan so gedagvaar word. Is ek as belastingbetaler nie geregtig op sekere dienste nie. As ek dit nie kry nie, hoekom kan die hof nie beslis dat dit nie aan die regering oorbetaal word nie. Asb, regsgeleerdes help hiermee.

JoeV ·

Mens neem nou maar net aan dit is die standaard.
As regskenners dalk net ‘n ondersoek wil instel oor hoeveel wette hier gebreek word,
Dit begin by die “onwettige invordering van munisipale belasting” – hier kan die kenners ons inlig wat die wet bepaal in sover die invordering van belasting en die uiteindelike doel vaarvoor dit ingevorder word.
Die verandwoordelikeheid in die munisipaliteit vir die rekeninge, wie staan borg vir die oorspandering van ‘n seker munisipaliteit, en hoe aanspreeklik is die individu vir die dade van onregmatige spandering.
Die uitvoer van minisipale pligte, kan die polisie nie sonder om ‘n publieke klag te ontvang, agterkom dat die strate byvoorbeeld nie meer instand gehou word nie en navraag begin doen by die munisipaliteit?
Wat “veroorsaak” ‘n munisipaliteit onder die Suidafrikaanse wetgewing, word so ‘n “groep / raad” van buite gestig, of het ‘n “groep” mense die reg om ‘n munisipaliteit te stig indien daar nie funsksionerende munisipale dienste beskikbaar is nie?
Hoe gemaak, laat bietjie hoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.